riviersonderend

Die week se nuus

with 3 comments

Gesondheidswaarskuwings sal teen die einde van 2008 op alkoholiese drank in Brittanje aangebring word.

Tinky Winky is toe nie veilig nie. Kinderbelange-groepe in Pole eis ‘n ondersoek om uit te vind of Tinky Winky gay is en deel vorm van ‘n aanslag van “homoseksuele propaganda” op TV.

Birma se militêre diktatuur besluit om die leier van die demokratiese beweging, Ang San Suu Kyi, se huisarres te verleng. Haar huisarres is in Mei 2002 beëindig, maar weer ingestel nadat haar landgenote se ondersteuning die diktatuur ongemaklik gemaak het.

Ek dink nie veel van Pakistan se onvermoë om die land se barbaarse, primitiewe kulturele gebruike te beëindig nie. ‘n Man wat skuldig bevind is aan verkragting word gestraf deurdat sy vrou aan die pa van die slagoffer gegee word. Die pa kan met die vrou handel na goeddunke. Fokken barbaars.

Die Melkwegsterrestelsel en die aangrensende Andromeda sterrestelsel gaan eendag bots. Dit sal beteken dat ons op die periferie van die nuwe sterrestelsel sal wees. As jy in die nag opkyk, sal daar ook nie ‘n melkweg wees nie. Dit behoort oor 5 biljoen jaar so te lyk.

Waar is die vreedsaamste plek op aarde om te bly? Noorweë. Suid-Afrika (99ste) en Amerika (96ste) lê verbasend naby aan mekaar.

Suid-Afrika het hierdie jaar ‘n span in die Tour de France! Barloworld is gekies as een van die 3 wildcard-spanne wat die jaar gaan deelneem. Robbie Hunter is deel van die Barloworld-span.

In Maleisië weier die land se hoogste hof om ‘n vrou se bekering van Islam na die Christendom wetlik te erken.

Die akteur David Hyde Pierce, wat die rol van Niles vertolk het in die komediereeks Frasier, is amptelik uit die kas.

Ape leer om Engels te praat. Die ape word geleer om met mense te kommunikeer deur op 350 leksigramme wat idees en voorwerpe verteenwoordig, te druk.

Advertisements

Written by George Maru

4 Junie 2007 at 7:37

Posted in nuus

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ai, arme ou Tinky Winky!

    Ek sien in die International Herald Tribune dat Benazir Bhutto beplan om weer ‘n come-back in Pakistan te maak. Ek kon nog nooit verstaan dat lande waar vroue die meeste onderdruk word, gereeld dieselfde lande is waar die geskiedenis al heelparty vroueleiers opgelewer het nie.

    idiwidi

    4 Junie 2007 at 8:28

  2. Daai aap het nogal baie die trekke van die denker. Ek dink egter die denker in sy “gegote vorm” het ‘n groter kans om tot ‘n mens te evolve as die aap voor die leksigram. Ons sal egter nog 7 biljoen jaar moet wag…?

    Ek dink egter Adam het hom “aap” gedoop net na die skeppingsweek wat geduur het vanaf Sondag(evening) /Maandag (morning) 25/26 Septembert 11013BC tot Saterdag(evening) /Sondag(morining) 1/2 Oktober 11013BC….?

    En hy sal “aap” bly tot die AD 2011. Die 350 leksigramme is net ongeveer 13000jaar meer “modern” as die leksigram wat hy in sy hand vashou, toe hy nog vry saam met Adam in die paradys rondbeweeg het, en geen vrees vir enige ‘vernietiging of dood’ gehad het nie.

    Die mens het wel meer kennis tot sy beskikking as 13000jaar gelede, maar of die mens meer “wysheid” het as 13000jaar gelede… twyfel ek. Soms kan ek nie anders as om te dink dat sommige mense selfs minder “wysheid” het as die average aap nie…? As die “aap” tog maar 13000jaar gelede beheer oor die aarde gekry, sou die mensdom dalk vandag beter af gewees het?

    Wie weet dalk sou ons vandag voor daai leksigram gesit het (natuurlik soorgelyk aan die leksigram in sy hand) … terwyl die aap ons die basiese beginsels van Bybelstudie geleer het…?

    (Rom 8:19-22) Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

    johannes_11

    4 Junie 2007 at 15:38

  3. idiwidi, ek wonder ook daaroor. Dit bly vir my ‘n raaisel.

    George Maru

    5 Junie 2007 at 8:22


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: