riviersonderend

Jy bly my kind

with one comment

Ek het onlangs die boek Jy bly my kind, deur Lidia Theron gelees. Hierin vertel sy die aangrypende verhaal van die moeilike pad wat sy gestap het om haar gay dogter onvoorwaardelik te aanvaar. Later sal ek meer van my indrukke wil gee, maar vir eers volstaan ek met die volgende uittreksel:

Die feit dat die NG Kerk besluit het om ‘n meer simpatieke houding teenoor gay mense in te neem, maak nie die seer ongedaan wat aan enkelinge toegedien is nie. Die oordeel en vergruising kan nie met een so ‘n aankondiging van ons-is-jammer-alles-is-nou-weer-reg uitgevee word nie. Wat van die vrou wat Nagmaal geweier en onder sensuur geplaas sou word as sy nie haar lesbiese verhouding beëindig nie? Gaan die gemeente wat daarvoor verantwoordelik was, haar persoonlik om verskoning en vergifnis vra? Ek glo nie. Dan is daar ook die gay man wat predikant geword het, dalk ook in ‘n poging om te wys dat hy “reggekom” het. Ook uiteindelik getroud, om aan die kerk en gemeenskap se verwagtinge te voldoen. Vier kinders. Vele male wanneer hy in sy worsteling die pad byster geraak het, het die kerk berading gegee, toegesmeer en gesorg dat hy na ‘n ander gemeente beroep word. Uiteindelik, ná baie jare – van sy kinders was reeds op universiteit – was die egskeiding onvermydelik. Wie weet wat agter die geslote deure van daardie pastorie aangegaan het? Die letsels aan daardie man, vrou en kinders is onuitwisbaar. Wie staan skuldig? Hy wat volgens die riglyne van die kerk “reg” wou leef, of die kerk self? Gaan daar iets soos ‘n waarheids- en versoeningskommissie wees, waarheen elkeen met ‘n aanklag teen die kerk kan kom en vir wie die kerk dan uiteindelik persoonlik vergifnis kan vra en amnestie voor God kan verkry? Ek glo nie.

Nadat ons uiteindelik tot onvoorwaardelike aanvaarding gekom het, het ek vir die eerste keer besef hoeveel mure van verkeerde opvattinge ons moes afbreek. Eers moes ons dit wat van die preekstoel af verkondig is, te bowe kom. Ons moes ook die opvatting dat die Bybel nooit verkeerd kan wees nie, die hoof bied. Mense het maar altyd nuwe verse in die Bybel gekry waarmee hulle homoseksuele mense kon slaan.

Onlangs was ‘n predikant by ons aan huis, een wat, soos hy self sê, al van “dwaalleer” beskuldig was omdat hy pro-gay is. Hy is deur ‘n vriend, wat baie empatie met ons het, na ons verwys. Ons het baie interessante temas bespreek en ek het hom ‘n baie intelligente man gevind. Maar aan die einde van ons gesprek dié aand het ek finaal geweet dat ek nie meer in die kerk van mense tuis is nie.

Advertisements

Written by George Maru

14 April 2007 at 7:07

Posted in aanhalings, gay regte

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek is in die situasie waar my ma weier om my onvoorwaardelik te aanvaar. Ek en my vrou is al 7 jaar saam en 3 jaar wettiglik getroud. Ons het in Mei vanjaar gegaan vir kunsmatige insiminasie en verwag ons dogtertjie in Februarie 2012. Sy is nou 30 weke swanger en my ma het nog nie eenkeer gevra hoe dit gaan nie, sy weier om deel te wees en my kinders mag haar nie ouma noem nie, want dit is niks van haar nie…
    Ek was nooit bewus dat sy so vreeslike probleem met my leefstyl het nie, ons het altyd ‘n goeie verhouding gehad maar vandat ons die woord “kind” in die gesprek ingebring het, het alles verander. ons het nou skaars ‘n verhouding. Kom nie bymekaar nie al bly ons in dieselfde plek. Dit is vir haar belangriker “wat die mense sal sê” as wat ek is en dit breek my. My pa is 6 jaar gelede oorlede en sy is al wat ek oorhet, maar ek is jammer, my gesin kom nou vir my eerste en as sy dit nie kan aanvaar, onvoorwaardelik nie, dan is ek bereid om haar af te skryf. Hoekom moet ek altyd die een wees wat toenadering soek, net om weer elke keer te besef dat my eie ma my oordeel? het ek dit regtig nodig??? Ek dink nie so nie….

    Rene

    29 November 2011 at 12:05


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: