riviersonderend

Maak dit saak hoe kinders grootword?

with 9 comments

Die sielkundige, Judith Rich Harris, beweer dat die invloed van ouers op kinders dalk heeltemal oorskat word. In die tydskrif, Prospect, skryf sy:

The surprising result had to do with the environment. Since genetic effects account for only about half of the differences among us, the other half has to be the result of environmental effects, right? Well, that was the assumption. But researchers still haven’t been able to pin down which aspects of the environment are important. All they’ve been able to determine is which aspects of the environment are not important. The aspects of the environment that don’t seem to matter are all those that are shared by all the children who grow up in a given family—which includes most of the things the word “home” makes you think of. Whether the home is headed by one parent or two, whether the parents are happily married or constantly rowing, whether they believe in pushing their children to succeed or leaving them to find their own way in life, whether the home is filled with books or sports equipment, whether it is orderly or messy, a city flat or a farmhouse—the research shows, counterintuitively, that none of these things makes much difference. The child who grows up in the orderly, well-run home is, on average, no more conscientious as an adult than the one who grows up in the messy one. Or rather, he or she will be more conscientious only to the extent that this characteristic is inherited.

These surprising results were what led me to propose, in The Nurture Assumption (1998) and again in my new book No Two Alike, that the important aspects of the child’s environment are outside the home. This made no sense to most parents, and it will make no sense to most viewers of Child of Our Time, because anyone can see that children’s experiences at home do have visible effects on them. The child whose mother is a poor and inconsistent disciplinarian is disobedient. The child whose father is about to undergo major surgery is anxious and clingy.

But wait. One of the subjects of Child of Our Time is a boy named James, whose mother is a poor disciplinarian. As we would expect, he is a problem child at home. At school, however, Winston informs us, “James is a very different boy.” According to his teacher, James’s behaviour in school is quite acceptable, “on a par with the rest of the class.”  (my beklemtoning)

Advertisements

Written by George Maru

3 Mei 2007 at 14:36

Posted in nuus, sielkunde

Tagged with

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Mag alles waar wees, maar ek kom agter dat hoe ouer ek word hoe meer is ek besig om in my pa te verander. Scary!

    Peet

    3 Mei 2007 at 19:35

  2. Ek sou graag die studie(s) wil sien waarop sy dit baseer. Soos sy impliseer in haar artikel is dit moer moeilik om nurture en nature uitmekaar uit te haal. Selfs met die truuks waar sy oor praat het ek nog my twyfels oor die kwaliteit van die resultate. Daar is soveel confounding factors, en dis ook nogal moeilik om genoeg proefpersone oor ‘n lang genoeg tyd te kan volg.

    Charl P. Botha

    3 Mei 2007 at 20:25

  3. peet – ek kom dit ook agter. maar in dieselfde asem kom ek ook agter hoe baie my pa soos ek word. taalgebruik, gestures, denkraamwerke – hy het ‘n groot deel van myne gemaak, maar in die skamele klompie jar e wat ek maar hier is, het ek syne ook help maak.

    Johan Swarts

    3 Mei 2007 at 22:50

  4. Baie interessante artikel.
    Gene speel baie beslis ‘n baie groot rol, soos ‘n kind se ervaring by sy huis ook. En ja, hulle kan dalk op een manier optree by die huis en anders tussen vriende, maar dis ook maar net die helfte van die storie.
    ‘n Geskeide identiese tweeling met dieselfde gene, waar een by sy huis mishandel word en die ander by sy huis nie, gaan ten spyte van hulle gene tog verskillende uitkyke op die lewe ontwikkel.

    Die groot issue vir my is dat mense en die taak om kinders groot te maak so kompleks is, dat die hele oefening waardeur sielkundiges hulleself sit van bitter min praktiese waarde is. Daar sal altyd uitsonderings op die reel wees, en voor jy enige van hulle ewigdurend veranderende teoriee gaan kan verstaan gaan jy ook eers jou graad moet kry en teen daai tyd het hulle al weer hulle mind gechange…. en is jou kind groot en het jy nie meer nodig om te worry nie.
    Kids grootmaak is nie so moeilik nie, mens leer vinnig, pas aan en guarenteed…. op die einde van die dag soek kinders dalk net liefde en leiding en nog so paar goed… hul gene en instink sal sorg vir die res, en doen normaalweg. Ek glo nie enige in-diepte artikels is die moeite werd om op jou kind uit te toets nie. Hulle doen almal actually heel okay sonder die ontleding.

    Da Mario

    4 Mei 2007 at 8:23

  5. Johan – ja, stem saam…dis defnitief andersom ook waar.

    Peet

    4 Mei 2007 at 10:10

  6. Da Mario – oor kids grootmaak: vir my is dit belangrik dat kinders mense in eie reg is…hulle hoef nie op ‘n bepaalde manier “hanteer” te word om hulle in een of ander gewenste ideale staat te verander nie. Hulle moet die reg gegun word om te wees wie hulle is…’n persoon met ‘n eie, unieke bestaansreg wat nie “gevorm” hoef te word nie. Die guru Osho praat baie hieroor.

    Peet

    4 Mei 2007 at 10:17

  7. Ek dink dis maar ‘n 50/50: 50% die ouers se invloed (wat genitika insluit) en 50% ander omgewingsinvloede. Op die einde van die dag is dit anyway ‘n baie groter gamble as dit, vermoed ek. Soos Coenie de Villiers gesing het, “Jou lewe se loop word bepaal deur hoe die dobbelsteen lE.”

    Die post van jou sluit aan baie nou aan by iets waaroor ek die afgelope tyd oor dink: Om kinders aan te neem of om NIE kinders aan te neem nie. Ek hou nie van die idee van kinders aanneem nie omdat ek geen invloed op hul stimulli (omgewing) gehad het tot die dag wat daardie kind by my aankom nie. Mense wat slimmer as ek is beweer dat ‘n menslike fetus op vier weke al begin geheue ontwikkel en “record”… en ek wil ‘n mate van beheer daaroor hE, omdat ek van die mense wat slimmer as ek is verstaan dat dit BITTER deurslaggewend in ‘n mens se lewe raak…

    Nico

    4 Mei 2007 at 10:29

  8. Sjoe Peet – ek stem saam kinders moet die reg gegun word om ‘n persoon met ‘n eie unieke bestaansreg te wees en nie kinders in bepaalde boksies te probeer in pas waarvoor hulle nie gemaak is nie. Ek is egter van mening dat kinders “boundaries” nodig het om veilig te voel. Grense laat kinders veilig voel en stel hulle in staat om hulle volle potensiaal te bereik. Wanneer ons “boundaries” stel waarbinne ons kinders veilig voel en tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel “vorm” ons, ons kinders. Dit is tog immers ‘n ouer se taak om sy kind te ondersteun om sy volle potensiaal te bereik. ‘n Ouer se taak is om sy kind te leer en deur leer “vorm” jy jou kind. As jy dit in LIEFDE doen sal jy nie verwag jou kind moet in “‘n ideale staat” verander nie. Sweeny(1997:103) stel dit so: “A relationship without boundaries is not a relationsip, rather it is an unstructured attempt at connection that cannot be made because the people have no specific rules for engagement. A world without limits is not a safe world and children do not grow where they do not feel safe.”

    Pro-grense

    5 Mei 2007 at 23:42

  9. Ja, ek stem saam met alles wat julle se.

    Ek is my kinders se beste maat, eks daar vir hulle al werk ek. Hulle kan met my praat oor als. Dit is vir my baie belangrik wat in hulle lewe aan gaan, wat vir hulle belangrik is op die oomblik …

    Maar hulle word geleer tussen reg en verkeerd, weet wat hul mag doen en nie. En as daar n n glupsie opduik bespreek ons dit saam sodat hulle kan verstaan waar die fout in gekruip het.

    Marlene

    12 September 2008 at 9:27


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: