riviersonderend

WordPress en Afrikaans

with 3 comments

Ek hou daarvan dat WordPress jou die opsie gee om blogs volgens taal te groepeer. ‘n Mens kan maklik en vinnig ‘n oorsig kry van ander Afrikaanse blogs. Oor die algemeen werk dit nie te sleg nie, behalwe nou so af en toe as ‘n verlore Spanjaard of Fransman hulself verbeel hulle kan die taal praat.

Maar ek kom ook agter dat daar baie meer Afrikaanse blogs is, as wat gelys word by http://af.wordpress.com. Ek het al gesoek na ‘n funksie op WordPress wat jou sal toelaat om deur ál die Afrikaanse blogs te soek. Of dan ten minste jou ‘n idee te gee wat beskikbaar is. Of so ‘n soekfunksie bestaan nie, of ek is heeltemal clueless.

Enige iemand al op so iets afgekom?

Written by George Maru

17 Maart 2007 at 7:49

Posted in afrikaans

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. WordPress is maar een van baie plekke waar mens kan blog. Enige soektog op wordpress.com, sal net wordpress.com blogs oplewer. Dan praat ons nog nie van iblog,
    blogspace.mweb.co.za, ,
    blogs.24.com of Blogger en baie ander nie. Party universiteite het ook blog plekke vir hul studente.
    En party ouens installeer WordPress op hul eie bediener, en het dan hul eie plek, wat nie deel vorm van enige bediener nie.
    So om Afrikaanse blogs te volg kan jy blog.afrikaans en blik gebruik – soos jy reeds weet.
    Lg. het ook ‘n hier-funksie
    Laastens is daar nog Technocrati en Google blogsearch gebruik.

    gv

    17 Maart 2007 at 12:30

  2. Daar is ‘n helse klomp blogs daarbuite, ja. Baie is egter “ek-het-vanoggend-opgestaan-en-toe-gepiepie-en-ek-beleef-liefdesprobleme-en-ek-kan-nie-spel-nie” blogs. (Dit sê ek met alle liefde.)

    Om die kwaliteit blogs te vind, is moeilik. Ek deel jou frustrasie.

    Dis vir my onsettend lekker om ouens soos jy, da mario, iwidi en salige rus se blogs hier te sien. Daar was ‘n tyd (so ‘n jaar of wat gelede) toe die enigste blogs hier met ‘n .af-tag myne, Uno de Waal en Kobus Ehlers s’n was. Ons het gelewe in die top 4 😉 Uiteindelik is hier ‘n Afrikaanse gemeenskap wat besig is om, letterlik, te blom. Ek vind dit verruklik. Mense wat so neul oor die kwansuise agteruitgang / ondergang van Afrikaans kan gerus ‘n bietjie die blogosfeer begin besoek.

    Johan Swarts

    18 Maart 2007 at 15:10

  3. Dankie gv, daar is skakels wat jy lys waarvan ek nie bewus was nie. Die hier-funksie van Blik lyk baie sinvol. Sal ondersoek instel. Ek het ook maar gewonder hoe werk WordPress, want hulle lys net die “top 20” Afrikaanse blogs of so. Ek kan nie dink hoekom hulle dit nie baie meer kan maak nie. Daar is duidelik meer blogs hier. Dit is juis hoekom ek van WordPress hou – hulle sorteer die blogs outomaties volgens taal.

    Johan, ek hoor jou. Soms is ek bloot nie lus om deur lyste en lyste te wroeg om by die juwele uit te kom nie. In daardie opsig maak WordPress dit maklik.

    George Maru

    18 Maart 2007 at 16:07


Lewer kommentaar op gv Kanselleer antwoord