riviersonderend

One Hit Wonder

with 8 comments

Sommige one hit wonders is net te goed dat die kunstenaar in die vergetelheid moes verdwyn het. Ek dink vanoggend byvoorbeeld aan Michelle Shocked wat ‘n hit in die 1980s gehad het:

Ek sou graag nogals meer van haar wou gehoor het na Short, Sharp, Shocked. Dit is wat sy deesdae aanvang (opgeneem in die een of ander kerk waar sy Yes, God is real sing; wat haar rokkie betref – geen kommentaar…):

Ek glo sommer.

Is daar enige one hit wonders wat jy meen meer verdien het?

Advertisements

Written by George Maru

30 Mei 2007 at 7:58

Posted in musiek

Tagged with

8 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Lieflike stem.
    Terloops, ek’t gister die CD – waarvan ek op ‘n stadium vertel het – “Gospodi” (Felix Maria Woschek & Friends) van Amazon af gekry (kon dit nie in die JHB opspoor nie). Vreemde Indiese klanke, gemeng met Russiese en Hebreeuse chants. Probeer dit te luister kry.

    oppietrap

    30 Mei 2007 at 10:21

  2. Ek gaan verseker daarvoor uitkyk. Hulle het so ruk terug by die Olyffees op Riebeek-Kasteel die interessantste Indiese musiek gespeel. Gewoonlik is ek nie te mal oor Indies nie, maar ek was mal daaroor. Wys jou: jy verbaas jouself soms.

    George Maru

    30 Mei 2007 at 13:34

  3. mooi stem!

    idiwidi

    30 Mei 2007 at 13:49

  4. wat kerke net alles sal doen om die “show” te laat aangaan nie…

    arme mense… ek huil in my hart vir die “deception” waarmee hulle in hierdie “strik” vasgevang is en die krag van “dwaling” waaraan hulle blootgestel word

    die tyd van “groot verdrukking” in der waarheid

    (Spreuke 21:6) Die verwerwing van skatte deur ‘n valse tong is ‘n verwaaide asem—dodelike valstrikke.

    (Spreuke 21:7) Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

    johannes_11

    30 Mei 2007 at 14:17

  5. Ek onthou ook vir Micelle Shocked. Onthou enigiemand Sig-Sig Sputnik se “Love Missile Nr 9”?

    boerinballingskap

    30 Mei 2007 at 14:30

  6. who let the dogs out?!?

    Johan Swarts

    30 Mei 2007 at 15:03

  7. Met meer as 10 CDs onder haar belt, sal ek haar nie ‘n One Hit Wonder noem nie. Ek onthou nog goed hoe ek uitgehardloop het CNA toe om Short Sharp Shocked te gaan koop, voor dit van die rakke afgehaal sou word, omdat Michelle te liberaal was vir die regering van die dag…
    http://www.michelleshocked.com
    (Daar’s niks fout met haar rokkie nie…)

    Ook nie 100% One Hit Wonder nie, maar iemand waaroor ek wonder is Edie Brickell & New Bohemians – weet nie of jy hulle ken nie…

    machiel

    30 Mei 2007 at 15:52

  8. Johannes_11, hoe op dees aarde kry jy dit reg om die Bybel hier in te sleep? Jy het ‘n one track mind.
    Boer, dankie, ja. Ek het skoon van hulle vergeet!
    Johan, ek is bly daardie honde is uit en hopelik vir altyd weg 🙂
    Machiel, ek het nooit weer van haar gehoor nie. So “one hit wonder” is seker maar subjektief? Ek ken vir Edie Brickell & New Bohemians. Na “Shooting Rubberbands at the Stars” met die treffers “What I am” en “Circle” op, het hulle “Ghost of a Dog” gemaak. Maar dit was nie naastenby so suksesvol nie en toe het hulle stilgeraak.

    George Maru

    31 Mei 2007 at 9:16


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: