riviersonderend

Die week se nuus

with 3 comments

Baie kinders kyk al gereeld TV nog voordat hulle 2-jaar oud is. Dit is nie goed vir hulle nie: “There are both theoretical and empirical reasons to believe that the effects of media exposure on children’s development are more likely to be adverse before the age of about 30 months than afterward,” the authors note.

Wat is baie vrouens se grootste risiko om HIV/VIGS te kry? Seks binne die huwelik. Die probleem? Ontrouheid van mans teenoor vrouens is diep gewortel in baie kulture. Mans sukkel blykbaar met die idee van monogamie.

‘n Ierse tiener wen haar stryd om na Brittanje te gaan vir ‘n aborsie. Die baba sal net ‘n paar dae lewe, omdat dit sonder die grootste deel van die brein en kopbeen gebore word. Die Ierse regering het aangevoer dat die fetus se reg op lewe gerespekteer moet word.

Beam me up Scotty. NOT. Die Star Trek akteur, James Doohan, se as was bestem vir die ruimte. Dit is met ‘n vuurpyl die ruimte in geblaas, maar die vrag het afgeval, waarskynlik in ‘n woud. Scotty is nog met ons. Maar niemand is seker presies waar nie.

Hiasl, ‘n 26-jarige sjimpansee van Oostenryk, is besig om die land se howe te vra om sy status na mens te verander. Die rede? Hy het geld nodig en net mense kan in Oostenryk persoonlike donasies ontvang.

Pro-familie groepe betoog in Rome teen wetgewing wat meer regte aan ongetroude- en gay-pare sal gee. As jy nie geweet het nie, dit neem ‘n stukkie papier om kinders te kan grootmaak. As jy nie ‘n familie kan wees soos die kerk sê nie, mag jy glad nie ‘n familie wees nie.

Die kastestelsel leef in Indië. In Uttar Pradesh wen die party wat die Untouchables verteenwoordig.

In Amerika gaan rook in flieks voortaan ook in aggeneem word saam met beskrywings vir seks, naaktheid, en geweld. Seker iets soos 18 NVLSPT(obacco).

Die leier van die Zapatista rebellebeweging het ‘n boek geskryf. Nie oor die onderdrukking van die werkersklas nie; sy volgende boek sal oor politiek handel. Die een handel oor pornografie en seks. ‘n Mens raak seker maar alleen daar in die bos.

Advertisements

Written by George Maru

14 Mei 2007 at 7:47

Posted in nuus

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. hie-hie. die scotty nuus is baie snaaks

    idiwidi

    14 Mei 2007 at 9:03

  2. bahahahahahahaha

    Johan Swarts

    14 Mei 2007 at 13:49

  3. Wonder maar net met wie die getroude mans ontrou is. Net ongetroude vroue? I think not.

    Peet

    15 Mei 2007 at 14:41


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: