riviersonderend

Die week se nuus

with 4 comments

‘n Paar stories wat die afgelope sewe dae in die nuus was:

Jesus staan uit sy Joodse graf op: After two thousand years in a dark corner it seems that Jesus is making something of a comeback in the Jewish world. Not in a Christian, proselytizing “Jews for Jesus” manner, but as a historical figure, decidedly unchristian, who needs to be reassessed as a player in the Jewish tradition. In recent years the job of reclaiming Jesus has gone on in both low and high culture.

Wat maak jy as jou naam Randall Tobias is en jy is George Bush se “VIGS-tsaar”? Natuurlik vertel jy vir mense hulle moet verkieslik nie seks hê as hulle nie getroud is nie. Dit is nie wat Jesus wil hê nie. So hoekom is hy in die nuus? Hy het nét ‘n paar masserings gehad. Hy glo mos nie in kondome nie, sien.

Wat doen dominee Praveen Bunyan as hy nie gays veroordeel vir hulle perversiteite nie en sy Anglikaanse kerk onder die Ugandese kerk se toesig plaas? Hy bedank oor “inappropriate conduct” met ‘n vrou in sy kerk. Was seks betrokke? Seker nie.

Bly jy in Iran? Wel, dan is Westerse haarstyle uit. Mans mag ook nie met hulle wenkbroue lol nie. Blykbaar is metroseksualiteit onislamities. Dit is jammer. President Ahmadinejad kan doen met ‘n extreme makeover.

In Istanboel, Turkye, betoog honderde duisende mense vir ‘n sekulêre republiek. Die land se moontlike volgende president is blykbaar te Islamities.

Advertisements

Written by George Maru

30 April 2007 at 18:45

Posted in nuus

Tagged with

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. ..en moenie vergeet van Ted Haggart nie…homoseksualiteit is sonde…o gits en daar word hy toe uitgevang met ‘n man innie bed en sommer dwelms op die koop toe!!

    Sjym!!

    amanda

    1 Mei 2007 at 6:53

  2. Maar het Ted nie ook nét vir ‘n “massering” of twee gegaan nie?

    George Maru

    1 Mei 2007 at 7:52

  3. “net”

    Johan Swarts

    2 Mei 2007 at 7:33

  4. Vandag se nuus is eintlik “ou nuus” … dit was al 2593jaar gelede in die nuus… op die Koerant se voorblad… wat verskyn het op die 5de van die 10de maand van 587V.C.

    (Eze 33:21) En in die twaalfde jaar van ons ballingskap, in die tiende maand op die vyfde van die maand, het ‘n vlugteling uit Jerusalem na my gekom met die woorde: Die stad is ingeneem!

    Nadat dit by ‘n vorige geleentheid voorblad nuus was… en Jeremia asvolg berig het..

    (Jer 13:27) Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?

    en toe ongeveer 680jaar later… ongeveer.. 94-96 AD

    (Rev 17:1) En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,

    (Rev 17:2) met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.

    Vandag is Jerusalem… (in gelykenistaal … die kerke en kerkstrukture) weer ingeneem…! en lyk dit “binne” Jerusalem… soos in Balilon (daar buite)…. Jerusalem het Babilon geword… en die ergste wag nog….!

    Veral soos ons die einde van tyd sien naderkom… alles in die Skrif wysheen na die jaar 2011…?

    Lees die Koerant waarvan die nuus “vars” bly… die Bybel, die Bybel, die Bybel.

    johannes_11

    2 Mei 2007 at 10:12


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: