riviersonderend

Huur ‘n hond

with 3 comments

Ek lees op Cherryflava van ‘n besigheid genaamd Flexpetz. Hulle verhuur honde aan mense wat nie kan/wil commit om self ‘n hond te kry nie. Jy kan dan ‘n hond vir ‘n paar uur of ‘n paar dae huur.

Gestel jy wil in die park gaan loop, dan kan jy die hond as ‘n chick-/guy-magnet gebruik. Vir watter ander redes sal ‘n mens ‘n hond wil huur?

Ek het nou nie eitlik tyd gehad om hieroor te dink nie, maar die idee maak my ongemaklik. Ek weet nie of dit baie regverdig teenoor die honde is nie.

Maar dan dink ek ook, dat dit dalk baie goed kan werk in sekere omstandighede (bv. ouetehuise, kinders in hospitale ens.) waar dit nie prakties is om honde aan te hou nie, maar waar honde tog mense se lewens ‘n bietjie kan ophelder. Al is dit net vir ‘n paar uur.

Behoort ‘n mens honde te kan huur? Waarvoor?

Advertisements

Written by George Maru

4 Mei 2007 at 12:15

Posted in nuus

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek dink dis ‘n baie goeie idee. Daar is ook baie honde wat nie huise het nie…Persoonlik is ek ‘n kat-mens. Op die oomblik het ek nie ‘n kat nie, maar mis dit baie. Ek sal dus “huur ‘n kat” ook ondersteun. Die hele idee is vir my positief.

    boerinballingskap

    4 Mei 2007 at 16:37

  2. Ek sou ook sE dit kan werk. Maar die huurders moet eers oordentlik ge’screen’ word. En besighede wat so ‘n diens wil bied ook.

    idiwidi

    6 Mei 2007 at 16:21

  3. Ek het ‘n “verhouding” met my hond. Hy is belangrike deel van die gesin. Ek kan my nie ‘n huurhond indink nie. Dit sal soos kinderhuiskinders wees wat goed versorg word en soms na “pleegouers” gaan, maar nooit “behoort” nie. Sad. Ek sal egter enige tyd by ‘n projek inskakel waar ek en my brakkie saam bietjie diere “cheer” kan uitdeel.

    Jo-Ann Schou

    7 Mei 2007 at 0:08


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: