riviersonderend

Die slagter van Harare

leave a comment »

Toni Childs het op haar debuutalbum (die een met Stop your fussin’ op) ‘n song met die titel Zimbabwe:

What you gonna do Zimbabwae
What you gonna do Zimbabwae

The old man sits and shakes his head
While the multitudes insist
Where is the cause of unity
With just one thought there could be peace
Men gathered in silence the same

Can there be some peace on earth
Can there be a love
Greater than the world we see

As kind het ek Zimbabwe besoek net na onafhanklikwording. Ons het vir my oom gaan kuier op sy plaas. In die oggende het ek en my broer die hanskallers melk gevoer met bottels. Bedags het ons in die skure gespeel en in die mielielande. Saans het ons saam met die grootmense gesit en geluister na stories oor terroristie, landmyne wat ontplof op plaaspaaie en mense wat in hinderlae gesterf het. Ek kon nie verstaan dat baie van die witmense daar nie Afrikaans kon praat nie.

Dit was baie lank terug en baie dinge het verander. My oom is intussen oorlede. So ook baie mense in Zimbabwe. Die verskil is dat baie sterfgevalle in Zimbabwe voor een man se deur gelê kan word. The New Republic verwys na “the other African genocide“:

The killing in Zimbabwe is slow, oftentimes indirect, and not particularly bloody. But Mugabe’s campaign of mass murder against those who oppose him has been no less deliberate than any of the other genocides in human history.

‘n Paar feite:
1. In 2005 sterf 4,000 meer mense in ‘n week as wat gebore word.
2. Meer mense sterf in ‘n week in Zimbabwe as in Darfoer.
3. 38% van Zimbabwe se bevolking is ondervoed.
4. Inflasie is 1,600% en sal waarskynlik by die 4,000% draai teen die einde van die jaar.
5. Lewensverwagting is 34 jaar vir vrouens en 37 jaar vir mans.
6. In 2006 sterf 42,000 vrouens terwyl hulle geboorte gee – dit was minder as 1,000 tien jaar gelede.

Veldtogte soos Murambatsvina en Gukurahundi (waarin 25,000 Ndebeles om die lewe gebring is in die tagtigers) kom neer op vergrepe teen die mensdom. Die akademikus R.W. Johnson beweer:

A vast human cull is under way in Zimbabwe and the great majority of deaths are a direct result of deliberate government policies. Ignored by the United Nations, it is a genocide perhaps 10 times greater than Darfur’s and more than twice as large as Rwanda’s.

Tot op hede het Suid-Afrika se regering blykbaar nie ‘n geweldige probleem hiermee gehad nie.

Eendag (hopelik gouer as later) gaan Mugabe sterf, en sy nalatenskap aan Zimbabwe sal ‘n vraag wees: wat nou? Wat gaan jy nou maak Zimbabwe? Hoe tel jy die skerwe op?

Advertisements

Written by George Maru

8 Maart 2007 at 22:07

Posted in afrika, nuus

Tagged with

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: