riviersonderend

Probleme in die slaapkamer?

with 10 comments

Ek is seker dit het in die badkamer begin met die twee wasbakke (wat weer teruggevoer kan word na die manier hoe tandepasta-buisies gedruk word). Volgens die New York Times voorspel bouers en argitekte dat 60% van alle na bestelling geboude huise teen 2015 dubbel hoofslaapkamers sal hê. Blykbaar kan vrouens dit net nie meer langer uithou met manlief se middernagtelike neusserenades nie. Vrouens is natuurlik nie onskuldig nie: “Liefie, nog net twee bladsye.”

Dan is daar jou ribbebene wat in die vroeë oggendure kniekoppe groei, om nie te praat van jou droom waar jy aan die beswyk is in Everest se basiskamp nie. Die hele droom deur probeer jy verstaan wat maak jy daar, want jy is nie ‘n bergklimmer nie en jy hou nie van vreemde kulture nie. Net voordat vriesbrand (ja, ek moes die woord in die woordeboek opkyk) intree, kom jy tot jou sinne en skrik jy wakker. Jy besef dit was nie ‘n droom nie. Dit is Julie. Julle het vir die naweek weggeglip Sutherland toe en met al die komberse lángs jou opgestapel, lyk Liefie soos Everest.

Ek het baie simpatie met die tendens om van bed geskei te wees. Ek herinner my aan staptogte waar almal een gemeenskaplike slaapvertrek (die term “oornaghut” sal misleidend wees) gedeel het. Teen 2 uur neem jy maar ook jou bed op en loop soek ‘n boom, weg van die nasaalversteurdes af.

Natuurlik, kan ek aan besware teen so ‘n opset dink. Ek hou nie daarvan om in ‘n koue bed in te klim nie en dit is lekker om in die winter teen ‘n warm lyf te slaap. Wel, dit is maklik. Kry ‘n elektriese kombers en/of ‘n kat. Maar wat van ‘n bietjie vroetel en liefdesdrukkies so voor slaaptyd? Dit kan ‘n probleem wees, as jy nie wireless en twee skootrekenaartjies het nie, want die 21ste eeuse oplossing is voor die hand liggend: kuberkafoefel (cybercuddling. Ek dog daar is nie so ‘n woord nie en ek het dit sopas geskep. Toe nie. Google het my verkeerd bewys. Daar is ook heelwat verwante “cyber”-terme wat ek nie nou sal herhaal nie. Omdat ek nie weet hoe mens dit op goeie Afrikaans sal noem nie. Ek wil wel een spesiale vermelding maak van ‘n term wat ek terloops raakgeloop het: “snugglemuffin” – ‘n knuffelkoekie.)

So, slaapkamerprobleme opgelos. Ek kan dink aan ‘n vriendin wat hierdie raad behoort te waardeer. Dis ‘n plesier.

Net ‘n laaste gedagte. Blykbaar voel mense nog ongemaklik om so uit die slaapkamers te praat. In ons skeptiese wêreld kan dit die verkeerde indruk wek. So, as jy nou weer gaan kuier en jy sien ‘n Ena Murray Omnibus op die “spaarkamer” se bedkassie, dit is wat jy dink dit is, maar ook nie heeltemal nie. Selfs knuffelkoekies doen dit deesdae.

Advertisements

Written by George Maru

12 Maart 2007 at 8:18

Posted in praktiese wenke

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek print hierdie post vir my vrou. Ek is bevrees dat indien ek vir haar die link hierheen sou gee, jy oordag kultusstatus sou bereik tussen haar en haar vriendinne… 😀

    Da Mario

    13 Maart 2007 at 8:16

  2. […] gaan lees ek hierdie post oor probleme in die slaapkamer.  Ek het dit vreeslik geniet en ek beveel dit werklik aan.  Dis […]

  3. Great post! hehe

    jakie

    13 Maart 2007 at 10:24

  4. Thx vir die link Mario. 🙂

    Thx Jakie.

    George Maru

    14 Maart 2007 at 7:19

  5. Ek maak ten sterkste beswaar teen die diskriminerende toon wat teen nasaalversteurdes sic geneem word, synde self een te wees. Ons kan nie help ons is so nie.

    Vinknes

    14 Maart 2007 at 20:04

  6. Beste Vinknes. Dankie vir jou skrywe. Ja. Ons het almal ‘n sad storie. Ek kan nie glo jy koop daardie liberalistiese mumbo-jumbo crap van ek-is-so-gebore-nie. Gaan op ‘n 12-stap program, of kry iemand om jou die hande op te lê. Magtag man, ruk jouself reg!

    Dis ‘n plesier. Ek help graag. Soms is tough love die enigste uitweg.

    George Maru

    14 Maart 2007 at 21:38

  7. Sjoe, maar dit lyk my ek het ‘n rou nerf hier getref. Wat ‘n hewige reaksie, George! Maybe is jy die een wat iemand moet toelaat om sy vuil kloutjies op jou te le oor jou verskuilde agressie teen nasaal versteurdes. Let it go brother! Let it go!

    Vinknes

    15 Maart 2007 at 11:04

  8. Ja, toe toe. Ons gaan mekaar nie seermaak nie, of hoe? Ten minste het die hele snorkaangeleentheid jou uit jou nes uit gekry.

    Ek dink ek moet nog praktiese wenke gee, dalk volgende: probleme in die kombuis.

    George Maru

    15 Maart 2007 at 20:05

  9. Ek deel ‘n bed met ‘n nasaalversteurde. Ek het dikwels drome wat soos ‘n foutiewe DVD vashaak en dieselfde beeld oor en oor herhaal in ritme met die gesaag langs my. As hy nie so fabulous was in the waking hours nie, het ek hom lankal met sy eie kussing versmoor.

    My ergste slaapkamer-ervaring was egter in Spanje in ‘n goedkoop herberg, waar ‘n middeljarige, halfblinde slikmonster op die kampbedjie onder my vertoef het. Maar ek sal miskien een of ander tyd ‘n post daaroor skryf.

    idiwidi

    16 Maart 2007 at 18:49

  10. George….
    Op grond van comment no.6 hierbo, behoort jy een of ander tydskrif se “Agony Uncle” te wees…. 😀

    Da Mario

    16 Maart 2007 at 22:11


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: