riviersonderend

Wat sou jy dit noem?

with 10 comments

Hieronder is ‘n foto van Michelangelo se Pieta. Dit is seker een van sy bekendste kunswerke. As jy die beeld ‘n titel kon gee, wat sou jy dit genoem het?pieta.jpg

Advertisements

Written by George Maru

1 Mei 2007 at 10:05

Posted in kuns

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. “dronk couple wat vir 2 jaar nie gebad het nie”

    Johan Swarts

    1 Mei 2007 at 11:59

  2. Johan, jy is duidelik nie bang vir ekskommunikasie nie?

    George Maru

    2 Mei 2007 at 8:27

  3. “Die Man wat uit die Hemel op Moeder Maria neergedaal het.”

    Nico

    2 Mei 2007 at 12:59

  4. ‘n Mens moet van iets besete of deur iets ingevaar wees om ‘n klip so sag te kan laat lyk. Ek kan hoegenaamd nie dink aan ‘n naam nie – kyk hoe fantasties is daardie frommels en die kepie langs die knie. Ek wil daaraan vat!

    idiwidi

    2 Mei 2007 at 14:01

  5. nie juis nie, nee

    Johan Swarts

    2 Mei 2007 at 15:29

  6. (1) Jesus lost.
    (2) ‘n Moeder se liefde.
    (3) Sacrifice.

    Dis opvallend hoe jonk Maria uitgebeeld word is dit nie? Sy lyk jonger as Jesus self. En wat ‘n werklik besonderse kunswerk. Stunning.

    Da Mario

    3 Mei 2007 at 11:08

  7. [adem diep]

    ek sou reken dis omdat maria vir die doel van die godsdiens nie maria is nie, maar die amper karikatuuragtige, smetlose jong maagd. sommige mense sal kwaad raak as ‘n mens vir hulle noem dat sy gemenstrueer en geurineer het, vervel het, plooie gekry het, oud geraak het, probably vir Josef ‘n paar keer gevoeter het tydens PMS, dalk, kom ons raai, 189 keer in haar lewe haar toon gestamp het, 6 keelinfeksies gekry het (of sou ‘n mens destyds daarvan sterf?), en in die laaste stadia van haar lewe soos ‘n rimpel gelyk het. en toe soos ‘n lyk.

    maar die godsdiens hou haar jonk. niemand wil ooit na my luister as ek dit vir hulle sê nie, maar ek gaan in elk geval probeer: gaan lees gerus Jean Baudrillard se epogmakende werk Simulacra and Simulation. dit sal mooi uitwys hoe verskeie van die dinge wat jy glo oor nagenoeg enigiets in elk geval skynwerklikhede is. (al verwys hy spesifiek na ‘n postmoderne samelewing en die opkoms van die televisie is die idee van toepassing op nagenoeg alles wat bestaan).

    skynwerklikhede soos die langhaar jesus met die wit vel.

    [exhale]

    Johan Swarts

    3 Mei 2007 at 12:00

  8. Johan, ek dink dis presies hoekom Michelangelo haar so jonk uitgebeeld het, waarskynlik in opdrag van die persoon wat die beeld commission het??
    Dink jy dat so iets actually afbreek doen aan die kunswerk self? Ek is nie oortuig daarvan nie… Maria hoef tog sekerlik nie uitgebeeld te word soos sy waarskynlik sou gelyk het om die kunswerk meer treffend te maak nie of hoe?

    O ja, PMS is ‘n moderne verskynsel wat saam met Womens-Lib sy verskyning gemaak het. Maar dis ‘n ander onderwerp in totaliteit.

    Da Mario

    4 Mei 2007 at 7:49

  9. idiwidi: ek kan maar net nie dink hoedat iemand dít in ‘n stuk klip kan sien nie.
    Da Mario: ek hou van (1) en (3). Dit lei tot nuwe vrae: watter opoffering? Wie se opoffering.
    Johan: die mense van die Middeleeue het alles gesien binne hulle eie konteks. Kyk maar na al die religieuese kuns van daardie tyd. Tot die antieke mens se kleredrag is middeleeus. Dit wys maar net hoe onbewus ons van die verlede en ons wêreld is.

    George Maru

    4 Mei 2007 at 12:23

  10. Da Mario – geensins. Ek is nie bemoeid met die betekenis van die kunswerk nie. Ek reageer maar net op jou opmerking dat die vrou in die beeld jonk lyk 😉

    Johan Swarts

    4 Mei 2007 at 20:30


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: