riviersonderend

NGK Sinode 2007

with 29 comments

Nadat ek uit die NG Kerk is in 1996, het die kerk se doen en late my nie meer geïnteresseer nie. Dit is eers onlangs dat ek weer begin deelneem het aan gesprekke rondom die kerk se uitsprake en optredes.

Ek het gevind dat dit nie juis opbouend was nie. Dikwels het ek self geneig na die vergype teen ‘n medemens en die haat wat die kerk verkondig. Die volgende woorde van Osho het by my begin spook:

If you hate somebody, first you have to wound your own soul in so many ways, you have to be so full of poison that you can throw poison on others.

Dit bly vir my ‘n vraag waarmee ek steeds sukkel. Hoe konfronteer ‘n mens haat sonder om self daarin vasgevang te word? Aanvanklik het ek beplan om hierdie week met die kerk te spot. Daarvoor is ek nie meer lus nie.

Ek het besluit dat ek geen kommentaar gaan lewer op die sinode van 2007 nie, totdat dit verby is. Ek sal dan my indrukke gee – hopelik heel kalm en beredeneerd :). Ek sal wel ‘n musiekvideo plaas as stille getuienis van die menseregte vergrype wat ons gaan aanskou.

Die kerk het reeds lankal opgehou om vir my iets mooi en edel te wees. Dit is tog hoekom ek besluit het om die kerk (alle kerke) te verlaat. Ek dink baie mense wat eens passievol oor die kerk was, kom by ‘n punt waar hulle wonder of hulle binne die kerk ‘n verskil kan maak.

Ek het aan myself net een vraag gestel. Is die kerk dit werd om voor te baklei? My antwoord was “Nee, die kerk verdien nie nog ‘n millenium nie.” Maar ek weet ook dat daar mense is wat van my sal verskil. Die dinge waaroor ek uitvaar, is eintlik hulle stryd. Dit is lank nie meer myne nie.

So, die blog se fokus mag dalk effe verander.

Written by George Maru

4 Junie 2007 at 10:21

Posted in godsdiens, nuus

Tagged with ,

29 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. George ek het die NG Kerk gedurende 2004 verlaat…. maar genadiglik nie opgehou om die Bybel te lees nie.

    Herrinner hierdie Skrifgedeelte jou nie aan juis die totale “christen” kerkstruktuur nie… Sy “sit as koningin en geen weduwee nie” dit sluit alle kerkstrukture in … nie net die katolieke of die ngkerk of die luthterse, ens nie?

    (Rev 18:7) Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie

    (Rev 18:8) daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.

    (Rev 18:9) En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,

    (Rev 18:10) terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!

    die geestelike koningin “jerusalem” (kerke en kerkstrukture) het die hoer babilon geword… hartseer, droewig, aller verskriklik… veral as ons sien hoe sy maar net daagliks toenemend meer afvallig raak van die Waarheid van die Woord van God (die Bybel)… die gay issue is maar net ‘n weerlig afleier… om die aandag af te lei van die “wortel van die kwaad”….

    Dankie vir jou voorneme om op te hou spot met hulle (ngkerk), hulle “blindheid” moes kom… soos dit ook in die dae van Jesus was… toe Hy “hulle” (ou testamentiese kerke) uitgewys het as die kinders van die vader van die leuen ? Die nuwe testamentiese kerke sou dieselfde weg volg as die ou testamentiese kerke… en bied die Bybel aan ons die volmaakte voorbeelde van hoe hierdie “koningin” ‘n “hoer” sou word.

    Die Bruid (wat die ware gelowiges is) wat hulle nog binne die strukture van hierdie “hoer” bevind sal dit net eenvoudig nie alleen meer kan verduur nie…. maar sal ook daar “uitgedryf” word as hulle dit sou durf waag om hulle monde te open om op te staan vir die Waarheid van die Woord.

    johannes_11

    4 Junie 2007 at 11:23

  2. Miskien kan julle vir eens vir my duidelikhied gee oor ‘n paar vrae. Moet ons regtig geloof so ingewikkeld maak?

    Ek is gelowig, nie net wanneer dit met my sleg gaan nie, maar veral wanneer dit ook met my goed gaan. Ek bêre nie my gesprek met God vir vanaand op my knieë nie, maar praat sommer regdeur die dag met Hom. Soms sê ek sommer net so tussen in dankie vir iets wat gebeur het. Soms vra ek Hom, in die hitte van die oomblik, om my nie rassisties, hatig, mislik, onredelik ensovoorts, te maak nie. Is dit oneerbiedig?

    Ek gaan bitter min kerk toe, soos na die gebou self om te gaan luister na ‘n preek. (Ek is nog steeds NG, nadat ek omtrent al wat kerk is gaan uittoets het,as mens dit so kan noem). Soms kry ek die behoefte om tussen ander kerkgangers te wees en te luister na ‘n preek, maar ek is meer kere teleurgestel as wat ek tevrede gestel is.

    So, nou BEHOORT ek nie eintlik aan enige gemeente nie – maak dit my minder gelowig / Christen?

    Ek vermy Christelike debatte, dit kan ‘n kraaines word waarin mens so vasdraai dat jy nooit weer sal loskom nie. Ek het ‘n baie goeie vriend wat al hoeveel keer vir my wetenskaplik probeer bewys het dat God nie bestaan nie, maar ek kap hom ‘n “flat ignore” en vertel hom hy mors sy tyd. Ek kan hom seker “baffle” met teksverse, maar ek het doodeenvoudig nie die krag daarvoor nie. Ek verkies om soos die kindertjies te glo. Is dit verkeerd?

    anne-marie

    4 Junie 2007 at 14:21

  3. Anne-marie

    Ek dink jy doen goed… veral die deel wat jy uit die kerk bly en net Bybel lees.

    johannes_11

    4 Junie 2007 at 15:47

  4. niks fout daarmee om soos ‘n kindtjie te glo nie.

    my persoonlike probleem is dat my kindjie dood is. of ten minste uiters bewusteloos…

    Johan Swarts

    4 Junie 2007 at 18:57

  5. Johannes, die Bybel is ‘n versameling letterkundige werke waarin mense ons bestaan probeer verklaar. As jy daarin antwoorde soek, gaan jy net met meer vrae eindig.

    anne-marie, jy kan seker soos ‘n kind glo. Die probleem is net dat as jy eers oor sekere aspekte van geloof begin dink het, dan kan jy dit nie ongedaan maak nie. As jy jou naïwiteit verloor het, is dit weg. Vir altyd. Soos Johan opmerk, as jou kindjie dood is, dan gaan dit nie meer help nie. My probleem kom wel in as mense sê dat jy soos ‘n kindjie moet glo en dan teen ander mense diskrimineer en hulle marginaliseer. Dan sal ek hoop dat jy jouself beter kan verantwoord as “sommer-want-dit-voel-reg”. ‘n Mens skuld jou medemens dit.

    George Maru

    5 Junie 2007 at 8:21

  6. Die kind is nie dood nie… (dis nou myne) – sy’t net saam met my groot geword. Ek dink nie om naïef, onnosel en oningelig deur die lewe te gaan is ‘n voorvereiste om wel goddelikheid te kan ervaar nie.

    ‘n Mens kan met jou kop ook glo. Al wat dit vereis is om te onthou om nie uit te freak elke keer as jy iets nie onmiddellik kan verklaar nie en ook nie wanneer jy besef dat jy wel kan nie. Dis in die spleet tussen raaisel en rasionalisering waarin die godervaring lE.

    idiwidi

    5 Junie 2007 at 12:05

  7. George gee jy daarmee te kenne dat die Bybel nie waar is nie….?

    Ek dink ons verwar dit wat ons in kerke geleer het met dit wat die Bybel ons leer. Die verskil tussen die “leringe van kerke” en dit wat die Bybel (as die Woord van God) ons leer is sover van mekaar verwyder as “water” teenoor “vuur” en daardie “gap” is, vanaf die einde van die kerk-era, net besig om steeds groter te word. Ek het agter gekom dat elke jota en elke tittel van die Bybel waar en met mekaar in harmonie is.

    Johan jy is korrek die kindjie(in alle mense) is dood en het Iemand nodig om hom “op te wek”. Die kerke leer ons dat hulle daai kindjie kan “lewe” gee, deur ‘n eenvoudige “sondaarsgebedjie” …. en dan sal alles fine wees. Vlug my vriend vlug berge toe…

    (Mat 24:28) Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

    johannes_11

    5 Junie 2007 at 12:06

  8. Ditto, Idiwidi, ditto…

    boerinballingskap

    5 Junie 2007 at 16:51

  9. My storie is anders – het eers op die ouderdom van 48 begin glo – nadat ek onder ander andere op internationale vlak gewerk het. En ek vind nou dat ek nou soos ‘n kind glo en soos Anne – marie is dit die heel lekkerste ding om sommer net vir Hom te sing as ek hierdie Gauteng se vekeer aandurf – of sommer net hallo te se as die son so diep mooi ondergaan of as ek so bly is dat ek kan tjank. En ek laaik die kerk Johanes, diep baie! veral die Lewende Woord (charismaties) waar ek is.

    Kowie

    5 Junie 2007 at 20:45

  10. heh

    is ek ‘n letterkundestudent as hierdie gesprek my aan ‘n ingrid jonker-gedig laat dink? 😉

    Johan Swarts

    6 Junie 2007 at 1:50

  11. johan..s

    Laat ons hoor….?

    Kowie… die valse profete kom uit eie geledere

    (Mat 24:24) Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

    Hulle lyk soos volg..

    (2Co 11:13-15) Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

    en dit het in alle gemeentes wereldwyd gebeur. Die volgende Skrif het vir alle kerke en kerkstrukturte in vervulling gegaan..

    (2Th 2:3-4) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

    Ek herhaal vlug…. die berge in.

    Lees net die Bybel… en
    kom uit die kerkstruktuur want niemand anders regeer nou daar as die… duiwel (wat Jesus na-aap).

    Gelukkig is sy dae getel… wat Tyd Het ‘n Einde

    johannes_11

    6 Junie 2007 at 9:38

  12. Esmarelda 7 Junie 2007

    johannes-11

    Ek dink jy stel dit dalk bietjie erg om te se vlug. Ek wou vir 8 jaar vlug uit die gemeente waar ons, ons nou bevind, maar voel dis ‘n opdrag van God aan my as vrou om my man onderdanig te wees en ek weet Hy SAL dit eer. Dit gemeente waar ons nou is, is ek oortuig van het net die halwe waarheid beet, maar na 8 jaar weet ek dat die Vader ‘n plan met my lewe het tussen daardie mense. Daar is ‘n dorstigheid na die LEWENDE WATER en as ek en so ook elkeen van ons nie Sy arms, bene en stem wil wees nie wat sal word van hulle?
    Ek het ‘n funksie gereel waar ‘n hele paar mense hul harte vir die Vader gegee het!! En glo my ek wou al hardloop, wat sou gebeur het as ek gehardloop het?

    Ek is net so bang vir daai fals profete wat sulke groot wonders sal doen, dat ek ook al gedink het, ek wil op ‘n eiland gaan bly met net my Bybel! Maar is dit wat Jesus regtig wil he?

    Esmarelda vd walt

    7 Junie 2007 at 21:15

  13. Esmarelda dis nie wat ek stel wat tel… dis wat God verklaar wat tel…. al is dit ook oor die hel.

    As ek dus iets vertel wat ek nie kan rugsteun met die Skrif nie moet ek liewer stilbly.

    Ek het lank oor hierdie “vlug” geworstel, totdat ek gepoog het om die volgende teksverse (wat op die oogaf lyk of dit in konflik en teenoor mekaar staan) te probeer verstaan.. …

    (Mat 24:15 en 16) Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

    (Rev 18:4 en 5) En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

    Binne die konteks van Jesus se wederkoms (in Matt 24) moet ons uit Jerusalem “vlug” wanneer ons die gruwel van die verwoesting in die heiligdom sien staan, maar in die selfde asem word ons deur God beveel om uit Babilon uit te gaan. Ons sou hierdie oenskynlike teenstrydigheid in die Skrif nooit kon verstaan voordat die volheid van die tyd, volgens God se wonderlike verlossingsplan, vir die verstaan daarvan aangebreek het nie.

    “Gruwel van die verwoesting” wysheen na die Satan en sy bose werke … wat in die kerke en kerkstrukture vir eeue poog om dit wat deur God daargestel is te probeer vernietig. Hier het ons die voorbeeld van hoe hy tewerk gegaan het toe hy deur die “ministers of righteousness” (kerkleiers van daardie tyd) gewerk het om Jesus te probeer vernietig. Sonder dat hulle dit besef het hy die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes as voertuie gebruik … niemand het dit besef nie… net Jesus want hy kon hulle harte onderskei. Vandaar Sy woorde …

    (Joh 8:44) Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.

    “heiligdom” is ‘n heenwysing na die instelling wat die koninkryk van God hier op aarde eers was dit die ou testameniese sinagoges maar gedurende die nuwe testamentiese kerk-era was die kerke en kerkstrukture wat deur God geseen was om die Evangelie boodskap in die wereld moes verkondig. In gelykenistaal was die kerke en kerkstukture dus Jerusalem…

    Wanneer ons dus die “Satan” dus is nie “heiligdom” sien staan moet die wat in “jerusalem” is dus vlug… want sy het die “hoer” Babilon geword vanwee “haar” hoerery (geestelike hoerery)….

    Ons leef in die tyd van die groot verdrukking… wat kan groter verdrukking wees as die hele wereld se kerkleiers “gefire” is sonder dat hulle dit besef.. (soos dit ook met Kajafas en Kie die geval was).

    Ons leef in die tyd wat elke kerk en kerkstruktuur met sy eie “do it yourself” gospel steeds graag met die Bybel wil identifiseer… maar sonder dat hulle dit besef met die duiwel identifiseer… en wel omdat die Skrif dit verklaar…

    (2Kor 11:14-15) En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

    vlug… want die volgende is aan die orde van die dag.. ook binne die konteks van die wederkoms van Jesus…

    (2Th 2:11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

    Vlug vir jou en jou huis se lewens…. want God is nie meer in kerke om te red nie… maar om as Regter te oordeel.

    Die kerke kan daarom duidelik in die volgende beeld raakgesien word… hulle lyk soos die lam … maar praat soos ‘n draak..

    (Openb13:11) En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.

    johannes_11

    8 Junie 2007 at 9:41

  14. George, ek weet jy gaan daarvoor verskil – en omdat jy my nie ken nie, sal wat ek sê nie vir jou veel beteken nie, maar ek is vandag (op die eerste Vrydag na die sinode) trots om aan die NG Kerk te behoort. Dis nie iets wat ek al ooit gesê het nie.

    Salige Rus

    8 Junie 2007 at 18:17

  15. Salig

    Die Skrif is aan die muur… Geweeg geweeg te lig bevind

    hulle is netsoos alle ander kerkstrukture deel van d “mystery Babilon” … die moeder van die hoere.

    johannes coetzee

    Anoniem

    8 Junie 2007 at 19:59

  16. (ek verwys natuurlik na jonker se bekende gedig “die kind)

    Johan Swarts

    10 Junie 2007 at 1:16

  17. Salige Rus, ek gaan met jou verskil. (Hoe dan anders?!) Maar nie vir die redes wat jy mag dink nie :). Ek het die naweek ‘n besonderse ervaring gehad (saam met ‘n boek van Karen Armstrong; dalk is dit nie hoe mens silent retreats doen nie, maar dan ek was nog nooit goed met die reëlboek nie). Ek sal later in die week meer daaroor skryf. My “issues” lê baie dieper as net of homos welkom is in die kerk. Dit gaan ten diepste oor die aard van kerkwees en wat dit beteken. Ek dink my probleme is baie meer prinsipieël as wat jy dalk dink.

    George Maru

    10 Junie 2007 at 21:42

  18. johan..s

    Pragtig… soos sy.. die volgende uittreksel is aangrypend..

    “….
    die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
    van moeders
    die kind wat net wou speel in die son… ”

    Het my laat dink aan .. die vrou

    (Eze 16:4) En wat jou geboorte aangaan—die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie.

    (Eze 16:5) Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is.

    (Eze 16:6) En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

    (Eze 16:7) Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak! En jy het gegroei en groot geword en die hoogste bloei bereik; jou borste het styf geword, en jou hare het gegroei, maar jy was naak en bloot.

    (Eze 16:8) En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou ‘n verbond aangegaan, spreek die Here HERE, en jy het myne geword.

    (Eze 16:9) Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf.

    Net om later… agter te kom sy het ‘n hoer geword.

    (Eze 16:30) Hoe smagtend is jou hart, spreek die Here HERE, dat jy al hierdie dinge gedoen het, die werk van ‘n onbeskaamde hoer;

    (Eze 16:31) dat jy jou verwulf by elke uitdraaiplek gebou en jou hoogte op elke plein gemaak het! Maar jy was nie eens soos ‘n hoer nie, deurdat jy hoereloon gering geag het.

    (Eze 16:32) o Die vrou wat owerspel bedrywe! Terwyl sy onder haar man staan, het sy vreemdes aangeneem.

    (Eze 16:33) Hulle gee geskenke aan al die hoere, maar jy het jou geskenke aan al jou minnaars gegee en hulle gifte aangebied om van alle kante na jou te kom in jou hoererye.

    (Eze 16:34) So was daar dan by jou in jou hoererye net die teendeel van die vroue, omdat hulle jou nie agternageloop het om te hoereer nie, en deurdat jy hoereloon gegee het terwyl aan jou geen hoereloon gegee is nie; daarom was jy die teendeel.

    (Eze 16:35) Daarom, o hoer, hoor die woord van die HERE.

    (Eze 16:36) So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het,

    (Eze 16:37) daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien.

    (Eze 16:38) En Ek sal jou oordeel volgens die verordeninge van vroue wat owerspel bedrywe en bloed vergiet, en sal jou oorgee aan die bloedige dood van grimmigheid en naywer.

    (Eze 16:39) En Ek sal jou in hulle hand oorgee, en hulle sal jou verwulf afbreek en jou hoogtes omgooi en jou jou klere uittrek en jou versiersels wegneem en jou naak en bloot laat staan.

    Lyk altoos soos die vrou van Openb 17 wat op die dier sit…?

    (Rev 17:4 en 5) En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery; en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

    Die vrou waarop Salig nou so trots is….?

    johannes_11

    11 Junie 2007 at 9:57

  19. dalk moet jy gedigte begin skryf; jy kan klaarblyklik semantiese skakels tussen die bybel en alles in die heelal vind. toe, jy kan die volgende sheila cussons wees. maak werk daarvan.

    Johan Swarts

    11 Junie 2007 at 10:23

  20. Salige Rus, skuus ‘n byvoeging tot my antwoord. Net ‘n vraag. Na aanleiding van Strauss se uitsprake in die media die afgelope twee dae, voel jy nog steeds so trots?

    George Maru

    11 Junie 2007 at 10:40

  21. ons kan dalk mense aanbande lê
    om hulle te verhoed om sit wat hulle dink te sê
    maar wie kan hul dink aanbande lê
    al is die semantiek
    oenskynlik hoe siek

    ek wil nie probeer om iemand anders te wees as net

    johannesiduiweliers

    johannes_11

    11 Junie 2007 at 10:44

  22. George, nee, ek voel nie meer trots nie. The moment has passed . . .
    Hier is iets though: Ek meen die NG Kerk het verlede week vir ‘n paar uur lank ‘n bietjie bo homself uitgestyg.
    Dit het my laat dink aan die titel van daai boek van Annelie Ferreira: “Eenmaal Iets Dappers”.
    Dit sou seker nooit kon hou nie. Schade!

    Salige Rus

    11 Junie 2007 at 11:37

  23. Wat het jy gesien in daardie flitsbeeld van trots?

    Johan Swarts

    11 Junie 2007 at 17:14

  24. Mense wat beter was as wat die we^reld van hulle verwag het.

    Salige Rus

    11 Junie 2007 at 18:26

  25. SR – wil jy nie maar ‘n post daaroor doen nie, deel dit met ons. Toe.

    idiwidi

    12 Junie 2007 at 5:05

  26. Goeie idee, Idiwidi.

    George Maru

    12 Junie 2007 at 6:21

  27. johannes hou dit net kort asseblief

    johannes_11

    12 Junie 2007 at 9:38

  28. Sal weldra.

    Salige Rus

    12 Junie 2007 at 15:23

  29. genugtig wie is die johannes 11 dude…?

    johannes coetzee

    11 Augustus 2017 at 12:09


Lewer kommentaar op Salige Rus Kanselleer antwoord