riviersonderend

Oor dating en opgestopte diere

with 6 comments

Ek lees in Sondag se New York Times bylaag van die Sunday Times oor dating. Dit is nou mos lente in Amerika en blykbaar beteken dit dat restaurante vol raak van mense wat niksseggende ditjies en datjies in mekaar se ore fluister.

Alles goed en wel.

As die date suksesvol was, beteken dit dat daar nog sal wees wat daartoe sal lei dat die verliefdes mekaar se tuistes sal leer ken. Dit kan glo probleme skep. Die artikel het ‘n foto van ‘n ene Bob Strauss waar hy met ‘n opgestopte babarob, ‘n familie-erfstuk, poseer. Dit word strategies uitgestal saam met sy Legoversameling.

Blykbaar sit dit nie in elke vrou se roksoom om waardering vir die gesig te hê nie. Maar Strauss is heel filosofies hieroor: “It’s provocative. I don’t want to blandify my apartment to make myself generically acceptable.”

Die Suid-Afrikaanse ekwivalent is seker die volstruispoot-asbakkies, olifantpoot-koffietafels (hoewel dit seker deesdae onwettig is) of ‘n opgestopte Bambi.

Dit het my laat wonder watter artefakte in die huis mense heel onseremonieël na die kas verban as iemand(e) kom kuier wat beïndruk moet word? Dit is tyd om te bieg.

In hoe ‘n mate is dit waar dat ons probeer om onsself generies aanvaarbaar te maak vir mense? Wat verloor ‘n mens in die proses?

Advertisements

Written by George Maru

17 April 2007 at 7:13

Posted in sommer net

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek steek altyd my ingesmokkelde droë vrugte en liquorice weg, maar dis net omdat ek nie wil deel nie (sies man!).

    idiwidi

    17 April 2007 at 12:01

  2. My Dawkins en Harris boeke!

    BWB

    17 April 2007 at 14:08

  3. Ek steek my Stormers-pet weg…

    boerinballingskap

    17 April 2007 at 15:14

  4. Gay literatuur…

    Adam

    17 April 2007 at 15:51

  5. Ek is te lui om iets weg te steek, maar begin gewoonlik die vertrek opruim as iemand inloer.

    Johan Swarts

    17 April 2007 at 16:28

  6. Dankie, ek leer vandag iets. Ek het nou net besef dat ek in die vervolg as ek by vriende gaan kuier, orals gaan snuffel. Gits, mens het g’n idee wat hulle alles dalk vir jou mag wegsteek nie! Veral as hulle die idiwidi-tipe is, kan dit nogals die moeite werd wees.

    Ek sal soos Scot Scott begin voel: stop die horlosie!

    George Maru

    17 April 2007 at 19:54


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: