riviersonderend

Wat maak ‘n mens gelukkig?

with 9 comments

Scientific American berig oor navorsing van Sonja Lyubomirsky, ‘n eksperimentele sielkundige. Sy beweer dat om gelukkig te wees, harde werk vereis.

Wat maak mense gelukkig? Blykbaar is 50% daarvan geneties vasgelê. Slegs 10% hang van ‘n mens se omstandighede af. Wat is die ander 40%? Wel, dit lyk of Salige Rus ‘n punt beet het met liefdesdaadjes. Lyubomirsky verwys na “intentional activity”. Dankbaarheid, optimisme en goedheid teenoor ander kan jou gelukkiger maak, maar net as jy aanhou daarmee. Interessantheidshalwe: Lyubomirsky beweer dat dit wil voorkom asof mense wat elke dag hulle goeie dade neerskryf minder gelukkig is as mense wat dit eenmaal ‘n week doen.

Heel gepas gaan ek afsluit met ‘n aanhaling van His Smiliness, die Dalai Lama:

Happiness is mental. Machines cannot povide us with it, nor can we buy it. Money and wealth are only partial sources of happiness, not happiness per se. These will not produce happiness directly. Happiness must develop within ourselves; nobody can give it to us. Its ultimate source is tranquility or peace of mind. It doesn’t depend on external factors. It doesn’t matter if we lack good facilities, a good education or a successful life, so long as we have inner confidence.

Advertisements

Written by George Maru

26 Maart 2007 at 9:34

Posted in nuus, spiritualiteit

Tagged with

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Al wat ek weet is dat ‘n wyse (miskien weet iemand wie) eendag gese het: Sodra jy die vraag vra: “Is ek gelukkig?”, is jy op daardie oomblik nie meer gelukkig nie.

    Ek glo nie daar is iets soos 100% gelukkig wees op hierdie groen-en-blou planeet nie. Ek stem saam dat dit ‘n “state of mind” is en soms ‘n doelbewuste keuse. Feit van die saak is dat mense elkeen uniek is en verskeie dinge maak verskeie mense gelukkig.

    As for myself: Ek is gelukkig solank my glas vol is en die bottel half. 🙂

    boerinballingskap

    26 Maart 2007 at 15:42

  2. boerinballingskap het geskryf: “Ek is gelukkig solank my glas vol is en die bottel half.”

    Jý is voorwaar ‘n wyse man.

    George Maru

    26 Maart 2007 at 17:10

  3. […] optekening het begin as kommentaar op riviersonderend se stuk: Wat maak ʼn mens gelukkig? Maar, ek is bang George raak kwaad as ek sulke lang tirades in sy blog uitspoeg, toe maak ek […]

    Geluk (b) « idiwidi

    26 Maart 2007 at 18:06

  4. “Hapiness is mental.”
    Die Dalai Lama kan nie spel nie.

    saligerus

    27 Maart 2007 at 11:24

  5. Hy kan ook nie kitaarspeel nie.

    Johan Swarts

    27 Maart 2007 at 11:54

  6. Julle is net jaloers op His Splendid Radiantness. Dit was nie sy skuld nie. Dit was ek wat nie reg gehoor het nie. Hy het toe nie “ha-peee-nis” gesê nie. Mea culpa.

    George Maru

    27 Maart 2007 at 12:20

  7. Dankie dat jy vir my krediet gee vir my baie eenvoudige definisie van geluk.

    In Vino Veritas!

    boerinballingskap

    27 Maart 2007 at 14:51

  8. ‘ha penis?

    hoekom lyk daai sinsnede vir my fisiologies onmoontlik? 😉

    Johan Swarts

    27 Maart 2007 at 18:58

  9. Fisiologies sou dit inderdaad onmoontlik wees. Soos ek sê, ek het nie mooi geluister nie.
    🙂

    George Maru

    28 Maart 2007 at 6:48


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: