riviersonderend

Is jy stadig?

with 6 comments

Groot maatskappye vra blykbaar dat hulle topbestuur minder moet werk, berig MSNBC. Blykbaar is 60-uur werksweke glad nie meer so ongewoon nie. Die probleem is dat hierdie mense dit nie kan volhou nie en na ‘n paar jaar of bedank, of hulle kreatiewe dryfkrag verloor.

Ek wonder of die pasversnelling wat so kenmerkend van ons wêreld geword het, volhoubaar is op die langtermyn? Gaan mense kan aanhou om alles beter en vinniger te doen? Gaan evolusie voorsiening maak vir supermense wat met gemak 14 ure ‘n dag kan werk? Sal die samelewing aanpas daarby en nuwe oplossings vind vir uitdagings, soos om kinders groot te maak in ‘n wêreld waar jy hulle nooit sien nie?

Ek hoop nie so nie. Ek wil nie in so ‘n wêreld leef nie. Gee my liewers ‘n wêreld waar ek 3 ure kan neem om my oggendrituele af te handel en gereed te maak vir die dag. (My idee van oggendrituele is nie om vir 2 ure in die verkeer te sit nie.) Liewers ‘n wêreld waar kos nie bedoel is om in die kar verorber te word tussen vergaderings nie en ek die son kan sien ondergaan, selfs af en toe sien opkom.

slow.jpg

Carl Honoré meen ons moet dit stadiger vat. In sy boek, In Praise of Slow, bepleit hy ‘n lewe wat voorsiening maak vir balans. Hy verwys na stadige stede en stadige kosmaak, onder andere. Maar “Slow” gaan nie noodwendig daaroor om stadiger te wees nie, dit is eerder ‘n filosofie. Dit gaan daaroor om die oortollige dinge in jou lewe raak te sien en uit te sny en te fokus op die belangrike dinge wat saakmaak. “Slow” gaan daaroor om ‘n kwaliteitlewe in ons vinnige wêreld te hê.

Ek gaan myself van nou af as “slow” etikiteer. Ek is stadig. There, I’ve said it. Ek gaan sommer vandag die vreugdes van “slow” met my medemens deel deur by die spoedgrens te bly wanneer ek bestuur.

Sien jy jouself as “slow”? In watter opsig? Enige iets wat jy glo stadig moet gebeur, sonder uitsondering?

Advertisements

Written by George Maru

29 Maart 2007 at 6:37

Posted in nuus

Tagged with

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek is verseker deesdae baie meer slow. Moes op die harde manier leer dat om voor jou tyd oud te word nie die moeite werd is nie. En eintlik kry ek nou net soveel gedoen as vroeër, minus onbenullighede wat op die oppervlak lyk na gewigtige sake, maar eintlik net energievreters is.

    idiwidi

    29 Maart 2007 at 10:28

  2. Ek kan vir ure lank net lê en dink. Ek hou daarvan om 00:00 die aand te gaan draf en net te dink. Noudat ek daaraan dink, hou ek oor die algemeen nogal vervlaks baie van dink.

    Johan Swarts

    29 Maart 2007 at 12:15

  3. Sela!

    Ek kan ook ure lank net dink (maar gewoonlik onderdruk ek die drang na oefening deur nog ‘n glasie rooiwyn te skink).

    boerinballingskap

    29 Maart 2007 at 15:15

  4. Ek voel geëerd dat soveel denkers hier lees. My poging om te slow op die pad was ‘n klaaglike mislukking. Ek het selfs op die tannie wat geslow het in die regterbaan voor my, gegil.

    Ai. More is nog ‘n dag.

    George Maru

    29 Maart 2007 at 16:57

  5. Ek het nou nie Carl Honoré gelees nie, maar sekere stede in Italie bemark hulself mos as stadige stede – hulle word ryk deurdat mense daarheen kom om die rustige atmosfeer en vriendelike mense te geniet. Hierdie rustigheid is eintlik iets waarmee Afrika ook nogal baie goed is. Ons moes eintlik net eerste daaraan gedink het om ons so te bemark.

    alleman

    30 Maart 2007 at 0:02

  6. Ek sien ‘n bemarkingsgeleentheid vir Kaapstad.

    George Maru

    2 April 2007 at 6:59


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: