riviersonderend

Sondag, 20 Mei 2007

with 5 comments

global.jpg

Hierdie Sondag is Global Peace Meditation and Prayer-dag. Doen jou deel die Sondag as jy in gebed, meditasie of watookal glo. Belangriker: neem ‘n paar oomblikke om te dink watter bydra jy kan lewer vir vrede. Doen dit dan. Aanhoudend. Al is dit net vrede met jouself.

As jy dink die hele besigheid is ‘n pot strooi, probeer dan ten minste om nie die hond te skop nie.

Meer inligting hier beskikbaar.

Advertisements

Written by George Maru

17 Mei 2007 at 8:57

Posted in nuus, spiritualiteit

Tagged with

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Oeps… ek het sopas die hond geskop

    johannes_11

    17 Mei 2007 at 10:12

  2. Ek dink dis ‘n pot strooi, met ‘n hoofletter K. Maar ek skop nie aan diere nie. Om die waarheid te se ek skop mense wat aan diere skop.

    boerinballingskap

    17 Mei 2007 at 14:51

  3. Boer, ek praat van die metaforiese hond. As jy hom ook nie skop nie, is ek bly. Jy is ‘n goeie mens.

    In elk geval, dink ek ‘n hond sal kies om eerder geskop te word as om geëet te word. 😉

    George Maru

    18 Mei 2007 at 9:43

  4. George ek weet jy glo nie in die God van die Bybel nie… en ek probeer agter die kap van die byl kom waarom jy jou leser sou aanmoedig om aan hierdie “aanbiddings” aksie deel te neem…?

    Nie dat ek enigsins daaraan wil of sal deelneem nie. Ek stem in hierdie opsig saam met Boer… dit is ‘n pot strooi (alhoevel ek nie saamstem met die niksseggende rede wat hy aanvoer nie)…

    Jy ken seker al teen hierdie tyd wat my standpunt is naamlik dat daar is net Een Ware God .. naamlik die God van die Bybel, die Skepper God is wat ‘n verskil kan maak …”ewige” vrede… omdat Hy Vrede is. (En daarmee poog ek geensins om jou tot hierdie siening “oor te wen” nie… alhoewel dit my bede is dat ons almal ons tot God sal wend omdat ek glo dat Hy ons enigste Hoop is)

    Maar ek sal graag wil weet waarom jy dit veral belangriker ag om ‘n paar oomblikke te neem om te “dink”….? Wat sal tog die doel daarvan wees…? Veral gesien in die lig daarvan dat jy reken dat dit belangriker is om te “dink” watter bydra jou leser kan lewer tot vrede…?

    Glo jy dat daar iets soos ‘n god of God is… ? Wat is die doel van die oefening.. en dit waarom op spesifiek daardie dag….? Dit laat my dink aan die volgende welbekende gebeure in die dae van Babilon…

    (Dan 3:4) En ‘n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale,

    (Dan 3:5) sodra julle die geluid hoor van horing, fluit, siter, luit, harp, doedelsak en van allerhande musiekinstrumente, moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

    (Dan 3:6) En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word.

    Ek verkies om soos Daniel… daagliks met God in “verbinding” te wees… 3 maal per dag… dit beteken eintlik 24/7…. en dit nadat “jerusalem” deur die babiloniese magte “ingeneem” is… soos die “kerke en kerkstrukture” (jeruslem van die nuwe testament) vandag deur die “babiloniese magte” ingeneem is….?

    Genadiglik is die Einde in sig.

    johannes_11

    18 Mei 2007 at 18:03

  5. Toe Jesus op die aarde gewandel het, was daar nie vrede nie, dus sal daar nie nou ook wees nie. Sou ek vrugbaar wees vir die saad (woord), is daar vrede in my en in my, is daar ‘n welbehae. Omdat ek elke dag in gebed is, gaan ek op 20 Mei, normaalweg voort. Vir hulle wat Jesus net in die “kerk” hou, is dit seker ‘n mooi gedagte.

    Hans Matthysen

    18 Mei 2007 at 19:47


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: