riviersonderend

Einstein oor God, vrye wil en die ewige lewe

with 16 comments

Daar is ‘n berig in Time wat handel oor Einstein se sienings rondom aspekte van geloof. Dit is nogals lank, maar definitief die moeite werd om te lees. Ek kan my met al Einstein se standpunte vereenselwig.

Daar is baie wanopvattings rondom Einstein se siening van geloof wat deur gelowiges (en ongelowiges) lewend gehou word. Dikwels word sy uitsprake oor God gesien as bewys van sy geloof. Dit is natuurlik nie waar nie:

But at the time, his leap away from faith was a radical one. “Through the reading of popular scientific books, I soon reached the conviction that much in the stories of the Bible could not be true. The consequence was a positively fanatic orgy of free thinking coupled with the impression that youth is intentionally being deceived by the state through lies; it was a crushing impression.”

Oor God het hy hom as volg uitgelaat:

“I’m not an atheist. I don’t think I can call myself a pantheist. The problem involved is too vast for our limited minds. We are in the position of a little child entering a huge library filled with books in many languages. The child knows someone must have written those books. It does not know how. It does not understand the languages in which they are written. The child dimly suspects a mysterious order in the arrangement of the books but doesn’t know what it is. That, it seems to me, is the attitude of even the most intelligent human being toward God. We see the universe marvelously arranged and obeying certain laws but only dimly understand these laws.”

En:

I believe in Spinoza’s God, who reveals himself in the lawful harmony of all that exists, but not in a God who concerns himself with the fate and the doings of mankind.

Hy kon homself nie versoen met ‘n god wat elke dag bonatuurlik ingryp in die heelal nie.

Oor Jesus:

You accept the historical existence of Jesus? “Unquestionably! No one can read the Gospels without feeling the actual presence of Jesus. His personality pulsates in every word. No myth is filled with such life.”

Oor ‘n ewige lewe:

Do you believe in immortality? “No. And one life is enough for me.”

Hy ontken die bestaan van vrye wil (ek het nog nie vir myself finaliteit hieroor gekry nie, maar ek sukkel al hoe meer om die idee van vrye wil te regverdig – dit wil tog voorkom of dit slegs ‘n illusie is; om egter met die feit gekonfronteer te word, maak my nog baie onrustig):

Human beings in their thinking, feeling and acting are not free but are as causally bound as the stars in their motions.

En een van sy mooste aanhalings:

The most beautiful emotion we can experience is the mysterious. It is the fundamental emotion that stands at the cradle of all true art and science. He to whom this emotion is a stranger, who can no longer wonder and stand rapt in awe, is as good as dead, a snuffed-out candle. To sense that behind anything that can be experienced there is something that our minds cannot grasp, whose beauty and sublimity reaches us only indirectly: this is religiousness. In this sense, and in this sense only, I am a devoutly religious man.

Advertisements

Written by George Maru

11 April 2007 at 7:01

Posted in godsdiens, nuus, spiritualiteit

Tagged with

16 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Pragtig gestel, en pragtige aanhalings, inderdaad. Maar as iemand so briljant soos Einstein nie eers die Godheid kan begryp nie, hoe kan ons gewone sterflinge?

    Hoekom maak God dan, as mens dit wil glo, ‘n wese soos ekself wat moet bewyse sien om te glo? Let wel, ek se bewyse, nie wondertekens nie – alle wondertekens is in anyway magic toertjies.

    Ek wil nie soos ‘n kindjie in ‘n biblioteek voel nie, ek wil God, wie en wat hy/sy/dit ookal is, persoonlik ken en face to face ‘n gesprek kan he. Hoekom kruip daai god so weg? En is daai god regtig god?

    Nico

    11 April 2007 at 10:52

  2. George… Einstein was reg in een opsig….
    Die mens het geen vrye wil as dit kom by die issue van die ewige lewe nie…!Einstein het nie geglo in die lewe hierna nie….! Dit verstom my net om te sien tot watter uiterstes die mensdom in die loop van die geskiedenis gegaan het om aan sy god offers te bring… om met sy god “reg te maak”…!!! Hier is die argeologie vrot van… om nie eers te praat van die bloedspoor deur die kerke nie!!!

    Die mens weet instinktief dat daar ‘n Skepper of God is… en almal doen iets om daardie god te aanbid of tevrede te stel…of nie tevrede te stel nie!!!

    Einstein was maar die ontdekker van dit wat alreeds deur God geskep was…. iets waaroor die kerke hom veroordeel het, want hulle het aan hulle die reg toege-eien as eienaars van alle wysheid (en sommer ook kennis). Einstein het die wette van die natuur ontdek wat alreeds deur die Skepper daarvan voor hom geplaas was….! Einstein het die Een wat lig geskep het probeer uitwerk soos jy die spoed van lig probeer uitwerk ….! 1+ 1= 2… maar hy het gesukkel met hierdie som 1=3 en 3=1… soos ek ook steeds vandag…!!!

    Volgens Sy Woord… behoort ons Hom baie binnekort van aangesig tot aangesig te sien…. dan behoort ons Hom van aangesig tot aangesig te kan sien…. en nie deur ‘n spieel waarin ek ‘n raaiselagtige beeld sien nie!!!

    Het jy al probeer om op Family Radio se radio uitsendings in te tune….? Vra maar net die vraag…. jy het mos ‘n vrye keuse…? Wie is ek om aan jou voor te skryf….?

    Lekka dag

    johannes_11

    11 April 2007 at 15:52

  3. Probeer om minder uitroeptekens te gebruik.

    Johan Swarts

    11 April 2007 at 19:14

  4. Ek sal…!!!!!!!!!!!! Probeer…!!!!!!!!!!!!

    johannes_11

    12 April 2007 at 9:39

  5. Johannes, gaan sit iewers in die tuin, raak rustig, haal diep asem en kom ons probeer weer.

    George Maru

    12 April 2007 at 9:53

  6. Inderdaad baie Pragtig!

    Ek stem saam johannes, “Die mens weet instinktief dat daar ‘n Skepper of God is…”

    Ek wonder soms hoekom moet die mens dit so moeilik maak om God te ken!?

    As die kerk vir Einstein erkenning gegee het kon daar dalk great dinge van gekom het…?

    Om God te ken en ‘n verhouding met Hom te hê is so maklik en tog so moeilik – ons probeer dit verstaan wat ons nie moet nie en dit wat ons kan verstaan het ons baie vrae oor…

    “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.”
    Isaiah 55:8-11

    Thomas Dreyer

    12 April 2007 at 10:07

  7. george…. waars jou humorsin…?
    ek sal sagter praat… haha
    Ek is leef elke dag met die Tuin in my.

    Lekka dag

    johannes_11

    12 April 2007 at 10:43

  8. En jou wraggies! Hier is die hele petalje van vooraf! 🙂 😉 🙂

    boerinballingskap

    12 April 2007 at 15:13

  9. boer… maak die hek oop daar nie ‘n slot aan nie…
    ons bou nog aan george se blok…
    hy verdink my noual daarvan dat ek hom ken..

    haha

    johannes_11

    12 April 2007 at 15:51

  10. Johannes: jy klink moerse new age met die tuin in jou. Ek laaik dit. Ek sou sê dat jy maar gerus bietjie met die snoeisker kan inklim om spasie te maak vir ander plantjies ook.

    George Maru

    12 April 2007 at 17:42

  11. ‘n Interessante gedagte kom vanoggend toe ek werk toe ry by my op. Ja, ek glo dat daar ‘n (let wel: enkelvoud) God is, maar daardie God pis my af. Soos voorheen vermeld, hoekom is daardie God so evasive?

    Ek glo ook, teen wil en dank, dat daar een universele waarheid in die Heelal is wat ons by daardie God kan uitbring, en ek vermoed JC het iets daarmee te doen. Ek glo dat die Heilige Geskrifte deur die eeue heen deur ‘n sekere kerke gechop & change is om hul agendas te pas – daarom kan ek nie glo wat in die Bybel staan nie. It is no longer the word of God, even less so, inspired by God.

    As dit dan die toedrag van sake is, en God weet dit (?), en God gee om (?), hoekom openbaar Hy/Sy/Dit homself nie van voor af aan die mensdom nie? Selfs deur massamedia as H/S/D moet – komaan, H/S/D het nou mos die “tool” om vir eens en altyd, en vir oulaas die mens te bereik en nog eenkeer vir ons die Waarheid te vertel?

    Anyway, ek is nou weer op heeltemal ‘n anger raaklyn van my gedagtes en myle ver van wat ek oorspronklik wou se. Die kwessie van die Ware manier om by God te kom – kom ons noem dit “One True Religion”, for want of a better description. Dit puzzle my oor hoekom die Christelike geloof in die media so negatief voorgestel word. OK, ek het my eie 5c se waarde om toe te voeg hiertoe en ek kan vir dae lank rave oor my disillusionment met die kerk van Jesus en diegene wat hulself daaraan verbind. In kort, as dit Christene is wil ek nie ‘n Christen wees nie. ‘n Gospel-groep met die naam DC Talk of The Newsboys – ek kan nie meer onthou watter een nie, het ‘n liedjie geskryf waarin selfs hulle se, “we have lost the plot”.

    Dit laat my net wonder oor hoekom daar so baie energie, tyd en geld daarin gaan om die persona van Jesus te vernietig en te ontken? Fundamenteel glo ek in twee magte – Goed & Kwaad. Die mens is meer geneig tot Kwaad, en daarom, al ken hy die Goed, sal hy altyd probeer om hom in sy Kwaad te rergverdig deur te ontken dat daar so iets soos Goed bestaan.

    George, ek weet ek het nou niks oor Vrye Wil gese nie, so vergewe my as ek jou blogspace mors.

    Nico

    13 April 2007 at 9:39

  12. George… ek laat die snoeiwerk aan Hom oor.

    ek is nie ‘n new age
    ooki ‘n old age
    behoort nie aan ‘n kerk
    net die Woord want dit werk
    al klink ek maar dom
    ek weet net…
    Hy kom

    Ek lees net die Bybel
    en like nie die dywel
    hy sit inni kerk
    en doen net sy werk
    maar sy dae is getel
    hy weet daars ‘n hel

    hy ken ook sy uiteinde
    ja.. want
    Tyd het ‘n Einde

    besoek gerus http://www.timehasanend.org

    johannes_11

    13 April 2007 at 11:02

  13. “(?), hoekom openbaar Hy/Sy/Dit homself nie van voor af aan die mensdom nie?”

    ek dink nie juis ek het ‘n antwoord nie…maar vra jouself die volgende vraag: sal jy iemand glo as hy / sy / dit na jou toe kom en sê: “hey, wazzup – ek is God, en hierdie is die régte waarheid” ek moet bieg ek sal eerder dink dis ‘n straatprediker op tik of iets.

    johannes, lees asseblief ten minste die groot verseboek deur voordat jy weer ‘n gedig skryf 😉

    Johan Swarts

    13 April 2007 at 11:31

  14. Nico, ek wil ‘n paar punte uithaal wat jy aangeraak het en ‘n nuwe inskrywing maak. Ek is bang dit raak verlore hier. Jy hoef verseker nie jammer te sê nie. Dit is vir my nie eintlik belangrik om by die tema te bly nie.

    Johannes: hier is my antwoord (ek hoop maar Johan lees dit mis, want ek gaan nou ook woorde pleeg 😉 )
    Johannes die tweede,
    daar is nie meer ‘n rede
    om te glo in die Woord.
    Gaan tog hiermee akkoord!

    Dalk is ek die volgende Antjie Krog. Wie weet.

    George Maru

    13 April 2007 at 11:50

  15. […] kerk se geraas 13 April 2007 Posted by George Maru in Godsdiens. trackback Nico het op die post oor Einstein se sienings kommentaar gelewer en ‘n paar punte aangespreek wat ek gedog het […]

  16. […] Time article of 15 April, on which there was some discussion in the blog-o-sphere, see for example this post, which is also where I heard about the article. I bought a second hand copy of Ideas and Opinions, […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: