riviersonderend

O my siel!

with 8 comments

Luister hier:

Die wolwe is hier:
Sê my hoe durf julle as predikante die Here se Woord so te draai?
Voor in die Here se kerk die Satansteoriëe te verfraai?
Julle harige Darwin-dissipels boggom van die kansels af
Maar Gods vuur is oppad en verteer, onuitbluslik die kaf

en

Moenie Dominee Moenie:

“NG-joiner” is my nuwe naam
“Red my eie bas” my klaam tot faam
“Wat sê jy? ‘n Legitimasie eed afgelê?
“Ek moes daai woorde sê, my salaris wou dit so hê!”

Haai julle.

Kan ‘n mens ‘n taal molesteer?

Advertisements

Written by George Maru

12 Junie 2007 at 6:18

Posted in godsdiens

8 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. yup…daai uitroeptekens lyk skielik baie fallies…

    Johan Swarts

    12 Junie 2007 at 10:22

  2. Wel dit rym. Ek weet net nie hoe hulle in die eerste vers die versoeking kon weerstaan om ‘n reel in te glip wat op “naai” eindig nie.

    Salige Rus

    12 Junie 2007 at 19:10

  3. Excellent, George!! Kan ek dit aanhaal?

    Sam

    13 Junie 2007 at 2:44

  4. Johan, ek het net een uitroepteken gebruik. Die ander een is ‘n kleinletter-L.

    Salige Rus, op die ander song sing hy van die nuwe Sodom en skeef ingaan. Ek dink hulle dink aan naai, maar sê dit nie. Dan is dit tog mos OK?

    Sam, jy kan dit gebruik, maar jy sal die oorspronklike skrywer moet reference. As jy op die skakels hierbo kliek sal jy by Gereformeerd en Afrikaans se webwerf uitkom. Die volledige lirieke is daar beskikbaar.

    George Maru

    13 Junie 2007 at 7:57

  5. ja, maar ek’s seker daar is ‘n surplus uitroeptekens in die res van die gedigte 😉

    Johan Swarts

    13 Junie 2007 at 8:32

  6. (daar bestaan nie tans ‘n afrikaanse woord soos “klaam” nie.)

    Johan Swarts

    13 Junie 2007 at 20:06

  7. Stop die horlosie! Ek het weer hoop vir die mensdom. Ek wag en wag dat iemand kommentaar lewer op “klaam tot faam”, maar niks gebeur nie.

    (Wees versigtig met die (). idiwidi lees nie skryfsels tussen hakies nie.)

    George Maru

    13 Junie 2007 at 22:45

  8. (ek like julle… )
    maar julle wen noggie die manne van naam
    oor hulle kry ons eintlik skaam (‘n lag met ‘n traan…)
    hulle “klaam tot faam”
    is dat hulle geestelike reuse is…
    wat by die dogters van die mense ingaan
    en dan steeds bly dink …
    ons sal vir ewig voort bly bestaan

    Jesus is daai Naam
    Hy is geen joiner..
    met geen klaam of faam

    Hy red graag ‘n bas… maar kick beslis ook ass
    hy het geen faam of klaam
    behalwe Sy Naam
    Sy klaam bly steeds skaam
    en Lam steeds Sy faam
    Sy faam bly Sy Eed
    al wil ons niks weet…

    johan..s het my toestemming om my uit te help met beter digkuns, net een voorwaarde… moenie laat die boodskap verlore gaan

    (Gen 6:4) In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.

    johannes_11

    14 Junie 2007 at 10:04


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: