riviersonderend

Vrouens werk nie harder as mans nie

with 11 comments

Daar is ‘n wanopvatting wat veral deur vrouens versprei word, dat vrouens harder as mans werk. Tog is dit nie waar nie. Mans werk net so hard as vrouens: 7.9 ure per dag.

Ek weet dat heelwat vrouens met my sal verskil. Maar wat kan ek doen? Ek is net die boodskapper. Dit is wetenskaplik bewys. Hoe kan ek dan met die feite stry?

Everyone from economists and sociologists to Oprah knows that women work more than men. Their longer combined hours, at the home and at the office, stop men from taking afternoon naps on the couch and cause fights that end with men spending nights on the couch. And yet according to new study, those longer hours are a myth, because it’s just not true that women carry a heavier load.

Ek is dankbaar vir die wetenskap. Dit verwoes ouvroustories en leer ons die ware feite. Vrouens wat kla oor skottelgoedwas, het werklik nie ‘n rede nie. Ek weet nou ook dat ek nie in lande soos Noorweë, Swede en Nederland wil bly nie. Daar werk mans harder as vrouens.

Frankryk en Italië is natuurlik ‘n ander saak. In Italië werk vrouens 8 ure ‘n dag en mans net 6.5 ure. (Hoe doen hulle dit!?) Dit laat my nou wonder hoekom baie vrouens die twee lande so romantiseer – Franse sjarme en Italiaanse passie. Is dit nie dalk omdat hulle heimlik harder wíl werk nie, maar te bang is om dit te sê? Dalk weet hulle self nie wat hulle wil hê nie?

Ek dink ek moet na Provence en Toskane gaan om antwoorde te soek. Ter wille van alle vrouens se geluk.

Advertisements

Written by George Maru

18 April 2007 at 8:33

Posted in sommer net

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Amen. Let the Battle of the Sexes commence…

    Nico

    18 April 2007 at 8:57

  2. My raaiskoot is dat jy of ongetroud of baie braaf is. Ek kan aan geen ander omstandighede dink waaronder mens sulke onverantwoordelike dinge sal kwytraak nie. Dit kan lewensbedreigend wees.

    Peet

    18 April 2007 at 12:15

  3. George, dis waarskynlik waar. Maar dit bly ‘n veralgemening.

    Carien

    18 April 2007 at 12:20

  4. Ek haal uit dieselfde artikel aan:

    “While in the United States, which has a per capita GNP of roughly $33,000, there is no difference between the amount of male and female work, in Benin, Madagascar, and South Africa, which have a per capita income of less than $10,000, women work one to two hours more per day than men.”

    Ek is egter nie juis gepla oor die hoeveelheid ure wat mans en vroue elke dag swoeg nie, dis die ongelykheid in vergoeding vir daardie ure wat my dwars in die krop steek.

    (Wie ken ‘n paar syfers om diE een te staaf?)

    idiwidi

    18 April 2007 at 12:58

  5. George, jy hou so van stir! Hoop nie jy trek aan die kortste ent nie! Pasop vir die Wit Draak se Wraak…

    boerinballingskap

    18 April 2007 at 14:26

  6. Ek sal praat oor politiek en godsdiens, maar uit hierdie debat hou ek my uit!

    boerinballingskap

    18 April 2007 at 14:27

  7. sluit daai stats prostitusie in?

    Johan Swarts

    19 April 2007 at 0:32

  8. Prostitusie behoort as dubbel-ure ingereken te word – ek kan nie dink aan enige harder werk nie.

    idiwidi

    19 April 2007 at 3:24

  9. Ek ook nie. En weet jy hoe gevaarlik is dit soms? Om te ontklee by die pole kan jou frostbite gee…

    Johan Swarts

    19 April 2007 at 11:01

  10. Veral dan as jy ‘n manlike prostituut by die pole is, sal die ysbeergrappie geld en jou beroep vroeEr eerder as later in die wiele ry.

    idiwidi

    19 April 2007 at 15:31

  11. Nuwe uitvindings om die lewe makliker te maak, is meesal deur mans geskep, want mans wil nie so hard werk nie. Erken dus dat vrouens harder werk as mans en mans harder dink as vrouens. Ons is maar so geskape, om ‘n verskillende rol te vervul, in die samelewing.

    Hans Matthysen

    18 Mei 2007 at 21:23


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: