riviersonderend

Ikone

with 6 comments

Ek het baie gehou van Oppietrap se idee met ikone gister, en besluit dat ek vandag ook ‘n paar ikone wil plaas. Ek het so ‘n ruk terug hier ‘n foto geplaas wat my geweldig geraak het, toe ek dit die eerste keer gesien het.

Hier is nog ‘n paar.

namthumb.jpg

***

womanthumb.jpg

***

boythumb1.jpg

***

ovahimba.jpg

Advertisements

Written by George Maru

21 April 2007 at 7:14

Posted in spiritualiteit

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Soos vir menige oningewyde, rasioneel-verslaafde, Gereformeerde (ten minste in my ouderdomskategorie) was ikone vir jare/dekades totaal onbekend. Ek het as student in ikonografie meer geweet van prentjies van die Egiptenare en die Mesopotamiers as wat ek van “prentjies” in eietydse kloosters-en-kie geweet het. Lg was iets om voor bang te wees (dis “Rooms”), terwyl eg. darem antiek was. En so, met die blootstelling (veral danksy die “soft landing” van Henry Nouwen se “Praying by Icons”) het ‘n nuwe wereld oopgegaan. Daar is min “outentieke” ikonograwe in Suid-Afrika – of laat ek dit nederiger stel: waarvan ek weet. Iets wat ek nog wil uitfigure, is of enige-iets as ‘n ikoon sal deurgaan, al dan nie? Is dit bloot “in the eye of the beholder” wat dit bepaal. Is daar ‘n gedeelde simbool wat moet uitstaan wanneer verskillende mense daarna kyk. Wat maak ‘n ikoon ‘n ikoon? En wanneer is dit bloot ‘n “mooi prentjie”?

    oppietrap

    23 April 2007 at 12:40

  2. Sjoe, ek het nog nie so baie daaroor gedink nie. Histories gesproke het ikone dikwels binne die religieuse sfeer voorgekom. Ek sou sê dat ikone iets verteenwoordig wat deur simbole uitgebeeld word. Daar is vir my ‘n bepaalde spirituele aspek daaraan verbonde.

    In hoe ‘n mate kan ‘n mens ikone en die skep daarvan vergelyk met die Boeddhistiese mandalas? Dalk is daar ‘n meditatiewe aspek in die skep en bewondering van beide? Maar is dit nie maar wat kuns ook is nie?

    Dalk gaan dit oor die konteks? Sodra die konteks waarin jy “nuwe” ikone aanbied, heeltemal verwyderd van die tradisionele is, kan jy seker nie meer praat van ikonografie nie. In so ‘n geval, soo dan hierbo, is dit net prentjies. Dalk moet daar ‘n raakpunt met die tradisionele kunsvorm wees, bv. as jy een van die gesigte hierbo neem en dit dalk op plank sit met ‘n stralekrans van goue foelie? 🙂 Bied dit anders aan, en wie weet?

    In elk geval, dankie, jy gee my iets om te oordink.

    George Maru

    23 April 2007 at 17:54

  3. Dis maar soos metafore ook. Jy kan nog God ‘n “Au Pair” noem … want dit pas by “God die Herder”. Maar wee o wee as jy God ‘n moeder noem, want dan raak jy ‘n “ikoniese” metafoor aan (God as Vader). Die ikoniese metafoor word straks ‘n ideologie. ‘n Afgod. Dis hoekom vernuwing van ikone en metafore so nodig is. Dit konfronteer ons met die skep ook van ons eie afgode. Maar terselfdertyd so moeilik.
    “My” ikoon wat ek gekies het van die ouma wat haar moee kleinseun abba is nog “veilig”, want mense kan iets van God as versorger daarin raaklees. Maar noem God nou net ‘n Ouma…

    oppietrap

    23 April 2007 at 18:59

  4. ‘n Mens moet seker vra in watter mate jy jouself moet steur aan ander mense ideologieë. As jy dit nie uitdaag nie, gaan dit nie verander nie.

    Ek sal uit blote nuuskierigheid wil weet wat is mense se probleem met die metafoor van God as ‘n ouma.

    George Maru

    24 April 2007 at 8:29

  5. Sally McFague skryf in Metaphorical Theology dat metafore (en ikone seker ook … synde dit eintlik die onderwerp ter tafel is…) baie versigtig gekies moet word, omdat ‘n goeie metafoor nooit verduideliking moet benodig nie. Ek het eenmaal, publicly, die fout gemaak om bietjie te ver met metaforiese beskrywings van God te gaan, en boy-oh-boy, ek het die einde daarvan nooit gehoor nie. In hindsight besef ek die kritiek was regverdig: as ‘n metafoor te kreatief, is en dit nie begeleidend is tot ‘n spesifieke en GEDEELDE verstaan nie, mis die metafoor die punt. En so ook die ikoon.
    Terloops, ek het gister bietjie op Google rondgesoek na (Suid-)Afrikaanse kunsternaars wat ikone maak, en kon nie regtig goeies teekom nie. (En nou sluit ek Marius Louwrens uit as ‘n religieuse kunstenaar). Die meeste goed was maar bra corny. Ek sal een of ander tyd my eie poging skilder en op my blog sit. Vir kommentaar. (Maar dis “een of ander tyd” … nou probeer ek net eers ‘n D klaarkry).

    oppietrap

    24 April 2007 at 11:43

  6. Ek dink nie ‘n gedeelde verstaan is ooit volkome binne ons bereik nie. Ek weet ook nie of dit wenslik is nie. Omstrede metafore is noodsaaklik. Hoe gaan ons anders vordering maak?

    Sterkte met die D. Ek verstaan amper (as ‘n mens ‘n M & ‘n D hoegenaamd in dieselfde paragraaf kan noem). 🙂

    George Maru

    25 April 2007 at 14:47


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: