riviersonderend

Om die brein te verstaan

with 20 comments

Eers is daar gedink dat die brein ‘n onveranderlike masjien is. Sekere dele van die brein is vir sekere funksies verantwoordelik. Dit blyk dat die verklaring heeltemal te eenvoudig was:

Now sophisticated experimental techniques suggest the brain is more like a Disney-esque animated sea creature. Constantly oozing in various directions, it is apparently able to respond to injury with striking functional reorganization, and can at times actually think itself into a new anatomic configuration, in a kind of word-made-flesh outcome far more characteristic of Lourdes than the National Institutes of Health.

Die navorsing hou baie belofte in vir mense met breinbeserings. As die brein genoegsaam met elektrodes gestimuleer word, kan die brein homself “herbedraad”. Die navorsing het ook verdere implikasies:

From this still relatively primitive experimental data, theories can be constructed for the entirety of human experience: creativity and love, addiction and obsession, anger and grief — all, presumably, are the products of distinct electrical associations that may be manipulated by the brain itself, and by the brains of others, for better or worse.

Natuurlik is daar ook etiese implikasies:

And, of course, the implications for external re-engineering of the human brain are ominous, for if the brain is malleable it is also endlessly vulnerable, not only to its own mistakes but also to the ambitions and excesses of others, whether they are misguided parents, well-meaning cultural trendsetters or despotic national leaders.

Ons beweeg vinnig nader na ‘n situasie waar biologiese ingenieurswese ‘n realiteit word. Nie net word die mens uitgedaag met idees soos “designer babies” nie, maar stel jou voor dat ons binnekort ‘n biologiese verklaring (en oplossing) vir iets soos rassisme kry. Moet mense wat die “kwaal” het gaan vir behandeling, of berus die keuse by elke individu?

Die gesprek rondom individuele vryheid vs. sosiale verantwoordelikheid is nog lank nie verby nie. Inteendeel, dit lyk asof dit nog belangriker gaan raak in die toekoms.

Advertisements

Written by George Maru

31 Mei 2007 at 7:35

Posted in sielkunde

20 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. As ons nog nie eers die mens kan oortuig dat “vigs” nie alleen die gevolg is van die “kwaal” van losbandigheid nie en moet gaan vir ingenieurs-biologiese behandeling nie… wil ek nog sien hoe jy iemand gaan oortuig vir die “kwaal” van rassisme…. want die rassis het die kleurgrens lankal oorgesteek in sy vrykeuse van ‘n seksmaat … om nie eers van die huwelik as instelling deur God te praat nie.

    Jy kan met die beste biologiese ingenieurswese poog om die mens se brein te “rig” tot goeie dade…. Wanneer dit kom by daardie “ding” wat die kinners bring (en dit is nie die skoolbus nie) dan verloor hy net eenvoudig kop…. en verloor hy alle sosiale verantwoordelikhede en op die koop toe sy sogenaamde vryheid ook.

    Net om daarna die volgende Goddelike Wet te ontdek en moet vir geen oomblik aan die vleeslike “beeld” van Jesus dink nie…

    (Gen 1:27) En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

    Lekka “design”… aan iets waarvoor die planne alreeds bestaan.

    Vreugde

    johannes_11

    31 Mei 2007 at 8:36

  2. dis vir my nog steeds verbysterend. want dis ‘n klomp grys putty in ‘n skedel…

    Johan Swarts

    31 Mei 2007 at 12:24

  3. Johannes die tweede: jy slaan my dronk! Jou assosiasies is verstommend.

    George: Daar is vir jare al navorsing oor hoe die brein “herbedraad” kan word. (Mind you, dis o.a een van die resultate van transendentele meditasie: die herbedrading van die brein. Die christen navorsers kan bietjie daar gaan leer).

    In Julie 2007 is daar ‘n internasionale konferensie in Parys oor ‘n sg “cognitive learning device” ontwikkel deur die Israeli, Prof Reuven Feuerstein. Dis nog nie ‘n battery toetse wat in SA gebruik kan word nie (die eerste Suid-Afrikaners word in Julie eers in Parys daarin opgelei). Nietemin, Feuerstein is juis van opinie dat mense, ongeag die oorsaak of die erns van breinskade, in hulle denkprosesse tot volle funksionering kan kom, afhangend van watter stimuli hulle ervaar.

    Ons is maar nog in ons embriofase as ons oor die werking van die brein wil gesels!

    (Imagine as ons dalk iemand soos Broer Johannes kan herbedraad…).

    oppietrap

    31 Mei 2007 at 13:34

  4. Kan ons broer Johannes se naam solank stuur as ‘n potensiele proefkonyn? Voor 2011!

    amanda

    31 Mei 2007 at 13:55

  5. Johannes, hoe lyk dit? Kan ons jou laat stimuleer om te kyk wat gebeur? 🙂

    George Maru

    31 Mei 2007 at 14:27

  6. (skerp… lag hardop…..gee my tog net kans tot 2011 …. sal dit dalk daarna self oorweeg.op sterkte van my eie “vryheid” van keuse wat hopelik tot dan toe sal geld) Dit klink egter amper soos “waterdoop” inni kerke… pas net op virri kortsluiting…. na “herbedrading”. Bly asb tog net weg van water…. !!!

    Broer johannes is alreeds “herbedraad” toe hy genadiglik ‘n “nuut herskepte gees”(soul) ontvang het toe God die Heilige Gees hom wederbaar het (iets waarvoor hy baie dankbaar is en niks het om op te roem nie)…

    Dink julle nie die Heilige Gees is “powerfull” genoeg nie om sy innerlike Bron van krag te wees nie…? Hy weet niks van Grieks of Hebreeus nie… maar erens feature die woord ‘dinamus’ of “dinamo”… as ‘n verwysing na die Heilige Gees?

    In 2011 gaan hy net die nuwe “spiritual body” ontvang soos in die volgende Skrifgedeelte belowe… om vir “ewig” te leef

    (1Kor 15:51) Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    (1Kor 15:52) in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    (1Kor 15:53) Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

    (1Kor 15:54) En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.

    (1Kor 15:55) Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

    johannes_11

    31 Mei 2007 at 15:12

  7. sorry dis die Griekse woord δύναμις

    dunamis
    doo’-nam-is
    force (literally or figuratively); specifically miraculous power (usually by implication a miracle itself): – ability, abundance, meaning, might (-ily, -y, -y deed), (worker of) miracle (-s), power, strength, violence, mighty (wonderful) work.

    Dieselfde as die woord wat as “krag” in die volgende teksvers vertaal is…

    (Handelinge 1:8) maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

    WOW… ek dink ek bly maar by daar die δύναμις

    Lekka aand.

    Vreugde

    johannes_11

    31 Mei 2007 at 15:41

  8. Johannes 11, waar kry jy die Griekse font, ek soek ook daarna?

    Salige Rus

    31 Mei 2007 at 21:20

  9. En dit werk!! Johannes & SR het ‘n gemeenskaplike onderwerp ontdek….griekse font!

    amanda

    1 Junie 2007 at 6:22

  10. Salig

    Ek het dit gedownload van e-Sword se Website… en toe gecopy en gepaste….

    Probeer http://www.e-sword.net/ … hoop jy kom reg.

    “Amanda…. you light up my life…” Salig se denkwyse bly egter steeds vir my “grieks” … ek wens ek kon hom ook net copy en paste. Ek begin nou eintlik al biekie geheg raak aan hom…. hyt ‘n pragtige naam…

    “johannes”… in afrikaans of

    Ἰωάννης (in grieks) of

    יוחנן (hebreeus… jy moet net van regs na links lees)

    Dis seker hoekom so min van ons johannes verstaan… ons moet hom dalk van die regs na links begin lees … ek dink nie hyself kan hom verstaan nie (maar kom ons hou dit maar stil…?)

    johannes_11

    1 Junie 2007 at 9:45

  11. Help my, wat gebeur in 2011?

    oppietrap

    1 Junie 2007 at 10:09

  12. johannes_11

    1 Junie 2007 at 11:10

  13. oppietrap, ek smeek jou, op my knieë, hande saamgevou in kindergebed, MOENIE vra nie. Hier iewers is ‘n bloginskrywing oor die Bybel, die kerk en die se god waar Johannes breedvoerig verduidelik het. Soek dit net as jy sterk voel; verkieslik nie vóór ‘n naweek nie.

    Kortliks: Jesus kom weer in 2011 op die wolke aangewals (waarskynlik iewers in Oktober) om te oordeel die wat lewe en die wat reeds gesterwe het, maar nou nie soos in fisies nie. Mense soos ek word in ‘n vuurpoel gegooi saam met Knersis, die res gaan saam met Jesus vir altyd jeugsangbundel-liedjies sing uit dankbaarheid dat die Samsung-air conditioners so mooi werk.

    Alles staan in die Bybel, as jy nie geweet het nie.

    George Maru

    1 Junie 2007 at 11:26

  14. George

    Jy klink of jy ‘n staatsamptenaar kan wees….? Staak jy…?

    Dit gaan nogal erg wees as die hele SA se staats amptenare vir ‘n maand lank staak en niemand kom dit agter nie…?

    Oppietrap… as George my sal toelaat… sal ek probeer verduidelik.

    johannes_11

    1 Junie 2007 at 12:32

  15. Johannes, gaan maar voort, maar moet ‘seblief nie die gawe mense met Bybelverse terroriseer nie. Ek gaan nou-nou Robertson toe om myself volledig oor te gee aan “la dolce vita”, so ek kan jou nie watch nie.

    George Maru

    1 Junie 2007 at 13:30

  16. En nou kan jy nie eers jou gode vra om my intoom te hou nie. haha..

    Geniet jou “la dolce vita”(wat dit ookal beteken?) hoop nie dit hou verband met die onderwerp van bespreking (wat jy laaste op jou blog gepost het nie, die een oor sex…), kom net heel trug, anders moet ek al jou ander boggers se moeilike vra handle.

    Sal net antwoord op vrae wat Oppietrap vra….?
    Sal my probeer gedra…

    johannes_11

    1 Junie 2007 at 14:56

  17. George praat van die wonderlikste wynfees wat huidiglik in Suid-Afrika bestaan! La dolce vita, inderdaad.

    (Miskien loop ek&die liefde jou daar raak, George. Kyk uit vir twee kort mense met glase in die hand, of ek sal uitkyk vir iemand wat soos Die Denker lyk.)

    Carien

    1 Junie 2007 at 15:11

  18. Wel, noudat die eindtyd dan so naby is, het ek maar gereel om al my opgehoopte verlof te neem. Thanx Johannes, as jy my nou nie ingelig het nie, het ek sweerlik die verlof tot 2011 uitgestel. En ek sou da’m die vloekwoordvloekwoord ingewees het as ek my opgehoopte verlof moes mis net omdat ek nie na jou geluister het nie.
    Georgieboy, ons het nog baie om oor te gesels (en die tyd raak min…). Jou brein interesseer my. Maar nou groet ek eers. Tot ek terug is.

    oppietrap

    2 Junie 2007 at 15:50

  19. Carien, jy is heeltemal reg. En dit was verruklik!! Ek is bevrees as jy vir Die Denker gesoek het, sou jy my definitief nie gekry het nie. Selfs al sit ek my beste voet voor, kan ek nie soos ‘n denker lyk nie. Inteendeel, die wiele het reeds Saterdagoggend by Van Loveren begin afval. Plaas sê jy ek moet uitkyk vir 2 mense sonder wynglase of paspoorte 🙂 – dan sou ek julle dalk kon uitken! Hoop julle het dit net soveel geniet.

    Oppietrap, ja, as ek jou blog so lees dink ek ons sal nogal baie kan gesels (definitief tot na 2011). Ek gaan die komende naweek weer weg – op ‘n silent retreat – en sal dan maar hard mediteer dat 2011 nie gebeur nie. Wie weet, dalk kry ek dit selfs reg! Maar ons sal tot 2012 moet wag om uit te vind hoe goed ek is.

    George Maru

    3 Junie 2007 at 19:56

  20. Oppietrap.. die arme mense wat so hard “wegsit” vir hul “oudag”…. hou geensins rekening met die “aftreeplan” van die Bybel wat “not out of this world” is. Hulle weier om sommige van my annuiteite uit te betaal… voor 2011.

    George… vat tog net jou Bybel (as ‘n backup) saam.. en as jy geen “stemme” hoor… het jy reggehoor. Die Bybel verklaar mos..

    (Openb 22:18) Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

    (Openb 22:19) En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

    “hierdie boek” is natuurlik ‘n verwysing na die hele Bybel… en nie net die boek Openbaring soos jy op die “kweekskool” geleer is nie.

    As jy “stemme” begin hoor sal ek bekommerd begin raak as ek jy is … geniet die “silence” in anyWay.

    George … weet jy van enige ander boek wat die ouderdom van Adam en die geboorte van Set op Adam se ouderdom 130jaar en daarna die volle leeftyd van Adam (930jaar) aanhaal….?

    Dit lyk of die 130jaar van Adam heenwys na die 13000jaar wat die ouderdom van die mensdom in 1988 was, wat ook die jaar was wat die einde van die kerk-era ingelei het, en saamgeval het met die begin die tyd van groot verdrukking(van die harte)……? Die Bybelse tydlyn is (wat eintlik maar ‘n Bybelse Kalender is) is eers onlangs uit die Bybel beter verstaan… en die ou wat dit “raakgesien” het is maar net ‘n “siviele ingenieur” van beroep… met geen teologiese agtergrond nie as jy belangstel om te kyk hoe hy die wetenskap binne die konteks van die Bybel hanteer kan jy gerus na hierdie link kyk die boek se naam is Adam When? http://209.10.202.163/graphical/literature/when/when_contents.html

    Ek sal graag jou kommetaar op die boek wil hoor…. geen teoloog wil natuurlik na ‘n “ingenieurs” se sieninge kyk nie… maar ek dink jy is meer oopkop as diegene wat nog vasgekluister is in hul “kerke” se leringe.

    johannes_11

    4 Junie 2007 at 10:33


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: