riviersonderend

Die week se nuus

with 4 comments

Moslemvrouens betaal tussen € 1,500 en € 3,000 om weer maagde te word. Hulle skryf dit toe aan familiedruk dat hulle maagde moet wees wanneer hulle trou.

Dagga is dalk toe nie so goed vir ‘n mens nie. Nuwe navorsing dui op ‘n verband tussen daggagebruik en psigose.

John Browne, uitvoerende hoof van BP, bedank ‘n paar maande voordat hy aftree, nadat sy verhouding met ‘n man aan die lig kom. Gay uitvoerende hoofde van globale maatskappye is steeds ‘n taboe onderwerp.

Wie het nou weer gesê gay mense kan nie goeie ouers wees nie? Plante met manlike en biseksuele blomme op dieselfde plant, is beter moeders as ander.

Kinderlose vroue is nie bevoeg om ‘n land te regeer nie. Hoekom nie? Vroue wat kies om nie kinders te hê nie, kan nie met mense konnekteer nie. Dit is die opinie van ‘n Australiese senator.

Written by George Maru

7 Mei 2007 at 8:46

Posted in nuus

Tagged with

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. soms vergeet ‘n mens die hele wêreld het nie filosofie gehad en literatuurteorie oor gender bestudeer nie. blugh.

    Johan Swarts

    7 Mei 2007 at 14:26

  2. Ag nee, ag nee, laat ons nou nie dink dis net Muslimvroue wat so ‘n hoe premie op ‘n vliesie plaas nie. Nie veel verder as ‘n klipgooi van my af, is ‘n gemeente met ‘n “gebedsbediening” vir tienerdogters met ‘n aan-vlarde-himen’kie. Jy hoef dus nie ‘n duisend of 3 dollar te betaal nie, hierdie gemeente doen dit sommer gratis vir jou. Jou geloof moet net sterk genoeg wees. Dis die crucial crux. Hoe sal ‘n ou beskadigde weefseltjie dan nou in die pad staan van die kragtige gebed van ‘n gelowige (met apologie aan Jakobus).

    Oppietrap

    7 Mei 2007 at 16:26

  3. SR: dankie vir die skakel. Sullivan se siening is interessant, alhoewel ek van hom verskil.
    Johan: het ‘n mens werklik filosofie & literatuurteorie nodig om sekere dinge uit te figure? Ek sou wou hoop vir ‘n bietjie common sense.
    Oppietrap: En tienerseuns? Watse gebedsbediening is daar vir hulle? Of is dit nou weer net die arme tienermeisies wat dit moet ontgeld?

    George Maru

    7 Mei 2007 at 21:23


Lewer kommentaar op Johan Swarts Kanselleer antwoord