riviersonderend

Genade(dood) onbeskryflik groot

with 3 comments

News24 berig oor ‘n hofsaak waarin ‘n Franse dokter, Laurence Tramois, en ‘n verpleegster, Chantal Chanel, hulself verdedig, omdat hulle ‘n terminale kankerpasiënt, Paulette Druais, se lewe beëindig het. Tramois het ‘n dosis potassium chloried voorgeskryf wat Chanel in die pasiënt ingespuit het.

Tramois het vir Druais persoonlik geken, vandat sy 17 jaar oud was. Nadat medisyne nie meer gewerk het nie, het Druais aangedui dat sy wil sterf. Haar man en seun het die dokter se optrede gesteun.

Tramois noem haar optrede ‘n liefdesdaad. Dit is jammer dat die staat haar nou daarvoor verkwalik.

Advertisements

Written by George Maru

16 Maart 2007 at 7:31

Posted in nuus

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Chanel, die verpleegster, is onskuldig bevind. Dr. Tramois is ‘n jaar opgeskorte vonnis gegee. Die jurie het verder beveel dat sy nie ‘n kriminele rekord moet kry vir haar daad nie. Dus kan sy voortgaan om as dokter te praktiseer.

    Dit is tyd dat Frankryk sy genadedood-wetgewing hersien.

    George Maru

    16 Maart 2007 at 16:04

  2. In hierdie geval steun ek, en respekteer, die besluit wat geneem is.

    Da Mario

    16 Maart 2007 at 22:06

  3. Die feit bly dat ‘n land sy wetgewing moet hersien as howe nie bestaande wette wíl toepas nie. Dit veroorsaak onnodige onsekerheid by mense wat so ‘n opsie wil hê as hulle terminaal is.

    In watter gevalle sou jy dit dus steun?

    George Maru

    18 Maart 2007 at 15:18


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: