riviersonderend

Wat gebeur as ‘n land sy godsdiens versaak?

with 2 comments

‘n Artikel in die Huffington Post vra hierdie vraag deur na Spanje te kyk. In die 1960s het sowat 95% van Spanje se jeug aangedui dat godsdiens ‘n rol in hulle lewens speel. Vandag is dit 33%. Die Katolieke kerk was geweldig invloedryk in Spanje, voordat haar invloed op verskeie gebiede uitgedaag is.

Eers het Spanje egskeiding, geboortebeperking en seksopvoeding gewettig. Daarna het die dekriminalisering van aborsie gevolg. Toe is dwelmbesit vir privaatgebruik en voorhuwelikse seks deur die samelewing aanvaar. Nog later is dobbel en prostitusie gewettig – onlangs ook gay huwelike. Die artikel wys daarop dat die kerk nog net teen genadedood kan kapsie maak – al die ander veldslae het sy verloor.

Godsdiens het tradisie geword, in die sin dat mense in katedrale trou omdat dit mooi is. Maar mense gaan nie meer kerk toe nie, luister nie meer vir die kerk nie.

‘n Resep vir chaos? Toe nie, dit gaan baie goed met Spanje.

Die artikel sluit af:

If anything, Spain proves that societies do not fall apart when they give up religion and almost everything that was illegal for religious reasons, becomes legal. Moreover I believe that if Spain had not given up on religion it would not have been the success that it is now, as the Catholic Church in Spain was deeply involved in most state activities and acted as a deterrent for progress. For those, mostly in America, who believe that religion somehow makes countries more ethical Spain proves just the opposite. With a good secular and free Kindergarten to University education system Spain has less violent crime, less people in jail and less policemen per inhabitant than mostly religious USA. The key distinction between USA and Spain, or Europe in general, is that while most people in Europe dislike the same activities that people in America dislike but in Europe we don´t ask that what we don´t like be illegal. Moreover in Europe more people behave ethically than in America not because they fear God. Most people behave ethically because they personally believe in doing what is right.

Advertisements

Written by George Maru

11 Maart 2007 at 10:00

Posted in godsdiens, nuus

Tagged with

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek is mal oor Spanje, dit is seker die wonderlikste plek in Europa – dinamies, vriendelik, lekker. Verseker doen hulle heelwat goed reg, maar die artikel waarna jy verwys oortuig nie heeltemal nie.
    Ek dink nie die skrywer van daardie artikel verstaan wat ‘bewys’ beteken nie.
    Die tydperk sedert Franco is maar soos 10 minute in Spanje se geskiedenis, en die effek van die Christendom se gewoontes en etiek oor eeue heen op ‘n samelewing verdwyn nie binne 10 minute nie, al het die samelewing die godsdiens versaak gedurende die afgelope paar jaar.
    Kon Spanje gekom het waar hy is sonder Christen (en Moslem) invloed? Dit gaan nou baie goed, maar wat gebeur in die moeilike tye wat tog seker weer gaan kom? Sou liberale en linkse waardes ooit ontstaan het sonder die liefdesgebod?
    Hierdie soort vrae moet beantwoord word voordat enige iets ‘bewys’ is. Ongelukkig lyk dit nie of Varsavsky genoeg historiese perspektief het om sulke vrae te vra nie, en nog minder om hulle te beantwoord.

    Die verband wat die skrywer maak tussen Spanje se ekonomiese groei en die versaking van godsdiens is waarskynlik ‘n opperste drogredenasie. Die feit is dat die geheim van sterk ekonomiese groei (ten minste vir die huidige wereld-omstandighede) nie meer juis ‘n geheim is nie. Dis maar net ‘n paar dinge wat ekonomiese vryheid, lae inflasie en goed gekose strukturele staatsdeelname aan die ekonomie insluit. Omtrent alle lande behalwe Zimabwe kry dit reg. Sterk ekonomiese groei is ‘n kenmerk van godsdienstige VSA, en histories van baie ander godsdienstige lande.
    Mens kan veel makliker ‘n behoorlike argument maak wat sê Spanje se ekonomiese welvaart het bygedra daartoe dat mense godsdiens opgegee het.

    alleman

    11 Maart 2007 at 19:37

  2. Spanje is toevallig die Europese land wat ek die graagste wil sien. Ek dink jou vrae is geldig oor waar sou Spanje gewees het as… Nie dat dit maklike vrae is om te antwoord nie, aangesien dit baie hipoteties is. Hoe sal mens nou weet waar ‘n land sou gewees het sonder ‘n bepaalde invloed?

    Verder dink ek jy maak ‘n paar geldige punte. Ek dink die artikel is dalk meer geskryf vir doemprofete – mense wat beweer dat ‘n samelewing in duie stort as dit nie meer godsdienstig is nie. ‘n Land soos Spanje wys dat dit nie noodwendig die geval is nie.

    George Maru

    13 Maart 2007 at 7:40


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: