riviersonderend

‘n Bietjie bog

with 9 comments

Na aanleiding van Johan se 5 dinge, hier is 5 dinge oor my in geen noemenswaardige volgorde nie:

1. Ek besit ‘n paar crocs en ek is nie bang om hulle te dra nie. Ek het ook ‘n paar grys velskoene wat ek op versoek dra.

2. Ek het vir 30 jaar met ‘n melktand in my mond rondgeloop. Die muis skuld my nog.

3. Ek wil nog eendag die Aurora Borealis in Alaska sien.

4. The Motorcycle Diaries is een van my gunstelingflieks van die afgelope paar jaar vir drie redes.

5. Ek gee nie om as ek natreën nie, selfs al kla ek daaroor.

Advertisements

Written by George Maru

25 April 2007 at 6:22

Posted in sommer net

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Watter drie redes sou dit wees? Adam dreig nog om daai film te sien.

    Adam

    25 April 2007 at 10:04

  2. Adam, ek dink dit sou die 5 dinge opgejaag het na 8. Hehehe 😀

    Da Mario

    25 April 2007 at 10:26

  3. Mario, jy is reg 🙂

    Adam:
    1. Die scenery.
    2. Die Scenery.
    3. Die storie.

    George Maru

    25 April 2007 at 13:15

  4. Gael Garcia Bernal is hot stuff in daai fliek!!! Meer as in Bad Education (wat ook ‘n uitstekende film is).

    idiwidi

    25 April 2007 at 15:25

  5. Die helfte van Motorcycle Diaries deurgeslaap….
    (Maar mind you, so ook die eerste keer toe ek Frida Kahlo gekyk het. En met die tweede kyk besluit FK is ‘n TREFFER!) Sal MD dalk weer kyk. As ek nie vaak is nie

    oppietrap

    25 April 2007 at 16:14

  6. oppietrap, ek gaan my van kommentaar op jou slaapgewoontes weerhou. Kyk die moewie!

    idiwidi, jy is nie net ‘n formidabele praise singer nie, maar ook ‘n vrou met meta-artistieke inSIG.

    George Maru

    25 April 2007 at 17:12

  7. Broer, op my ouderdom omhels ‘n mens Morfeus die oomblik as hy besluit om by jou in te kruip

    Anoniem

    25 April 2007 at 17:21

  8. Sorry, tegnologie bietjie voor my! Ek haat dit as mense vir my “anonymous”-goedjies aanstuur. Dis die vrou op die trap.

    Oppietrap

    25 April 2007 at 17:23

  9. Haai, bestaan die tandmuis regtig?

    Johan Swarts

    25 April 2007 at 19:01


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: