riviersonderend

Teenstrydigheid

with 7 comments

Die afgelope paar dae het ek bewus geword van ‘n teenstrydigheid in my denke. Ek beskou myself as redelik liberaal oor ‘n verskeidenheid kwessies. So glo ek dat verskeie potensiële skadelike invloede op die samelewing (bv. alkohol, pornografie, dwelms) nie verbied moet word nie.

Eerstens omdat dit nie moontlik is nie, en selfs nie nodig is nie, in ‘n volwasse samelewing. Daarom moet dit eerder behoorlik gereguleer word.

Tweedens, dink ek dat dit belangrik is om ‘n samelewing nie van sy verantwoordelikhede te ontneem en soos kinders te behandel nie. Dit is meer skadelik as wat iets soos alkohol kan wees. Vaclav Havel het gesê dat ‘n mens eers volwasse raak as hy/sy verantwoordelikheid neem. Dit help om identiteit te vorm.

Tog redeneer ek nie dieselfde oor vuurwapens nie. Ek sal gemaklik redeneer dat vuurwapens uit die samelewing verwyder moet word, en dat mense net in uitsonderlike gevalle vuurwapens mag besit.

Interessant.

Advertisements

Written by George Maru

19 April 2007 at 8:51

Posted in sommer net

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Het jy al ooit gedink dat wanneer mense regtig volwasse is, dit nie nodig behoort te wees om mense te regeer nie? Ek is seker naief om so te dink en ‘n idealis, maar as die kern van die mens net kan regkom sal my siening seker ook geldig kan word. Dan sal mens nie probleme he met euwels soos dwelms, pornografie, moord en doodslag en sommer net al die sosiale euwels wat die wereld so teister nie.

    Terloops, hier is vir jou ‘n stelling as ‘n klip in die bos:

    Politiek is ‘n direkte voortvloeisel van religion en mense se verskillende interpretasies daarvan.

    Nico

    19 April 2007 at 12:00

  2. O, en oor vuurwapens: “If guns are outlawed, only outlaws will have guns.” – Een of ander Amerikaanse Senator, beslis nie Bush of Cheney nie!

    Nico

    19 April 2007 at 14:11

  3. George, ek stem heelhartig met jou saam oor beide kwessies, en vind dit nie teenstrydig nie – dwelms, alkohol, pornografie, ens. is slegs skadelik vir die persoon wat dit gebruik (dis nou in die ideale geval dat dit behoorlik gereguleer word en slegs beskikbaar is vir die wat dit wil he). Vuurwapens, aan die ander kant, is ontwerp om iemand anders skade aan te doen, en dus, deur die besit daarvan toe te laat, sal ‘n onverantwoordelike persoon nie net homself nie, maar ander ook skade aandoen.

    sparrows

    19 April 2007 at 16:54

  4. sparrows, ek meen dat jou opinie ietwat ondeurdag is. Wat van mense wat ander mense leed aandoen as direkte gevolg van alkohol- en dwelmgebruik soos bv. tydens dronk bestuur? ‘n Motor word eintlik ook maar ‘n wapen in die hande van iemand wat dronk is.

    Peet

    19 April 2007 at 18:59

  5. Nico: “Politiek is ‘n direkte voortvloeisel van religion en mense se verskillende interpretasies daarvan.”

    Ek sou verder teruggaan. Godsdiens is ‘n soort politiek. Politiek is ‘n direkte gevolg van groepvorming. Politiek is noodsaaklik om die voortbestaan van die groep te verseker.

    George Maru

    20 April 2007 at 9:29

  6. Maklik die helfte van die sekswerkers in Kaapstad is vir alle praktiese doeleindes seksslawe. Hulle het geen beheer oor hul lot nie, sien slegs ‘n klein deel van die geld wat hulle verdien en word met fisieke geweld gedreig indien hulle hul pimp wil verlaat. As daar geen strafregtelike implikasies vir prostitusie is nie, kan mens nie optree teen die mense wat hierdie bedryf aan die gang hou nie. Die beste manier om so ‘n euwel te takel is om die vraag uit te roei – dws om die gebruik van prostitusie onwettig te maak.

    Salige Rus

    20 April 2007 at 11:35

  7. SR: Nee. Ek kan glad nie met jou saamstem nie. Die beste ding wat kan gebeur is om prostitute onder die beskerming van die wet in te bring. Hoe gaan jy die vraag uitroei? Prostitusie kom orals voor, selfs in lande waar dit onwettig is.

    George Maru

    20 April 2007 at 13:53


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: