riviersonderend

Homoseksualiteit en die wetenskap

with 2 comments

Vanoggend kom ek op hierdie blog van Aksie Morele Standaarde af, waarin “menslike verdigsels” voorgehou word vir die waarheid. Ek het toe maar kommentaar gelewer op die stelling “Eerstens, die mediese wetenskap veroordeel dit”, na aanleiding van ‘n studie wat “Dr.” John R. Diggs gedoen het. Nou kyk, enige persoon wat dink die wetenskap hou homself besig met morele uitsprake…

In elk geval, hier is my oorspronklike kommentaar, ongeredigeer. Ek dink nie dit gaan die moderasie-proses oorleef nie, want ek gebruik ‘n lelike woord in my kommentaar.

Modereer my maar…

Wat ‘n pot kak. Diggs se werk is reeds lankal gediskrediteer in die wetenskap. Vermeld tog dat die bona fide navorsers na wie se werk in die “studie” verwys word, gevra het dat hulle werk nie so “distort” moet word deur mense soos Diggs nie.

As mens eers op webwerwe soos Christians for Truth, Focus on the Family, Family Research Council, NARTH ens. moet gaan rondgrou vir “wetenskaplike” bewyse teen homoseksualiteit, dan moet jy weet daar word nou in die asdromme van die pseudo-wetenskap gekrap. En selfs dit is dikwels leeg.

Dit sal interessant wees om te sien in watter “peer reviewed journal” Diggs se studie gepubliseer is… Dit is mos hoe wetenskap werk.

In elk geval, hier is ‘n skakel wat al die gate in Diggs se navorsing uitwys vir diegene wat werklik belangstel. Dit wys ook op die verskeie professionele verenigings in Amerika (soos die American Psychological Association) se siening van homoseksualiteit. Dit word nie as ‘n afwyking beskou nie, en pogings om iemand se seksualiteit te wil verander, word afgeraai.

Nou wag ek nog net vir verwysings na die navorsing van Paul Cameron. Dan gaan ons pret hê!

Advertisements

Written by George Maru

11 Junie 2007 at 11:42

Posted in gay regte

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek het nogals my gat geskeur (uhm) vir die volgende stelling:
    In addition to diseases that may be transmitted during lesbian sex, a study at an Australian STD clinic found that lesbians were three to four times more likely than heterosexual women to have sex with men who were high-risk for HIV.
    WHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA! Wat ‘n pot nonsens!

    Salige Rus

    11 Junie 2007 at 18:35

  2. Jy moet mooier lag, anders gaan jy jouself seermaak. 🙂

    George Maru

    11 Junie 2007 at 19:45


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: