riviersonderend

Dit is vieslik!

with 17 comments

Ek het nou gewag, weer daarna gekyk, gehoop dit groei op my; vir myself gesê, “Jy is nie meer hip nie, jy sal nie verstaan nie.”

Ten spyte van al my rasionalisasies om die fout by myself te soek, kan ek nie help nie. Die logo vir die Londen 2012 Olimpiese Spele is grusaam.

What were they thinking!

london_olympics.gif

Kan iemand met ‘n graad in hierdie tipe ding dalk ‘n professionele opinie lewer?

Advertisements

Written by George Maru

6 Junie 2007 at 8:31

Posted in sommer net

17 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek het nie ‘n graad in die soort ding nie maar ek weet waarvan ek hou en daardie af pink ding doen dit defnitief nie vir my nie. Vieslik beskryg dit nogal baie akuraat.

  2. Ek het my stoel agtertoe geskuif. Ek het my stoel vorentoe geskuif en my neus teen die skerm gedruk. Ek het my oë skeel laat gaan om te sien of daar dalk iets in 3-D uitpop, maar ek moet bieg, ek sien dit nie…

    machiel

    6 Junie 2007 at 9:42

  3. Is dit net ek of is die SS logo ook daarin?

    nicovdm

    6 Junie 2007 at 9:47

  4. Lisa Simpson giving head.

    Pienk Zuit

    6 Junie 2007 at 10:08

  5. Het nou niks met hierdie post te doen nie, maar het gedink jy sal dalk belangstel om hierdie te lees – “Die NG Kerk stry oor Satan”

    http://www.dieburger.com/Stories/News/14.0.2685720338.aspx

    anne-marie

    6 Junie 2007 at 11:00

  6. Arme johannes is teen hierdie tyd al so gedenomiseer.. of is dit dalk gedemoniseer … of is dit dalk gedesodomiseer …? Ek wonder of hy ooit weer daar gaan “uitkom”…?

    Hy kan dalk terugkom en aan ons begin verkondig dat ons weer aan die voorhuid “besny” moet word, weer met water “gedoop” (klein en grootdoop) en ‘n “lammetjie” moet slag… net om seker te maak ons cover alle moontlikhede wat vir ons “verlossing” as noodsaaklik ge-ag word. Hangend die ondersoek en die formulering van ‘n “besluit” van die “skrifgeleerdes” en “wetsgeleerdes” om die “volk” te lei toe die ‘waarheid’… hopelik voor 2011

    Net om uiteindelik te ontdek dat God deur die mond van sy profeet Jeremia 2600jaar gelede asvolg verkondig het…

    (Jer 23:11-12) Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE. Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.

    En is dit nie die dag van besoeking nie….!

    johannes_11

    6 Junie 2007 at 11:22

  7. Sorry ek wou nog iets oor die Logo noem… maar ek het vergeet…?

    johannes_11

    6 Junie 2007 at 11:25

  8. Pienk Zuit, enige kans dat die logo dalk, miskien, eendag, perhaps op my kon groei, is nou daarmee heen. 🙂

    Anne-marie, dankie, ek volg die sinode. Ek kan nie glo dat ek soveel selfbeheersing aan die dag lê nie. Veral na gister se sirkus; om nie van vandag s’n te praat nie. Maar vandag s’n is eintlik hartseer, nie snaaks nie. Ek gaan Maandag reageer.

    Johannes, waarvan praat jy, mens? Praat jy van jouself? Huh? Jy praat in raaisels.

    George Maru

    6 Junie 2007 at 11:40

  9. (Ai Johannes_11. Net wanneer ek dink jy groei op my dan kom besoedel jy weer ‘n kommentaarblokkie met onverwante gebrabbel soos hierbo. En net sodat jy weet, as ek sien ‘n paragraaf begin met ‘n hakie dan skip ek dit summier.)

    Ek sien animasie beeldmateriaal van die 2012 logo is onttrek omdat dit blykbaar epileptiese aanvalle kan veroorsaak:
    http://www.news24.com/News24/Sport/More_Sport/0,,2-9-32_2125015,00.html

    idiwidi

    6 Junie 2007 at 11:41

  10. Ek praat van johannes de villiers wat die sirkus bywoon…

    idiwidi (like jou anyway)

    johannes_11

    6 Junie 2007 at 11:49

  11. dis uiters lelik.

    Johan Swarts

    6 Junie 2007 at 13:43

  12. Ek weet nie, ek hou nogals daarvan.. Dis funky!! Maar moet sê dat dit glad nie by sport pas nie.

    Melanie du Toit

    6 Junie 2007 at 15:18

  13. ek weet darem nie; die kombinasie van ettergeel en roespienk sit my effens af.

    is dit supposed om die wêreld uit te beeld? indien wel, waar is australië?

    Johan Swarts

    6 Junie 2007 at 17:11

  14. Vir diegene wat nie geweet het nie, of onseker is: die logo beeld 2012 uit. Die 20 is bo en die 12 is onder. Dit het £ 400,000 gekos om te ontwerp. En dan kan dit epileptiese aanvalle veroorsaak!
    Ek het die volgende beskrywing daarvan raakgelees op Andrew Sullivan se blog: “It looks as if the 80s has thrown up into 2012.”
    Jammer Melanie, lyk my jy is alleen oor die een!

    George Maru

    7 Junie 2007 at 7:27

  15. nope, defnitief Lisa Simpson. Die ontwerper lag in sy £400,000 mou vir almal wat iets anders sien.

    Pienk Zuit

    7 Junie 2007 at 12:16

  16. Ek stem = Lisa Simpson giving head!! 🙂 Ek wpnder of ‘n Chinees dit dalk ontwerp het!?

    René Boshoff

    7 Junie 2007 at 15:39

  17. Ek stem = Lisa Simpson giving head!! 🙂 Ek wonder of ‘n Chinees dit dalk ontwerp het!?

    René Boshoff

    7 Junie 2007 at 15:39


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: