riviersonderend

Die week se nuus

with 4 comments

Ek het al baie gewonder wat alles onder die see aangaan. Eintlik is daar baie wat ons nog nie weet nie. Wetenskaplikes ontdek 700 nuwe spesies in die waters van Antarktika. Daar is eers gedog dat die omgewing te onherbergsaam is vir soveel diversiteit.

Depressie neem dramaties toe in die wêreld. Teen 2020 sal dit naas hartsiekties die grootste gesondheidsprobleem wees waarmee mense sukkel. In Amerika het die hoeveelheid depressielyers meer as verdubbel tussen 1991 en 2001. Hoekom? Wat is die antwoord?

Brittanje laat gays al vanaf 2000 toe om in die weermag te dien. Geen van die verwagte vrese is bewaarheid nie. Inteendeel. Maar blykbaar is Brittanje nog sensitief teenoor haar bondgenote wat in die Middeleeue vasgehak het: “Nonetheless, the issue is extremely delicate now. The military does not want to be seen bragging about the success of its policy when the issue can still cause so much anguished debate in the United States.”

‘n Paar gay flaminke het ‘n weeskuiken aangeneem en maak hom nou saam groot. Carlos en Fernando is al ses jaar saam en het nou uiteindelik ouers geword. Selfs die ooievaar diskrimineer nie meer nie.

Daar is gerugte van ‘n klemverskuiwing in die evangelikale Christene se prioriteite. Na Falwell se dood, wil dit voorkom asof sake soos VIGS, Darfoer en die kweekhuiseffek belangriker raak. Dit gaan glo ook gepaard met minder konfrontasie as die voorkeurmetode om hulle sin te kry.

‘n Italiaanse politikus versoek dat ‘n BBC program oor priesters wat kinders molesteer, nie uitgesaai mag word nie. Die program laster glo teen die kerk.

‘n Haai in gevangeskap gee geboorte sonder die hulp van ‘n pappa-haai. Toetse toon aan dat die baba geen vaderlike DNA het nie. Dit bewys dus…

Desmond Tutu sê dat die Anglikaanse kerk in Afrika ‘n buitengewone obsessie het met homoseksualiteit. Buitengewoon. Hy beweer daar is belangriker probleme om aan te spreek soos VIGS, Darfoer en Zimbabwe. So wat is die werklike rede met die kerk se obsessie? Dalk politiek?

Tienduisende Hindoes van die Dalit-kaste beplan om in ‘n massabekering Boeddhiste te word. Dat daar nog Dalits is wat Hindoes bly, vind ek vreem. Dit is natuurlik onwettig in sommige Indiese state om jou te bekeer na iets anders as Hindoeïsme. Primitief.

Advertisements

Written by George Maru

28 Mei 2007 at 7:48

Posted in nuus

Tagged with

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek neem altyd syfers oor depressie met ‘n knippie sout. Die omskrywing van depressie, die gewildheid van die term en die samelewing se houding daarteen het so baie verander in die afgelope twee dekades dat syfers wat in die negentigs verkry is skaars vergelyk kan word met tellings wat navorsers nou kry.

    idiwidi

    28 Mei 2007 at 8:27

  2. ‘n Program oor priesters wat kinders molesteer laster teen die kerk? Net toe ek dink ek het alles gehoor…!

    René Boshoff

    28 Mei 2007 at 8:45

  3. heilige maagd?

    Johan Swarts

    28 Mei 2007 at 11:59

  4. idiwidi, wat jy skryf, maak sin.

    George Maru

    30 Mei 2007 at 8:08


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: