riviersonderend

‘n Skeppingsverhaal

with 2 comments

Hoe is dit moontlik dat die wêreld kon ontstaan het, as God alomteenwoordig was?

In die begin het die alomteenwoordige Ein Sof (Die Oneindige) in ditself in gekrimp om plek te maak vir die wêreld. So begin die skepping met ‘n daad van goddelike genadeloosheid deurdat Ein Sof ‘n deel van ditself in ballingskap stuur. Die skeppingsproses gaan gepaard met rampe, ontploffings en algemene drama.

Ein Sof probeer om die leegheid wat dit geskep het, met goddelike lig te vul. Die geleiers van die lig was egter nie opgewasse daarvoor nie en het gebreek. Sommige deeltjies van die goddelike lig het teruggekeer na die godheid. Ander deeltjies het gevange gebly in die godlose skepping van Ein Sof.

Dit het rampspoedige gevolge vir die skeppingsproses ingehou. Dinge was op die verkeerde plekke. Nadat Adam geskep is, kon hy dit reggemaak het. Die ballingskap sou op die eerste Sabbat beëindig word. Maar Adam het gesondig. Gevolglik bly die goddelike ligdeeltjies vasgevang in materiële voorwerpe.

Die Shekinah dwaal nou nog op die aarde rond in ballingskap, terwyl dit smag om met die godheid herenig te word.

** Skeppingsverhaal van die Luriaanse Kaballah

Advertisements

Written by George Maru

10 Mei 2007 at 12:55

Posted in sommer net

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Jy lees die Bybel verkeerd, want Adam was nie “geskep” nie, hy was “gevormeer”. Daar is ‘n groot verskil, tussen “geskep” en “gevormeer”. Uit niks uit, “skep” jy iets en uit iets uit, “formeer” jy iets anders.

    Hans Matthysen

    20 Mei 2007 at 20:17

  2. Dit is ‘n storie Hans. Mense vertel stories om sin te gee aan hulle omstandighede.

    George Maru

    21 Mei 2007 at 8:24


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: