riviersonderend

Kognitiewe dissonansie

leave a comment »

Ek is vandag lus om groot woorde te gebruik, soos kognitiewe dissonansie. Wat is dit? Dit is ‘n siekte en almal het dit. Is daar ‘n geneesmiddel? Ek weet nie. Vertel my.

Die sielkundige Leon Festinger het met die teorie vorendag gekom. In kort beteken dit dat jy ‘n teenstrydigheid in jouself ervaar, en dit probeer oplos, byvoorbeeld: jy rook en het tot die konklusie gekom dat dit jou gesondheid nadelig beïnvloed. Aangesien mense nie iets doelbewus wil doen wat vir hulle nadelig is nie, sal ‘n persoon of ophou, of aanhou en dan die besluit probeer rasionaliseer.

As deel van sy navorsing, het Festinger ‘n Messiaanse groep gevolg wat beweer het die aarde gaan 21 Desember 1955 vernietig word deur ‘n groot vloed. VVV’s sou gekom het om die uitverkore groep op te pik in die middel van Amerika. Festinger het gesê as die einde van die wêreld nie op daardie dag aanbreek nie, gaan die uitverkorenes kognitiewe dissonansie ervaar.

Volgens Festinger, het hulle drie opsies gehad om daarvan ontslae te raak: 1) Erken hulle was verkeerd en dat hulle geloof in die VVV’s ‘n klomp bollie was, 2) Ontken dat die wêreld nie verwoes is nie – m.a.w. die profesie het waar geword, 3) Verander die betekenis van die bewyse om die geloofsisteem in stand te hou.

Ek hoef seker nie te vertel wat 21 Desember 1955 gebeur het nie, want julle is nog almal hier. Hoe het die Messiaanse groep die wêreld se voortbestaan verklaar? Hulle het vir opsie 3 gekies. As gevolg van die Messiaanse groep se vroomheid, is die aarde gespaar. (Nou weet julle wie om te bedank.)

Dit laat my wonder: hoe gereeld bullshit ons nie onsself nie? Dikwels kies ons om teenstrydighede binne ons verstaansraamwerk op te los. Wat as die probleem in daardie verstaansraamwerk verskuil is? Is enigiemand ooit bereid om die fondasie te bevraagteken?

Advertisements

Written by George Maru

23 April 2007 at 8:43

Posted in sielkunde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: