riviersonderend

Godsdienstiges op patrollie

with 4 comments

Dalk is dit omdat Paasfees naby is, maar dit wil my voorkom asof godsdienstiges die afgelope tyd meer grumpy as gewoonlik is:

1. Sweet Jesus no more: Die uitstalling van ‘n sjokolade-Jesus is afgestel, nadat die Katolieke kerk wild beswaar gemaak het. Ek meen, die kunstenaar beeld Jesus met ‘n penis uit! (Is dit laster om “Jesus” en “penis” in dieselfde sin te gebruik?)

2. In Italië betoog die Katolieke kerk teen die regering se voorstel om regte aan mense in gay- en ongetroude verhoudings te gee. Die meeste Italianers steun die regering se inisiatief, maar God se Gewete weet mos beter.

3. In Minnesota, Amerika, is Christeniste gekant teen voorgestelde wetgewing wat aan gays die reg sal gee om geliefdes in intensief in die hospitaal te mag besoek.

4. En nou vir die pièce de résistance: die Verenigde Nasies is besig met baie belangrike werk. Sopas is ‘n resolusie aanvaar deur die V.N. se Menseregtekommissie wat ‘n wêreldwye verbod voorstaan teen die openbare bespotting van geloof. Dit is deur Islamitiese lande voorgestel. Dit is nou dieselfde lande waar gays in die openbaar tereggestel word en vrouens na willekeur verkrag kan word – lande waar menseregte min tot geen betekenis het nie. Ek is seker die Katolieke kerk en Christeniste sal tuis voel in daardie lande.

Wat ‘n grap.

Advertisements

Written by George Maru

2 April 2007 at 6:56

Posted in gay regte, godsdiens, nuus

Tagged with

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Daai laaste een is baie interessant. En as mens die voorstel mooi lees, dan sê dit telkens dat dit ‘n misdaad moet wees om “Islam” te beledig. Mens sou nogal gedink het die Menseregtekommissie se vernaamste taak moet wees om spraakvryheid te bevorder.

    Salige Rus

    2 April 2007 at 10:16

  2. Daar is ‘n interessante storie op Huffington oor (1) – dat die kunstenaar nou aangekondig het mense kan stukkies van die sjokolade-Jesus kom koop om te eet. Nou wonder almal wie gaan die penis eet ens. ens.
    Ek dink mense is nogal dom, want die punt wat die kunstenaar wou maak is so obvious – oor die kommersialisering van Kersfees en Jesus wat nie vir mense veel meer beteken as ‘n sjokolade-eier nie, en al daai stuff. Nou trap mense net so in die slagyster.
    Daar is natuurlik ook die vraag of dit noodwendig laster is om Jesus te verneder. Die rubriekskrywer David Kuo skryf van ‘n sendeling in premoderne Japan wat deur die owerhede aangesê is om op ‘n prentjie van Jesus te trap en te spoeg – as hy dit nie doen nie, het die regering gesê, gaan hulle ‘n klomp Christene doodmaak. Toe doen die priester dit heel teesinnig, maar terwyl hy besig was om Jesus te vertrap (om Jesus te vertrap ten einde mense te red) besef hy toe skielik vir die eerste keer wat Jesus regtig beteken het . . .

    Salige Rus

    2 April 2007 at 10:40

  3. Die VN se Menseregtekommissie is ‘n klug.

    Dit hang natuurlik af van watse sjokolade Jesus gemaak is. As dit lekker sjokolade is, sal ek enige deel eet. Die Japanese storie is mooi.

    George Maru

    2 April 2007 at 13:03

  4. Dit is natuurlik altyd makliker om relatief sinlose probleme te takel as om werklike probleme op te los. Ek dink die VN se menseregte kommisie tree maar ongelukkig dieselfde op.

    Da Mario

    3 April 2007 at 7:53


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: