riviersonderend

Vergun my om julle voor te stel…

with 2 comments

Dit is een van die dae weer sirkustyd! Die Circus Ecclesiae kom dorp toe! Ek het gedog dat dit dalk ‘n goeie idee mag wees om daaroor verslag te doen. So, ek het ‘n vriend van my gevra om uit te help. Hy is ‘n kenner op die gebied van antieke geskrifte en die werking van Circi in die algemeen. Hy verstaan ook die Krag wat die Circi laat werk.

Die goeie nuus is dat hy ingestem het om so af en toe hier te skryf. Voor die ampetlike aanvang van die Circus Ecclesiae, sal hy ‘n paar agtergrondartikels skryf om hierdie jaar se program in konteks te plaas. Daar bestaan selfs die moontlikheid dat hy ‘n onderhoud met die hoofnar – hulle noem hom Die Moderator – toegestaan sal word.

Dus, soos die Engelse sal sê: Hou hierdie spasie dop.

Vergun my om julle voor te stel aan Sextus Homerus (B.Th, B.D., B.A. Hons. (Antieke Wyshede)). Sextus, sê hallo vir die mense:

Dankie, vir die geleentheid. Ja, hierdie jaar se Circus beloof om uiters opwindend te wees. Ek sien veral uit na die perspektief wat antieke wysheid vir ons bied op slawerny. Dan gaan ons ook nog lekker gesels oor die bestaan van die tokkelos en sy trawante. Hoe opereer hulle? Interessante vraag.

Advertisements

Written by George Maru

24 Maart 2007 at 8:27

Posted in godsdiens

Tagged with

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Het Sextus ‘n groen trui?

    Johan Swarts

    24 Maart 2007 at 18:15

  2. Nee, Sextus is nie belese genoeg om ‘n groen trui te kan dra nie. 🙂

    George Maru

    25 Maart 2007 at 9:02


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: