riviersonderend

Die week se nuus

with 3 comments

In Hong Kong misluk pogings om die Bybel te laat klassifiseer as onwelvoeglik. Dit sou beteken het dat die Bybel in toegedraaide plastiek aan persone ouer as 18, verkoop word. Hulle het seker nie gelees van die pa wat sy dogters swanger maak, die kinders wat deur ‘n beer verskeur word, die verkragting van talle vroue en volksmoord nie.

Scotty se as is gevind. Hy is toe opgebeam. O joy!

In Izmir betoog ten minste een miljoen Turke teen pogings om die land se sekulêre karakter te ondermyn.

‘n Mediterreense dieët is goed vir jou. Dit halveer die kanse om sekere longsiektes te kry.

Pille wat “mind-altering experiences” beloof, is beskikbaar in Suid-Afrika. Vra jou vriendelike apteker vir ‘n dosis.

Die boek, Stumbling on Hapiness, is met die Royal Society Prize for Science Books vereer. As die pille nie werk nie, lees die boek!

In Noordwes Pakistan word Christene gedreig met bomaanvalle as hulle nie Moslems word nie. Die Christene se aktiwiteite is onislamities. Primitief.

Die Katolieke kerk in Los Angeles begin van haar eiendom verkoop om mense te vergoed vir emosionele skade weens kindermolestering deur priesters. Selfs al word die Vatikaan verkoop, sal dit nie kan opmaak vir al die maniere waarop die kerk mense gemolesteer het nie.

Die einde van ‘n era het aangebreek: Bronx en ander bekende instellings in Groenpunt moet plek maak vir ontwikkeling.

Wiccans is bang om hul geloof openlik in Amerika te beoefen. Sommige Christene dink mos hulle is Sataniste.

17 instellings wat kleiner kerke insluit, verkry toestemming om gays te trou. ‘n Lys van die kerke en instellings is hier beskikbaar.

Treur oor die verval van Afrika se vooraanstaande universiteite. Wat word van hoop as ‘n land se tersiêre instellings begin faal?

Advertisements

Written by George Maru

21 Mei 2007 at 7:58

Posted in nuus

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. hmm

    sou dit gebeur dat die bybel in ‘n plastieksakkie verkoop word, sal die meeste sprokies ook ‘n lisensie vir vertelling of iets moet kry.

    neem rooikappie. ‘n houtkapper is gestuur om haar hart met ‘n byl uit te gaan haal. (?!!?)

    Johan Swarts

    21 Mei 2007 at 22:42

  2. hehehehe wag…

    dis sneeuwitttttertjie…

    Johan Swarts

    21 Mei 2007 at 22:49

  3. Johan, jou spelling van die appeleter laat veel te wense oor… 😉

    George Maru

    22 Mei 2007 at 8:58


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: