riviersonderend

om die leegheid van god te kontempleer

with 3 comments

So, ek was die naweek op ‘n silent retreat. Nou wat gebeur op so ‘n retreat? Wel hulle wissel, en sommige is meer ekstreem as ander. Nie hierdie een nie. Temenos s’n is die gentle alternative.

Donderdagaand het almal mekaar tydens aandete ontmoet. Hier kon jy nog praat. Maar ook nie te veel nie, want die een retreatganger het ons vertel hoe hy die stiltes verdryf het toe hy semi-geïsoleerd op ‘n Mediterreense eiland gewoon het: get high, stoned or laid. Dit was nie werklik opsies vir die naweek nie, so toe praat ‘n vrou maar oor haar kinders. Toe praat die kleuterskoolonderwyseres saam. Ek en die blacksmith het vir mekaar gekyk en maar stilgebly. Verder onthou ek nie veel nie.

Iewers tussen die risotto en die tuisgemaakte roomys vertel die retreatleier toe van The Little Sisters. Dit is ‘n spul nonne wat vir 6 maande (as ek reg onthou) die Saharawoestyn invaar. Hier kontempleer hulle die leegheid van God. Blykbaar is hulle net kontempleerders en probeer nie om mense te bekeer nie. Hulle sal byvoorbeeld deel van ‘n groep Bedoeïene word en hulle gebruike en gewoontes aanneem. Mens vind hulle ook in Kaapstad; Manenberg om meer spesifiek te wees.

“Die leegheid van God” het so tipe van ‘n tema geword vir die retreat, veral toe ek die boek begin lees het. Ek weet nie presies wat dit beteken nie, maar dit klink mooi.

Na aandete is almal na The Well waar die retreat begin het met verskeie rituele. Eers het jy jou hande gewas om jou te reinig van invloede van buite. Dit is gevolg deur ‘n seremonie waar die retreatgangers mekaar geseën het met ‘n rokende bos kruietakke. Min of meer op hierdie oomblik het ek ‘n bonatuurlike ervaring gehad. Ek het opgestaan. Die ma het die bos voor my begin swaai, afgesak voete toe. Tjoe-tjoe-tjoe. Op, op, op, na my kroonchakra. Tjoe-tjoe-tjoe. Af, af, af, en om, om om. Kuite. Tjoe-tjoe-tjoe. Boude. Tjoe-tjoe-tjoe. Rug. Tjoe-tjoe-tjoe. Nek. Tjoe-tjoe-tjoe. Nou’s dit my beurt. Ek het my lippe saamgepers met ‘n anderwêreldse wilskrag. Ek het nie gelag nie. Dit het belaglik gelyk!

Die rituele is afgesluit nadat elkeen ‘n kers aangesteek het, met sy/haar intensie vir die naweek. Die afwesigheid van enige intensie is heeltemal aanvaarbaar.

Die oggende het begin met ‘n oggendoordenking, waartydens die retreatleier voorgelees het uit die geskrifte van een van die vyf groot geloofstradisies (Boeddhisme, Sufisme/Islam, Christendom, Judaïsme en Hindoeïsme). Daarna het jy in stilte gaan stap deur die dorp en in die heuwels. Tydens die een staptog, het ons ‘n moerse bloekomboom omhels. Dit was nie snaaks nie, net lekker.

Nadat jy Jericho se mure gaan plat loop het, was dit tyd vir die oggendmeditasie. Net vir 20 minute. Geen meditasiesessie was ooit langer as 20 minute nie. Daarna het jy gaan ontbyt eet. Croissants, muffins, muesli en vrugte.

Dan is jy af tot middagmeditasie en middagete. Ek het my vrye tyd gebruik om te lees, in die tuin te loop en Saterdag vir ‘n Reiki-sessie te gaan. In een van die brosjures het ek meer oor Temenos se ingesteldheid en aanslag gelees. Hier volg ‘n uittreksel:

We believe that the Beloved comes to us by way of everyone who enters this garden and especially by way of the poor in body and spirit, the broken, the rejected, the powerless – in order to speak of that which is most vulnerable within ourselves. Our response to this makes us signs of the Beloved’s tenderness in our own lives and the lives of those we encounter.

 

We believe that even if barriers go up around our differences, our continuing little steps towards tolerance and unity are important.

Die middag het jy heelwat vrye tyd voor joga, meditasie en aandete. Aandete is gekenmerk deur die totale afwesigheid van enige vorm van rooiwyn, ten spyte van die koue. Die aand is afgesluit met ‘n aandoordenking waartydens die retreatleier weer voorgelees het uit geskrifte van die vyf spirituele tradisies.

Die retreat kom tot ‘n einde in The Well, waar elkeen die geleentheid kry om ‘n woord hardop te spreek wat iets saamvat van die betekenis van die retreat vir die individu. My woord was “Turn”. Nog woorde wat gehoor is: “Peace”, “Love”, “Assistence”. Daarna het jy op ‘n papiertjie iets geskryf wat jy aan die vuur wil gee (bv. ‘n idee wat uitgedien is; ‘n siening oor jouself, of watookal). Ek was gulsig en het sommer 3 uitgediende idees aan die vuur oorhandig. Dan kan jy weer praat.

Tydens die retreat het ek The Spiral Staircase: My Climb Out of Darkness deur Karen Armstrong gelees. Die memoir vertel haar verhaal, nadat sy die klooster verlaat het en hoe sy gelydelik haar geloof verloor het. Persoonlik dink ek dit is ‘n aangrypende boek, omdat ek so baie van myself in die boek herken het. Soos in rêrig BAIE. Ek sal later weer oor temas in die boek skryf, maar intussen is daar twee gedeeltes wat veral binne die konteks van die silent retreat betekenis gekry het.

Oor stilte:

The silence in which I live has also opened my ears and eyes to the suffering of the world. In silence, you begin to hear the note of pain that informs so much of the anger and posturing that pervade society and political life. Solitude is also a teacher. It is lonely; living without intimacy and affection tears holes in you. Saint Augustine of Hippo said somewhere that yearning makes the heart deep. It also makes you vulnerable. Silence and solitude strip away skin; they break down the protective shell of heartlessness which we cultivate in order to prevent ourselves from being overwhelmed by the suffering of the world that presses in upon us on all sides.

Oor die leegheid van God:

To my very great surprise, I was discovering that some of the most eminent Jewish, Christian, and Muslim theologians and mystics insisted that God was not an objective fact, was not another being, and was not an unseen reality like the atom, whose existence could be empirically demonstrated. Some went so far as to say that it was better to say that God did not exist, because our notion of existence was too limited to apply to God. Many of them preferred to say that God was Nothing, because this was not the kind of reality that we normally encountered. It was even misleading to call God the Supreme Being, because that simply suggested a being like us, but bigger and better, with likes and dislikes similar to our own.

Ek het die een nag wakker geskrik van die wind se geraas in die dennebome en myself op ‘n Verneukpanagtige, verskroeide vlakte bevind – dalk ‘n toneel uit Annie Proulx se Wyoming. Net die koue yswind het daaroor gewaai. Ek was nie koud, bang of opgewonde nie. Selfs nie geïrriteerd nie. Net leeg.

Advertisements

Written by George Maru

13 Junie 2007 at 7:44

Posted in spiritualiteit

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. wat het van daai wulpse engele geword….?

    johannes_11

    14 Junie 2007 at 11:51

  2. Johannes, ek het ‘n baie produktiewe droomtyd beleef (ek het almal onthou), maar ek weet nie of ek dit op my blog moet sit nie (dalk as privaatbladsye). Mense gaan die verkeerde idee kry.

    Daar was wel een wulpse droom.

    George Maru

    14 Junie 2007 at 13:26

  3. Ek hoop werklik jy vind wat jy soek.

    (Lam 3:26) It is good that a man should both hope and quietly wait for the salvation of the LORD.

    johannes_11

    14 Junie 2007 at 18:14


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: