riviersonderend

Stilte

with 10 comments

mcgregor.jpg

Ek gaan vir ‘n paar dae weg op ‘n “silent retreat” (Afrikaans?). Eers het ek gedog dat ek die skootmeneer sal saamneem, maar dit sou cheating wees. So die blog gaan ook stil wees. Dit is by ‘n wonderlike plek, genaamd Temenos op McGregor. Dalk blog ek later oor die retreat.

Ek hou van hulle silent retreats, want dit is nie te intens nie: retreat-lite vir die gemaksugtige spirituele reisiger. Ek doen mos nie army nie. Daar is nie 6-uur lange meditasiesessies nie. Snags slaap jy in ‘n snoesige bed voor ‘n kaggel en droom van wulpse engele (selfs ‘n duiweltjie of twee). Selfs die vegetariese kos kry die stempel van goedkeuring.

In elk geval, hier is die beloofde video waarna ek vroeër in die week verwys het. Dit is by NG Kerk se sinode opgeneem.

Die groep se naam is Sigur Ros. Hulle is van Ysland. Die song se naam is Viðrar vel til Loftárása. (Vertel ons hoe om dit uit te spreek en wen ‘n spesiale vermelding.)

Lekker naweek. Maandag praat ons sinodesake (as hulle net wil besluite neem…)

Advertisements

Written by George Maru

7 Junie 2007 at 7:40

Posted in algemeen, musiek

Tagged with

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Hierdie draak is groen van jaloesie! Geniet dit!

    idiwidi

    7 Junie 2007 at 9:35

  2. Ek wonder of daai “spirit of temenos” gebore is in daai NG Sinagoge op McGregor. Die sinagoge wat destyds vir die broeders en susters van die gemeente op gerig is en toe later deur die “broeders” ge-annekseer is onder die dekmantel van die Naam bo alle Name?

    Deu 5:4 en 5 Van aangesig tot aangesig het die HERE op die berg uit die vuur met julle gespreek— ek het in dié tyd tussen die HERE en julle gestaan om aan julle die woord van die HERE bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie

    Die tyd het aangebreek vir die “volk” om teen die “berg” op te klim…
    of gaan die “berg” dalk op die volk “neerdaal”….?

    johannes_11

    7 Junie 2007 at 10:46

  3. Johannes, Temenos het _ôl met die NGK te doen. Die plek is nie-sektaries, m.a.w. enige persoon wat ruimte maak vir ander is welkom, of jy nou Christen, Moslem, Boeddhis, Agnostikus, Ateïs, of watookal is.
    Daar is berge. In die verlede het die oggende begin met stap in die berge. So ek gaan die berge in, maar ek kom weer terug.

    George Maru

    7 Junie 2007 at 11:49

  4. “Stille Ontvlugting”? Geniet dit sommer baie. Daar is baie dinge om in stilte te hoor – vra enige SCUBA-duiker.

    nicovdm

    7 Junie 2007 at 13:16

  5. Het so afgelei. Nothing serious nothing personal… met oopmaak van die link na die website was die eerste ding wat mens sien die NG Sinagoge…. toe pen ek maar my eerste gedagtes neer.

    Hoop net nie jy gooi die “wet” stukkend as jy van die berg afkom en jy sien hoe Aäron (die leiers van die kerke van die dag) die volk tot die maak en aanbid van die goue kalf (global ekonomie) gelei het nie…?

    (Exo 32:20) En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.

    Dui dit nie ook maar na ‘n profesie van God dat die “kerke en kerkstrukture” deel sou raak van die wereld(goue kalf) en dat die einde daarvan “verbranding” sou wees, en uiteindelik “fyn gemaal” sou word nie?

    Die spreukwoordelike “stilte voor die storm” wat nou in kerke en kerkstrukture woed. Is dit nie maar waarom hulle nie tot besluite kan kom nie. Dis nag… nee… dis “duisternis” netvoor die “dood van die eersgeborenes”. Die duiwel is behoorlik los.

    Geniet die stilte … te midde van die “donkerwolke” in hierdie tyd van groot verdrukking waarin ons leef.

    johannes_11

    7 Junie 2007 at 14:03

  6. *jaloers*
    geniet dit!

    maeree

    8 Junie 2007 at 12:58

  7. McGregor is ‘n magiese plek en een van my gunstelinge in SA!

    boerinballingskap

    8 Junie 2007 at 15:09

  8. geniet gate uit

    Johan Swarts

    9 Junie 2007 at 22:06

  9. Hey George, net ‘n vinnige oe-wys, synde ek mos eintlik met verlof is en nie in die kantoor behoort te wees nie. Was self vir 10-dae op ‘n stilte retreat. Gister eers teruggekom. ‘n Interreligieuse een met ‘n baie sterk buddistiese flavour (Johannes, hou jou hart vas, my lief). En jip, selfs – wat Paulus dit sal noem – ‘n “visioen” gehad. Ek wonder nogal baie oor die ding van transendentele meditasie. Dink solank bietjie diep hieroor. As ek terug is, wil ek daaroor gesels.

    oppietrap

    10 Junie 2007 at 12:25


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: