riviersonderend

Tatoeïs

with 12 comments

Tatoes is al geruime tyd in die mode. Dit begin by een kleinerige simbool op die rug,  skouer, bo-arm, enkel, of tiet. En as jy weer sien, dan lyk jy so (die tatoes, ek meen):

jason_behr.jpg

Persoonlik sal ek geen tatoes op plekke aanbring wat my tot lewenslange, daaglikse gymsessies sal vonnis nie.

Wat is die interessantste tatoe wat jy al gesien het? (Jy kan seker maar ook aandui waar, as jy moet.) En trek jy iewers ‘n streep wat tatoes betref as dit by dating kom? Of is jy ‘n gebore Hell’s Angel? Beperk jy nie jou kanse om ‘n date te kry as jy te vol getatoeëer is nie? (As jy reeds getroud is, is jy welkom om nog steeds te hipotietieseer.)

Ek wonder ook oor mense wat tatoes in vreemde skrifte aanbring (bv. Chinees, Sanskrit, of Hebreeus). Hoe seker is hulle dat die tatoeïs nie iets obskuurs in hul vel ingraveer nie? Daar is gruwelstories wat die rondte doen, soos hierdie arme drommel wat in Chinees “Love, Honour & Obey” wou laat tatoeëer. Hy kry toe “At the end of the day, this is an ugly boy”. Shame.

** Die foto is van Jason Behr uit die fliek The Tattooist. Die fliek begin einde Augustus in Amerika draai. In die fliek is hy ‘n tatoeïs.

Advertisements

Written by George Maru

13 Junie 2007 at 22:32

Posted in sommer net

12 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek is MAL oor tattoo’s. Ek het self een gekry so jaar en ‘n half terug. Ek is glad nie ‘n prentjiemens nie, so myne is net die woord DREAM. Ek wil graag nog ‘n tattoo kry, maar ek is bang as ek nou weer een kry gaan ek nie stop nie. Min dinge is vir my so sexy soos ‘n tattoo. 🙂

    oopkop

    14 Junie 2007 at 10:32

  2. oe, tattoo’s is baie sexy. ek hou nie van drake en skedels nie, though.
    ek sal nie nog ‘n tattoo kry nie. dis f*#king seer. “soos die tandarts, sonder die pynstiller.” (baie mense doen dit juis oor die pyn.)

    maeree

    14 Junie 2007 at 10:54

  3. Ek het gehoor van een vrou wat op haar bors ‘n perd getattoeer het, en toe tien jaar later was dit ‘n kameel.

    Salige Rus

    14 Junie 2007 at 11:02

  4. Ek het ‘n ruk terug iemand in die restaurant gehad wat Anubis om sy linkerskouer getatoeer het; hy sE dis al 2 maande daar en ek is die eerste mens wat weet wat dit is. Ekself wou al die woord REJECT in groot rooi stencil-letters op my linkerskouer laat tatoeer.

    nicovdm

    14 Junie 2007 at 11:38

  5. En die Nazi-arend wat op ‘n swastika staak op my regterskouer… maar toe dreig my vrou met skeisake.

    nicovdm

    14 Junie 2007 at 11:39

  6. Ek raak heeltemal te gou verveeld om ‘n tatoe te waag, maar op ander mense is dit soms vir my mooi. En soms plein afgryslik.

    Ek het wel eenmaal, ‘n leeftyd gelede, vir iemand ‘n tatoe ontwerp wat hy agter teen sy kopvel laat doen het. Dis ‘n geheime tatoe, want dis normaalweg agter sy hare versteek. So ‘n bietjie anders as die gewone eksibisionistiese aard van ‘n tatoe.

    idiwidi

    14 Junie 2007 at 11:54

  7. oopkop, dit is presies waarvoor ek bang is.

    maeree, ‘n mens kan vir sekere tandarts-goeters vra vir bewustelike sedasie. Dit is absoluut fantasies.

    Salige Rus, ek sal graag wil sien hoe lyk daai kameel.

    Nico, ek dink jy moet vanaand vir jou vrou kosmaak en haar waardeer.

    idiwidi, ek dink self geheime tatoes is cool, selfs ook privaattatoes.

    Ek wonder nou of ek dit nie maar moet oorweeg nie? Dalk iets kleins in Hebreeus. Ek sal my woordeboek saamvat.

    George Maru

    14 Junie 2007 at 13:17

  8. Ek wil ook een kry. Weet net nie wat nie.

    Da Mario

    15 Junie 2007 at 11:22

  9. george, ek weet. was al daar. probleem is, mediese fonds betaal nie net omdat jy ‘n sissie is nie. mens kan vir sekere ginekologiese goeters ook bewustelike sedasie kry. net sodat jy weet. dalk kom die kennis jou eendag handig te pas.

    maeree

    15 Junie 2007 at 13:22

  10. Ek wil ok ene hê! My liefie het ook gedreig met skeiaksie. Hy het dit nie geuiter nie, maar ek het dit in sy oë gelees… Ek weet presies wat ek wil hê. Dis ‘n woord waarvan ek die sanskrit gaan opsoek het, om dit meer esteties (op die oog) te maak. Die woord is ‘n beskrywing van ‘wie ek regtig is’. Dit klink kornie, maar betek vir my baie. Dit is ook die enigste rede hoekom ek dit oorweeg, omdat dit regtig baie simboliek vir MY inhou.

    Adam

    15 Junie 2007 at 15:35

  11. Adam, gaan kry daai tattoo. My tattoo het ook baie betekenis daaraan gekoppel. My volgende een sal ook defnitief weer ‘n woord wees. Dit beteken net vir my meer.

    Dit was nie so seer nie, maar dis ook eintlik klein, so ek dink dit het ‘n verskil gemaak.

    oopkop

    16 Junie 2007 at 9:39

  12. Ek het die naweek gedroom my vrou kom met ‘n tattoo by die huis aan. Ek was baie boos in my droom daaroor en besluit toe in my droom om terstond te ry en die twee tattoos in vorige kommentaar hierbo vermeld te kry. Die probleem van drome soos daardie is dat ek toe geen tattoo parlours kon oop kry nie…

    nicovdm

    18 Junie 2007 at 12:53


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: