riviersonderend

Hoe sterf gode?

with 5 comments

Ek het gewonder: hoe sterf gode? Dit gebeur redelik gereeld. Neem nou maar vir Zeus en Ra. Almal weet van hulle, maar ken hulle net as karakters uit ‘n baie ou storie. Tog was daar mense wat hulle aanbid het soos Allah en Jahwe vandag aanbid word.

Dikwels word gode met ander vervang. Die Romeinse Ryk het Zeus & kie verruil vir die Christengod. Dit het ook in kulture gebeur wat deur sendelinge “bekeer” is. Vandag is daar baie minder gode wat aanbid word as 2,000 jaar gelede, en baie meer mense wat geen gode aanbid nie. Ralph Waldo het die volgende opmerking gemaak:

The religion of one age is the literary entertainment of the next.

Nou wonder ek: hoe sterf gode en waarvoor gaan ons die jongste modelle inruil?

Douglas Adams maak die volgende opmerking in The hitchhiker’s guide to the galaxy:

Now it is such a bizarrely improbably coincidence that anything so mindbogglingly useful [the Babel fish] could have evolved by chance that some thinkers have chosen to see it as a final and clinching proof of the non-existence of God.
The argument goes something like this: “I refuse to prove that I exist,” says God, “for proof denies faith, and without faith I am nothing.”
“But,” says Man, “the Babel fish is a dead giveaway isn’t it? It could not have evolved by chance. It proves you exist, and so therefore, by your own arguments, you don’t. QED”
“Oh dear,” says God, “I hadn’t thought of that,” and promptly vanishes in a puff of logic.

Advertisements

Written by George Maru

20 Maart 2007 at 14:25

Posted in godsdiens

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. in “small gods” beweer terry pratchett dat gode sterf wanneer niemand meer in hulle glo nie, aangesien geloof realiteit skep (in sterk kontras met die filosofie wat sê “some things are true, whether you believe it or not”). in die betrokke boek is die grootste godsdiens op die disc se god ‘n klein skilpadjie: ‘n massiewe godsdiens, maar slegs een gelowige.

    maeree

    20 Maart 2007 at 15:36

  2. soms is daar natuurlik ook pittige filosowe. soos nietzche 😉

    Johan Swarts

    20 Maart 2007 at 19:19

  3. Maeree, ek is mal ook Pratchett, maar ek het nog nie Small Gods gelees nie. Ek wonder hoe ‘n Discworld teologie sal lyk. En waar pas A’Tuin in die teologie in?

    Johan, Nietzche is heeltemal te depressing vir my. Ek dink hy was ‘n diep seun wat baie waarhede kwytgeraak het, maar ek sukkel maar om aanklank by hom te vind. Ek vermoed ek is te dom om die gravitas van die situasie te verstaan.

    George Maru

    21 Maart 2007 at 9:02

  4. Ek dink nie jy is nie.

    Johan Swarts

    21 Maart 2007 at 12:41

  5. Ek dink nie dit is ‘n kwessie dat gode sterf nie – behalwe dalk in Hinduisme en die Griekse Mitologie. Ek dink net regtig hulle raak werkloos en verdwyn dan maar in die “dole” in.

    Of hulle verkoop uit soos in Douglas Adams se “Long Dark Teatime of the Soul”…

    Nico

    22 Maart 2007 at 8:49


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: