riviersonderend

Argeoloë: geen bewyse vir Mosesstorie

with 4 comments

Het Moses die Rooisee oopgekloof? Is die farao se hele weermag verwoes toe hulle in die see verdrink het? Volgens argeoloë is daar geen argeologiese bewyse dat die gebeure ooit plaasgevind het nie.

Dit was toe al die tyd maar net ‘n storie. Go figure.

Advertisements

Written by George Maru

4 April 2007 at 8:56

Posted in godsdiens, nuus

Tagged with

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nogal interessant, want daar is geen argeologiese bewys van enige aard waar die Hebreers vandaan kom nie. Teen die einde van die bronstydperk, so 1200 vC duik hulle net skielik in Palestina op. Meeste mense meen hulle was uitgewekens wat in die voorafgaande “donker eeue” uit die Kanaanitiese stede gevlug het. Daar is egter oor respektabele mense (soos Amelie Kuhrt en Norman Cohn) wat meen minstens ‘n groep van hulle moes uit die suide (uit Egipte se gebied) getrek het. Hulle vertel byvoorbeeld stories van ‘n charismatiese leier genaamd Moshe/Moses – ‘n Egiptiese naam – en hulle het ‘n vreemde Jahwe-kultus, wat vreemd is aan die ander Kanaanitiese volke en moontlik sy oorsprong in die Egiptiese gebiede van Sinai ens. het.
    Maar die oopkloof van die see, die slange en die brandende wolk is natuurlik onwaarskynlik . . .

    Salige Rus

    4 April 2007 at 10:42

  2. Ek betwyfel nie dat elemente van die Bybel histories waar is nie. Dit is tog een van die kenmerke van mitologie dat dit raakpunte met die geskiedenis het. Wat dit juis mooi maak, is die feit dat die stories ingekleur is. Interessant van die Hebreërs, ek het dit nie geweet nie, of vergeet as ek dit geweet het.

    George Maru

    4 April 2007 at 16:50

  3. Ooeeee… ek het al met mense gesels wat weier om te glo dat dinosaurusse ooit bestaan het want daar word nie in Genesis vertel dat hulle ooit geskape is nie…

    Da Mario

    4 April 2007 at 21:29

  4. George… wonderlik om te sien dat elemente van die Bybel histories waar is…. watter elemente en in watter teksverse is dit aangeteken?

    johannes_11

    12 April 2007 at 11:59


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: