riviersonderend

Purity Balls – G’n seks vir my nie, dankie

with 7 comments

In Amerika, die Suide – Biblebelt country – is die nuwe inding “Purity Balls”. Dit het niks te make met babakos nie. Inteendeel. Dit lyk soos ‘n troue. Dit voel soos ‘n troue. Daar is net geen bruidegom nie. Beloftes word tussen pa en dogter uitgeruil waar die dogter belowe om nie seks te hê voor haar huwelik nie. Dogters so jonk as 9 jaar, lê die beloftes af by die geleenthede, berig IOL.

Ek wonder of dit net ek is wat ongemaklik is met die hele storie. Hoekom is dit altyd asof daar groter druk op vrouens/meisies geplaas word om ‘n gemeenskap se sedes en normes te bewaar? Plaas dit nie onnodige druk op die kind nie? Wat gebeur sou sy swig, nadat sy voor ‘n skare mense so ‘n belofte moes aflê? 9 jaar – dit klink baie jonk.

Is daar nie beter maniere om die band tussen ‘n pa en dogter te vestig en te versterk nie, as so ‘n openbare spektakel?

Advertisements

Written by George Maru

27 Maart 2007 at 7:14

Posted in nuus

Tagged with

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Shocking! Ek dink nie dit het enigiets te make met die pa-dogter verhouding nie, hoewel dit weereens ‘n baie tekenende prentjie is van ons situasie in die samelewing in die algemeen. Dit ruik vir my na net nOg ‘n halsbandjie of bal en ketting waaraan die vrou onderwerp word. En mans word voor die voet die skurke omdat die sweep in hulle hande geprop word.

    Die angs en skuldgevoelens wat sulke vorme van emosionele afpersing veroorsaak is waarskynlik ‘n groter probleem as die swangerskappe en STDs wat dit probeer verhoed.

    Op hoErskool wou hulle ook destyds hE dat ons na ‘n godsdiensvoorligtingklas ‘n vormpie invul waarin ons bevestig: Ware liefde wag.

    idiwidi

    27 Maart 2007 at 11:02

  2. Ek sal eerder nie my volledige mening hier lug oor die ou netelige sakie nie, want dan besmet ek jou blog met ‘n ellelange relaas.

    In kort, dus: Ek dink dis bloot naief en tot ‘n groot mate belaglik. Ongelukkig is dit ‘n uitvloeisel van fundamentalistiese Amerikaanse evangeliese denke wat Christene ‘n slegte naam gee. Dis “warped” en abnormaal.

    Op ‘n morele vlak, is daar slegs twee tipes seks: 1) losbandige seks en 2) seks binne die konteks van ‘n verhouding. Jy sal weet waarmee jy besig is.

    boerinballingskap

    27 Maart 2007 at 14:49

  3. Eish.

    Dis sprekende van ‘n klomp patriargale twatte (pun intended) wat nie die balls (pun intended) kan muster om self so iets te doen nie. Hulle kan gerus maar hulle seuntjies dwing om ook so ‘n geleentheid by te woon – en dan die okkasies heeltemal afskaf.

    So iets is een van die min dinge wat my onredelik kwaad maak.

    Johan Swarts

    27 Maart 2007 at 21:45

  4. idiwidi: stem saam.
    Johan: stem saam.
    boerinballingskap: stem saam tot op ‘n punt. Ek is nie so seker van die twee tipes seks nie. Wat ek dalk as losbandig mag beskou, vind iemand anders aanvaarbaar. Ek dink wel daar is ongesonde seks wat nie goed is vir ‘n mens nie.

    George Maru

    28 Maart 2007 at 6:46

  5. JO! In die ou dae was ‘n vrou se enige trots haar maagdelikheid, en as sy dit verloor het was sy niks meer werd nie. Ek dink omdat daar ‘n letterlike skeur gebeur as hul seks het vir die eerste keer, is dit erger/seerder.

    Ek is trots dat mense so ver gaan om die groot geskenk te bewaar wat van God af kom. Maar is dit nie moeiliker om dit te behou as jy weet jy MAG NIE dit doen nie? Op 9 jaar oud, weet hul al wat dit is. Sjo!! rerig intense onderwerp, George..

    Ek sal al my kinders na so Purity balls geleentheid vat, Seuns en meisies….

    Melanie du Toit

    28 Maart 2007 at 23:29

  6. Melanie, dit is seker fine as jy vir beide jou seuns en dogters so ‘n paartie gee. Ten minste is jy konsekwent in jou behandeling van beide geslagte.

    Ek weet egter nie of sulke paarties rerig ‘n verskil maak nie. Ek dink byvoorbeeld die verhouding tussen jy en jou kind is baie belangriker.

    George Maru

    29 Maart 2007 at 6:43

  7. Ek kan nie imagine dat ek, sou ek ‘n dogter gahd het, haar aan so iets sou wou onderwerp nie.
    Terselfde tyd is ek ten gunste daarvan om sinvolle morele standaarde te handhaaf en my seuns aan te moedig om meisies met die nodige respek te behandel as hulle eendag ouer is. En dit begin deur die voorbeeld wat ek stel in my daaglikse optrede teenoor vrouens.

    ‘n Seremonie is onnodig. Vir enige iemand.

    Da Mario

    29 Maart 2007 at 7:23


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: