riviersonderend

Die toekoms van blogging

with 7 comments

Waarskuwing: geen statistiek of gesaghebbende bronne is geraadpleeg nie. My spekulasie is gegrond op intuïsie, ‘n gut feeling. Dus is daar ‘n 99.99999999999% kans dat ek reg is.

Ek sien al hoe meer dat bloggers wat oor sekere onderwerpe skryf, saam blog. Jy sal byvoorbeeld ‘n blog kry wat handel oor Afrikapolitiek met verskeie bydraers. Ek lees gister weer van ‘n blogger wat aangesluit het by so ‘n kollektiewe blog.

Nou wonder ek of dit nie toekoms van blogging is rondom spesifieke sake nie. Sal mens dan nie ook later kollektiewe blogs sien “saamsmelt” om meer tradisionele mediahuise se webwerwe na te boots nie, waar jy Politiek-, Kultuur-, Geloof-afdelings het. Ek weet nie eers of sulke “blogportals” bestaan nie.

Watse bedreiging mag hulle inhou vir meer tradisionele mediahuise? (Indien enige.)

As ek na blogportals verwys, verwys ek nie na webwerwe soos Technorati ens. nie. Dit is blogs met verskeie bloggers wat ‘n aanlyn nuusbron bedryf met ‘n bepaalde redaksionele aanslag en ingesteldheid.

Is dit dalk die toekoms van onderwerpgedrewe blogging?

Advertisements

Written by George Maru

22 Maart 2007 at 9:36

Posted in algemeen

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dis reeds daar 😉

    Maar of hulle nou al ‘n groot bedreiging inhou vir mediahuise, weet ek darem nie. Nie in Suid-Afrika nie, in elk geval. Ons is nog heeltemal te onderontwikkeld vir die gedrukte pers om bekommerd te raak.

    Daar was ‘n paar maande gelede ‘n interessante artikel op slashdot oor koerantpapier en soort ink wat na, sê, 10 ure spoorloos verdwyn. Die papier word dan weer gebruik om op te print. Skielik is papier nie meer so ‘n beperkte medium as wat dit was nie. Daar is ook al (suksesvol) navorsing gedoen oor papier as stoorplek vir digitale data. Die data word op papier gedruk met ‘n hoë resolusie drukker in die vorm van ingewikkelde patrone en dan deur ‘n spesiale scanner ingelees; ‘n A4-vel kon in daardie navorsing (as ek nou reg onthou) 250 gig berg.

    Dis onsettend baie. En onsettend goedkoop.

    Johan Swarts

    22 Maart 2007 at 13:35

  2. Ja, daar is reeds sulke blogs hierrond, kyk so biekie na http://commentary.co.za/ en http://someamongus.com/ wat oor SA politiek blog. Ek weet nie of mens by WordPress.com dit kan doen nie, maar met die gewone WordPress weergawe is dit maklik om ekstra gebruikers/skrywers by te voeg.

    Op hierdie stadium hou hulle nie ‘n bedreiging in vir tradisionele mediahuise nie; Dit is oor die algemeen net bloggers en ander tegnologies geletterde mense wat ‘n blogger sal vertrou. Meeste mense sit eerder hul vertroue in ‘n gevestigde koerant.

    Ek het egter al gehoor van verskeie gebeure wat eerste deur die blogosfeer berig en bespreek is, voor dit die mainstream media bereik het, so daar is al ‘n invloed.

    sparrows

    22 Maart 2007 at 14:09

  3. Dis moontlik, maar ek moet sê dat ek as leser dit verkies om maverick individual blogs te lees as blogs wat baie organised en syndicated is. Ek is suspisieus van blogs wat te veel between the lines probeer adverteer. Actually, soms is dit nie net between the lines nie, dis meer blatant. Ek gee nie om as dit die blog van ‘n spesifieke firma is nie, dit moet net nie maak asof dit independent is en dan het dit eintlik ‘n agenda nie.

    Ek verneem dat daar ‘n SA Blog Awards aan die gang is met ‘n groot klomp polemiek daarom. Ek weet nie waroor die polemiek gaan nie, en die rede hoekom ek ook nie ge-bother het om uit te vind nie, is omdat daar vir my interessanter dinge op die SA-blogosfeer is as so ‘n ego-trip. Goed, ek verstaan, dis nie alles oor ego nie, dit gaan ook in die meeste sulke blogs oor besigheid, en aangesien bemarking een van my protefeuljes is, behoort ek eintlik te sit up and shut up and listen up. Maar die hele blog-optimisation storie lyk vir my net deesdae so artificial. Soos meisies wat implants kry om aan ‘n skoonheidswedstryd deel te neem. Iewers moet daar tog eerlikheid ook wees. Dit was juis wat blogs aanvanklik so aantreklik gemaak het as ‘n advertensiemedium — daar was ‘n vryheid daarin. Maar as ek die groepe so bekyk by mybloglog.com, dan is daar so baie van hulle wat maar net gaan oor bemarking van bemarking van bemarking. (Plato sou ge-freak het.) Almal kruisverwys mekaar deesdae en almal quote mekaar en trek prentjies van die Internet af om hulle inskrywings mee te illustreer. Dis vir my vervelig. Ek lees eerder unieke content met onprofessionele foto’s.

    Ek is jammer dat ek nie vandag ordenlike Afrikaans skryf nie, en ek weet ek is ook nie besonder samehangend nie. Ek het te laat gaan slaap en te vroeg opgesgtaan.

    Tania

    22 Maart 2007 at 14:10

  4. Ek weet nie of ek baie hou van die blogs wat deur ‘n groep mense geskryf word nie … gaan ons nie die situasie kry waar sekere individue skuil agter die groep vorm van die blog en nie noodwending verantwoording neem vir wat hy as individue se nie. So ‘n tydjie was daar ‘n groep blog en ook individuele blogs wat deur Microsoft betaal is om mooi en goeie goed oor hulle te skryf .. ek kan en sal nooit die integriteit van sulke blogs kan glo nie.

    Dis waarom ek verkies om blogs van individue te lees — oor die algemeen is dit hul opinie en hulle kan se net wat hul wil en hoef nie verantwoording aan die res van die groep te doen nie.

    Die uitsondering is “planets” want dis maar net ‘n samevoeging van individuele blogs wat van ‘n individuele blog afkomstig is .. en ons eie hier in SA met http://blogafrikaans.co.za/

    Marius

    22 Maart 2007 at 17:18

  5. Ek stem ook saam met die ander hier – dis die hede – nie die toekoms nie. Sommige van die interessantste blogs is groep-blogs (met ‘n tema). Eintlik is hulle Internet – tydskrifte wat toevallig dieselfde sagteware as bloggers gebruik.
    Maar daar is nog steeds plek vir enkeling blogs (en ek bedoel nou nie daai tè persoonlike blogs nie)
    Tania ‘n eerlike blog van ‘n sakeman/entrepeneur kan baie interessant wees – bv Henk Kleynhans s’n.

    alleman

    23 Maart 2007 at 0:19

  6. Johan, so ek weet nie dat ek weet nie? Ek wonder wat daar nog is wat ek nie weet ek weet nie? Die storie oor die papier klink baie interessant. Ek sal hoop dat die papier redelik bestand teen verweer is, anders voorsien ek groot probleme.

    sparrows, dankie vir die skakels, ek gaan dit ‘n bietjie opvolg.

    Tania, dit is maar die aard van bemarking – as jy ‘n geleentheid sien, dan gryp jy dit. Maar soos jy aangedui het, is ek seker jy weet dit maar te goed.

    Marius, jy laat my dink aan wat in Amerika met die presidentsverkiesing gebeur. Soos ek verstaan huur van die kandidate bloggers om vir hulle te skryf. Hoekom mense dit sou wou lees, weet ek nie.

    alleman, dankie vir die skakel – ek gaan opvolg.

    Ek dink of mens op jou eie blog, of deel is van ‘n groep-blog met ‘n tema hang maar af van persoonlike voorkeure ens. Ek dink wel as mense begin om met verskuilde agendas te blog, soos vir sekere besighede of presidentskandidate, sal lesers dit goed agterkom, of jy nou op jou eie blog of in ‘n groep.

    George Maru

    23 Maart 2007 at 10:03

  7. sparrows – mens kan dit JUIS met wordpress doen. dis ‘n wonderlike platform hierdie.

    dalk moet ons een begin?

    Johan Swarts

    23 Maart 2007 at 14:15


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: