riviersonderend

God se stilte en die kerk se geraas

with 11 comments

Nico het op die post oor Einstein se sienings kommentaar gelewer en ‘n paar punte aangespreek wat ek gedog het verdere ondersoek regverdig.

Hy verwys na God se stilstuipe:

Ja, ek glo dat daar ‘n (let wel: enkelvoud) God is, maar daardie God pis my af. Soos voorheen vermeld, hoekom is daardie God so evasive?

As dit dan die toedrag van sake is, en God weet dit (?), en God gee om (?), hoekom openbaar Hy/Sy/Dit homself nie van voor af aan die mensdom nie? Selfs deur massamedia as H/S/D moet – komaan, H/S/D het nou mos die “tool” om vir eens en altyd, en vir oulaas die mens te bereik en nog eenkeer vir ons die Waarheid te vertel?

Die stilswye van God wat mense beleef is in skrille kontras met die kerk wat oor die algemeen dit goed regkry om mense baie ongelukkig te maak. Hy verwys ook hierna:

Dit puzzle my oor hoekom die Christelike geloof in die media so negatief voorgestel word. OK, ek het my eie 5c se waarde om toe te voeg hiertoe en ek kan vir dae lank rave oor my disillusionment met die kerk van Jesus en diegene wat hulself daaraan verbind. In kort, as dit Christene is wil ek nie ‘n Christen wees nie. ‘n Gospel-groep met die naam DC Talk of The Newsboys – ek kan nie meer onthou watter een nie, het ‘n liedjie geskryf waarin selfs hulle se, “we have lost the plot”.

Ek sal graag ander opinies wil hoor. Ek is baie anti-kerk en pragmaties as dit by ‘n stilswyende God kom, so my kommentaar is redelik voorspelbaar. Verdien die kerk/Christelike geloof om negatief uitgebeeld te word in die media? Is daar ‘n komplot teen die kerk? Is die kerk self dalk so ongemaklik met God se stilswye dat hulle nie anders kan as om al hoe harder te raas nie en daardeur mense afsit?

Enige opinies?

Advertisements

Written by George Maru

13 April 2007 at 12:16

Posted in godsdiens

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. God is stil, want niemand wil na hom luister nie…

    boerinballingskap

    13 April 2007 at 13:31

  2. * Verdien die kerk/Christelike geloof om negatief uitgebeeld te word in die media?

    Hulle word nie! Ten minste nie in die hoofstroom media nie. Elke nu en dan sal hulle ietsie “kontroversieels” probeer plaas, maar altyd met die doel om sirkulasie op te stoot, nie opvoeding nie.

    * Is daar ‘n komplot teen die kerk?

    Nee wat, net in die flieks en boeke. Die Kerk is haar eie grootste vyand.

    Aan die ander kant, miskien kan die opkoms van die “nuwe” media (blogging, forums, ens) losweg beskryf word as ‘n “komplot”, maar dan in die sin van ‘n openlike samevloei van duisende individuele stemme wat nie skroom om die Kerk se nonsens uit te wys en te kritiseer vir die a-a wat dit is.

    * Is die kerk self dalk so ongemaklik met God se stilswye dat hulle nie anders kan as om al hoe harder te raas nie en daardeur mense afsit?

    Die Kerk sal doen wat sy moet om betalende lidmate te probeer behou, punt. As dit beteken harder raas, sal hulle. As dit beteken laer trek en luike toemaak, sal hulle ook.

    BWB

    13 April 2007 at 13:56

  3. Woody Allen se siening oor God se stiltes, of dan afwesigheid:
    If it turns out that there is a God, I don’t think that he’s evil. But the worst that you can say about him is that basically he’s an underachiever.

    George Maru

    13 April 2007 at 21:03

  4. Dis ‘n baie cool quote.

    My onbenullige opinie. Die kerk verdien natuurlik om gekritiseer te word. Kritiek is ʼn suiweringsheffing wat help om enige organisasie op sy tone te hou. Maar, wanneer kritiek in blinde beswaddering ontaard verloor dit alle trefkrag. Daar is volgens my genoeg plek en ʼn groot dosis behoefte in die wêreld vir ʼn gesonde kerk (lees kerk sonder verband met ʼn spesifieke geloof of denominasie).

    Dit is miskien tot ʼn groot mate die opium en breinspoeling wat hedendaagse mense nog na die kerk lok, maar ek glo nie dat dit net so eenvoudig is nie. Iewers tussen die spinnerakke van ʼn eeu oue magspel blink daar miskien nog wel ʼn draadjie wat na God lei. Die kerk het die vermoë om ʼn struktuur te bied waarbinne ʼn persoonlike soeke na God aangedurf kan word vir diegene wat gelukkig genoeg is om blind te wees vir die kerk se gebreke, of sterk genoeg om deur al die spinneraksnert te beur.

    Ek dink as die kerk werklik sy werk goed wil doen, moet dit sy aanspraak op God laat vaar en sy monopolie op interpretasiemoontlikhede opgee. Miskien sal meer mense Haar dan beter kan hoor.

    idiwidi

    14 April 2007 at 13:23

  5. iDiWiDi… (klink amper soos iets wat my seuns oppi DVD speel… maar net in Zulu… ?…. jj=just joking)

    Wat daarvan as God nie maar daar is (in die kerk bedoel ek)…. en die spinnekop toegelaat het om Sy plek in te neem… wat wel die geval is en wel soos beskryf in die volgende Skrifgedeelte

    (2Th 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

    (2Th 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

    daarom word diegene wat daar sit (want sit …. sit hulle….?) aan meer as opium bedwelming onderwerp…

    (2Th 2:11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

    Harde Woorde …
    maar dit staan so geskrywe…

    johanisisdidoperi

    johannes_11

    14 April 2007 at 13:58

  6. Johannes, is dit nie ‘n wrede god wat homself so sal onttrek en toelaat dat die spinnekop oorneem nie? Ek dink nie so ‘n god verdien aanbidding nie.

    George Maru

    15 April 2007 at 9:08

  7. Johannes, ek was op ‘n stadium van my lewe ‘n regte Jesus-Junkie. Se jy asseblief vir my waarom God my nou al die afgelope 11 jaar op die pad van die twyfel lei? Daar staan geskrywe dat in die laaste dae baie van die geloof afvallig sal raak. Nou wil ek, wat van die geloof afvallig geraak het en afvallig bly, onder andere as gevolg van scripture quoting lunatics, die volgende weet: Is dit die lewe wat ‘n Almagtige, Liefdevolle, Alwetende God van die begin van alle tyd af vir my beplan het? Is dit nog altyd H/S/D se plan met my lewe? Die noodlot wat vir my beskik is, die pad wat voor my uitgele is? As dit die geval is sou ek veel eerder ‘n kakkerlak wou wees of enige iets ander sonder ‘n gees/spirituele wou wees, dankie.

    So which is it? Is my lewe/noodlot van die begin van alle tyd af beplan gewees, en is ek die rot wat my pad deur die doolhof spook om by die kaas wat ek aan die ander kant ruik te probeer uitkom? Of is God inderdaad nie Almagtig, Liefdevol en Alwetend nie?

    Nico

    16 April 2007 at 8:56

  8. ‘n Mens kritiseer nooit iets wat hom/haar nie diep raak nie. Dat daar ‘n defnitiewe oplewing in die Christelike geloof is, is duidelik nie net aan die groter hoeveelheid jeug wat hul lewens vir Jesus Christus (nie H/S/D) gee nie, maar aan die geweldige worrde / e pos / koerante, ens wisseling wat daagliks plaasvind – elke dag al meer. En die belangrikste is die verskerpte aanval van satan op alle Christene en op die Kerk – in sy wanhoop probeer satan om elke moontlike siel wat hy kan te verderf. Ek is bly as julle redeneer – dit beteken dat julle nie onverskillig staan nie – moontlik wil hulle so graag oortuig word van God. Hy is daar – is nie nodig om wetenskap, fiksie en historici aan te haal nie – word net stil en glo!

    Kowie

    17 April 2007 at 19:55

  9. Jammer, Kowie, maar om die Kerk se Bybel teen hom te gebruik… Julle praat die tale van mense en engele, maar julle woorde is hol simbole en julle sing klanke sonder melodie. Omdat die Kerk geen liefde het nie, daarom is H/S/D (die kerk, bedoel ek) niks.

    En oor al die kerke wat soveel lawaai maak met hulle bands… Erens in die ou testament staan daar iets oor lofprysing en God se daaroor, “neem dit eerder weg van my af.” Dis wat by my opkom as ek party kerke hoor.

    Die Kerk is ‘n belediging vir sy Jesus.

    Nico

    19 April 2007 at 12:12

  10. Nico

    Ek lei af dat jy nie meer ‘n Jesus junky is nie…?
    Wat is jy nou…? Het jy opgehou Bybel lees…?

    Ek was een van daardie “worsmasjien” lidmate… wat toe ek in st 8 “geloofsbelydenis afgelê….” en deur die kerk “voorgestel aangeneem is…” net om ‘n “wynlisensie” te kry. Ek het ‘n lidmaat geword omdat my ouers en die sisteem aan my laat blyk het as ek nie lidmaat word nie… ek nie nagmaal kan gebruik nie….! So …. wat wil ek eintlik vir jou te kenne gee…? Ek was so min deel van die Ewige Ware Kerk soos die meerderheid lidmate van alle christen kerke en kerkstrukture van vandag steeds is. Die meerderheid mense wat ons vandag in christen kerk en kerkstrukture aantref leef onder die wolk van misleiding dat hulle “veilig in die hande van God is” …. en hierdie “gevoel” van vrede word veral deur die “herder” en die se “hoogsbekwame” korps van kerkleier bevestig en ondersteun….

    Hierdie “hoogs bewkwame” korps van kerkleiers is almal “natuurlik” deur die gemeente aangewys volgens die streng kriteria van 1 Tim 3… Gods manne wat hulle Bybel baie goed ken…op hulle kniee wysheid van God “afgesmeek” het? Opsieners wat godvresend is….? Is hulle…. werklik…? Ek was een van hulle … jare gelede… toe ek net met my besigheidsloopbaan begin het…. en hard aan my CV gewerk het…. ja… my CV…! Het ek voldoen aan die strenge kriteria wat deur God vir ons in Sy Woord bepaal is….? NEE, NEE…. NEE en daarby weet ek dat hoegenaamd nie deel was van die “bruid” van God nie. Inteendeel ek het “saamgesing” in die “koor” van ongeduldige en onge-ergdes as een of dalk twee omies sou opstaan en die Bybel aanhaal om teen ‘n saak te staan. Ek het nie ‘n saak met die Bybel gehad het nie…. skaam en berouvol moet ek dit vandag erken.

    In tussen het die gelykenis van Matteus 13 in vervulling gegaan.

    In die gelykenis taal van Matteus 13 … “die gelykenis van die onkruid en koring wat saam moes groei”… moes die koring en onkruid (die gelowige en ongelowige) saamgroei, omdat die nuwe testamentiese kerk-era nog nie verby was nie en God ooreenkomstig Sy wonderbaarlike verlossingsplan steeds deur middel van die bedieninge van kerke en kerkstrukture Sy uitverkorenes sou inlei in die Ewige Beloofde Land in.

    Die “kandelaar” is van sy plek verwyder….

    En leer die Bybel ons dat ons “uit haar moet uitgaan”… die kerke en kerkstrukture word deur die Bybel uitgewys as die “moeder van die hoere” …. iets wat verborge sou bly totdat die “volheid van die tyd” sou aanbreek… dat God sou doen wat Hy bykans meer as 2000 gelede Hy gewaarsku het Hy sou doen….. Hy het weereens die “tempel” afgebreek….! Hy het iets gedoen wat niemand(wat deel is van hierdie kerke en kerkstrukture) sou verwag nie….. hulle “uitgespuug”….

    Vandag is ons midde in die tyd wat deur die Bybel aangetoon word as die tyd van Groot Verdrukking (en dat die dag van oordeel oor by die huis van God begin het) ….Maar buite hierdie vervalle en afvallige strukture word ‘n groot menigte wat nie getel kan word nie onder die neuse van die kerke en kerkstrukture in die Ewige Jerusalem ingelei en wel volgens

    (Openb 7:9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

    Nico ek pleit by jou …. begin weer die Bybel lees… en ontdek wie hierdie Skepper God werklik is ….. sonder die invloed van die kerke en kerkstrukture en hulle “doopsouse”.. Jy gaan nie telleurgesteld wees nie…. die Woord blom nou soos nog nooit tevore nie….

    Soos wat Jesus se dissipels aan Sy dissipels sekere dinge bekend gemaak het … maar hulle nie op daardie stadium verstaan het nie… maar eers na Sy opstanding sou verstaan…. So is Sy Woord… daar is ‘n skathuis van Waarheid aangeteken… wat nou eers verstaanbaar raak omdat God diegene se oë en ore open.

    Ons moenie dieselfde foute maak wat die skrifgeleerdes en wetgeleerdes (die manne van naam) van ouds en weer vandag maak… Hulle was in hul hooghartigheid en trots en eie waan deur God Self verblind…. en het die Waarheid wat onder hulle gewoon en geleer het met meer as net ‘n myl gemis.

    As God ons nie deur die werking van Sy Heilige Gees ‘n nuut opgestane gees gee en Hy in my hart kom tabernakel nie, het ek nie die vermoeë om “vir Hom” te kies nie… want die Bybel is duidelik daaroor dat daar niemand is wat God soek nie…. selfs nie een nie… Wag daarom op God…. Hy doen alles om diegene te red wie se sondes Hy op Hom geneem het…

    (Lam 3:26) It is good that a man should both hope and quietly wait for the salvation of the LORD.

    Moenie val vir hierdie “do it yourself” gospels waarin veral kerke en kerkstrukture vandag in spesialiseer nie…. Jesus red nog steeds soos in die tyd toe Hy Abel gered het… naamlik deur Sy Woord… uit genade

    (Rom 10:17) Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

    Uit genade…. en die suprise is dat ek nie ‘n vrye wil het om ‘n keuse te kan maak nie…. omdat ek dood is in my sonde leer ek uit die Bybel dat ek nie “vir” God sal kies nie…

    Die dominees en priesters en rabbis en die pastore sal natuurlik vir jou te kenne wil gee dat die keuse by jou lê…. dis vals… en nie waar nie… en ‘n leun. Jesus het die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes se harte geken… en hulle uitgekryt as “die kinders van hulle vader die duiwel”….!!!

    Wie weet dalk het God vir ons daardie gelykenis in Sy Woord aangeteken sodat ons kan leer uit die foute van die verlede…?

    Die vraag is… Gaan die mens ooit leer …..?

    My smeekgebed is vandag vir almal wat hulle nog onder die gesag van enige kerk of kerkstruktuur bevind… en natuurlik vir ons daar buite…. “o God, wees my, sondaar, genadig!”

    johannes coetzee

    19 April 2007 at 16:32

  11. Dit is natuurlik waar!!!

    Daar kan niks anders gesê word nie…

    Dit is nou tyd om die Woord van God (Bybel) as die enigste waarheid (tov God) te aanvaar.

    Thomas Dreyer

    25 April 2007 at 19:45


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: