riviersonderend

‘n Wêreld sonder geloof

with 3 comments

The Nation wys in die artikel, Among the Disbelievers, daarop dat die grootste kritici van geloof vandag weining reflekteer oor die leemte wat geloof sal laat. Wat moet of kan daardie leemte vul?

Natuurlik wys nie-gelowiges, ongelowiges en anti-gelowiges daarop dat dit nie hulle plig is om godsdiens met iets te vervang nie. Ek kan verstaan dat iemand redeneer dat hy net die probleme en onwaarhede van geloof wil uitwys. Maar ek dink ook dat dit onrealisties is om te verwag dat mense suiwer rasionele wesens is wat nie ‘n behoefte het aan die irrasionele nie.

Godsdiens bied ‘n wyse om uitdrukking te gee aan ons irrasionele behoeftes. Ek sou wou waag om te beweer dat die soeke na sin ‘n irrasionele behoefte is. Geloof verklaar ons bestaan in terme van ‘n groter, doelgerigte plan. Maar net omdat dit verklarings verskaf wat troos en hoop bied, maak dit nie waar nie.

Ek weet nie of ons gou sal afstand doen van godsdiens nie, gegewe die enorme hoop wat ons daarop plaas. Maar is dit moontlik om godsdiens dan meer menslik en inklusief te maak?

Dalk moet die fokus nie soseer wees om ‘n leemte te forseer nie, maar eerder godsdiens beskou as deel van ons evolusie. Wie weet waarheen ons as ‘n spesie as deel van ‘n gekompliseerde heelal onderweg is? Dalk is ons besig om te evoleer na meer rasionele wesens? Dalk is ons besig om meer menslik en inklusief te word, ten spyte van godsdiens?

My vraag is dus: Kan godsdiens help om die proses te bespoedig? Indien wel, dink ek nie ons hoef te gou plaasvervangers vir geloof te soek nie. Maar dan verdien verligte teoloë en geloofsdenkers al die ondersteuning wat hulle kan kry.

Advertisements

Written by George Maru

29 Mei 2007 at 9:00

Posted in godsdiens

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. godsdiens suck … en is niks minder as “geweld en moord” nie

    Wie dink jy was hierdie manne van “naam” in die dae van Noag…?

    (Gen 6:4) In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.

    Hulle was die geweldenaars voor die Vloed in die dae van Noag…

    (Gen 6:13) En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.

    Hulle is ook die “geweldenaars” wat hulle wereldwyd vandag in kerke en kerkstrukture bevind… en wat mense “geestelik verkrag en dood” om hul eie selfsugtige begeertes te bevredig.

    Hulle wil graag identifiseer met die Naam van die Lewende God (die God van die Bybel) die Skepper van die Hemele en Aarde… om sodoende hul dade te probeer regverdig.

    Die proses gaan bespoedig word wanneer God weer skep soos Hy in die jaar 11013 BC gedoen het.

    johannes_11

    29 Mei 2007 at 14:53

  2. Johannes, bedryf jy nie ook maar ‘n tipe godsdiens nie?

    George Maru

    30 Mei 2007 at 8:12

  3. George

    Ek hoop nie so nie… ek lees baie Bybel (en lees steeds na oor andere se sieninge) en het in my eie pelgrimstog ontdek dat dit die “fontein van wysheid” of die “riviersonderend” is waarna ek my lewe lang gesmag het. In die proses van Bybel lees het ek “ontdek” dat die Outeur daarvan “godsdiens” met ‘n passie haat… (Hy is ‘n jaloerse God) Dis wanneer die seremonies wat deur Hom ingestel is… belangriker is as God Self.

    Noudat die Bybel ons leer dat die kerk-era verby is (wat ook saamval met die begin van die tyd van groot verdrukking), is geen opsieners (soos ouderlinge en diakens…) nodig nie…. net die Bybel (as die Woord van God) as gesag … en God (die Heilige Gees) wat die Opsiener is.

    As jy dit uit my optrede wil label as “godsdiens” … dan is dit jou goeie keuse… maar dan is dit dalk ook tyd dat ek moet selfondersoek gaan doen. Ek sal nie graag ooit weer in my lewe wil verval in “godsdiens” soos ek dit vroeer in my lewe bedryf het, en dit tans deur veral die “christen-kerk-houers” dit wereldwyd bedryf nie.

    Hoop dit beantwoord jou vraag.

    johannes_11

    30 Mei 2007 at 10:17


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: