riviersonderend

Vreemde vrugte

with 5 comments

Mense wat sukkel om vrede met hulself te maak, is nogals geneig om die wêreld vir hul medemens onstuimig te maak. Ek dink dit is omdat hulle alles eksternaliseer, selfs die oplossing vir hul issues.

Dikwels bied godsdiens die oplossing waarna hulle soek. Dit is deel van die probleem. Hoe vind jy vrede in jouself as jy buite jouself soek? Plak ‘n godsdienspleister op, en kyk anderpad. En as die seerplek bly jeuk en sweer? Hou aan pleisters op ander mense plak totdat hulle versmoor.

In 1492 verower koning Ferdinand en konining Isabella van Spanje die laaste Moslemenklave in Europa – Granada. In 1499 kry die Moslems van Granada ‘n ultimatum: word Christene of verlaat Spanje. Dieselfde lot het die Jode oorgekom. Baie Jode het hulself laat doop en Christene geword. 80,000 Jode is na Portugal en 50,000 het na die Ottomaanse Ryk gevlug waar die Moslems hulle hartlik verwelkom het.

Die gebeure het ‘n geweldige invloed op die Jode gehad. Baie het in die geheim hulle Joodse rituele bly beoefen, terwyl ander agnosties en ateïsties geraak het. Ferdinand en Isabella wou ‘n Christenstaat skep; verseker nie ‘n broeiplek vir ongelowigheid nie. So ontstaan die Spaanse Inkwisisie. Een van die ywerigste vervolgers van die Jode was Tomás de Torquemada.

Hy was self ‘n Jood.

Dan is daar iemand soos Ds. Gregory Daniels, ‘n swart Amerikaner. Hy is vandag ‘n kampvegter in die stryd teen gayregte, want hy weet waarvan hy praat. Hy was self gay, maar het daarteen gekies. Hy is reeds 25 jaar getroud met sy vrou. In Februarie 2004 het hy die volgende uitlating gemaak: “If the KKK opposes gay marriage, I would ride with them.”

Billie Holiday het ‘n lied gesing, geïnspireer deur die gebeure in die Suide waarin die KKK ‘n instrumentele rol gespeel het: Strange Fruit. Hier is die foto wat tot Strange Fruit se ontstaan gelei het:

strangefruit.jpg

Southern trees bear strange fruit
Blood on the leaves
Blood at the root
Black bodies swinging in the southern breeze
Strange fruit hanging from the poplar trees

Goed, ek weet, dit is twee ekstreme voorbeelde. Maar tog ook nie. Wat is jy bereid om te doen, in ‘n poging om jouself te ontken?

Dit spreek vir my een van my kernprobleme met godsdiens aan. Godsdiens bied ‘n skuilplek aan mense waar hulle nie hulle motiewe en skadukant hoef te konfronteer nie. Alles is speel-speel skoongewas en die pleister is opgeplak.

Godsdiens bied al die antwoorde in ‘n onseker, onstuimige wêreld. Maklike antwoorde vir moeilike vrae. Beter nog: daar kry jy quickfixes vir jou probleme; ‘n goedkoop genade. Dryf ‘n demoon uit, of lê net die hande op, of bid net, en alles sal beter wees; veral vir die een wat die gawes uitdeel. Dít is die godsdiensboom wat die vreemde vrugte dra: vooroordeel, vrees, afguns en onverdraagsaamheid. Plak ‘n pleister en ontken die bestaan daarvan.

Jy praat nie oor die donker in jou nie, want jy is vrygekoop om die goeie stryd te stry. Ontken ten alle koste jou skadukant. Intussen voed nuutgevonde skuldgevoelens hierdie skadukant, totdat dit uitbars teenoor ‘n medemens.

Gee my dan liewers iemand wat sy skadukant konfronteer en gemaklik is om dit te erken. Iemand wat, soos Annie Dillard skryf, die monsters in die gesig kan kyk: “In the deeps are the violence and terror of which modern psychology has warned us. But if you ride these monsters down, if you drop with them farther over the world’s rim, you find what our sciences cannot locate or name, the substrate, the ocean or matrix or ether which buoys the rest, which gives goodness its power for good, and evil its power for evil, the unified field: our complex and inexplicable caring for each other, and for our life together here. This is given. It is not learned”

Ek kan nie sien hoedat iemand wat erns maak met sy monsters ‘n Tomás de Torquemada of ‘n Gregory Daniels sal word nie. Soos Stef Bos sing:

Ek het myself leer ken
As held en as ‘n hond
Daar is so weinig meer oor
Van al my woede en geweld
Maar ek ken nou ook my donkerkant
Ek het vrede met myself

Vrede met jouself, bring vrede met jou medemens.

Advertisements

Written by George Maru

12 Mei 2007 at 11:07

Posted in godsdiens, sielkunde

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Sjoe, die foto is skokkend. En die mense drom onder die boom, omtrent asof die lyke maar net nog vrot vrugte is. Ek love jou siening.

    Melanie du Toit

    14 Mei 2007 at 16:41

  2. O, so terloops. Jy’s nou op my links..

    Melanie du Toit

    14 Mei 2007 at 16:42

  3. Die lewe is nie sonder probleme nie en ek sal nie die redende krag verwerp nie, net om my eie sin te kry. Ongelukig is daar “casulties” op elke gebied in die lewe en om Godsdiens daarvoor te blameer, sal dit geensins verander. Wat van al die oorwinnings en posetiewe dinge, wat daar is a.g.v. redende krag.
    As die dok jou nie kan help met jou kwaal, wat van die spesialis of die homopaat, maar moet nie die dok geen bestaansreg gun nie.
    Ek hou nou weer van een wat die onkruid in sy lewe probeer tot niet maak en die goeie vrug is sy lewe probeer kweek.

    Hans Matthysen

    14 Mei 2007 at 18:12

  4. Dankie, Melanie.

    Hans, ek aanvaar jy praat van reddende krag? Wie praat van “eie sin kry”? Op grond waarvan sou jy sê dit kom in my skrywe voor?

    Oor godsdiens: wat van al die negatiewe dinge?

    George Maru

    14 Mei 2007 at 22:14

  5. George, dit wil voorkom, dat ook foute kan maak (redende/reddende) en vertrou dat jy my daarvoor sal oordeel en verdoem nie.
    Die donker in ‘n ou se lewe, is maar gewoonlik ‘n eie sin, wat self beheer moet word. Die eie sin veroorsaak ook ‘n mens se lot in die lewe, wat nie altyd so aangenaam kan wees en wat teenoor ander moontlik skadelik kan wees.
    Die negatiewe dinge in godsdiens, is meeste al die foutiewe beoefening daarvan a.g.v. foutiewe interpretasie.

    Hans Matthysen

    15 Mei 2007 at 9:34


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: