riviersonderend

Messias nie meer nodig nie – no need to apply

with 18 comments

Die eerste aanname waarna ek verwys het in “Wat glo jy?“, meen dat ‘n mens spirituele ervarings kan losmaak van die bonatuurlike en godsdiens. Mense het ervarings wat as spiritueel of religieus beskryf kan word. Albert Einstein het ‘n opmerking gemaak oor ware godsdienstigheid:

The most beautiful and most profound experience is the sensation of the mystical. It is the sower of all true science. He to whom this emotion is a stranger, who can no longer wonder and stand rapt in awe, is as good as dead. To know that what is impenetrable to us really exists, manifesting itself as the highest wisdom and the most radiant beauty which our dull faculties can comprehend only in their primitive forms – this knowledge, this feeling is at the centre of true religiousness.

Einstein het egter nooit godsdiens of spiritualiteit, gekoppel aan die bonatuurlike, in gedagte gehad nie. Heel tereg ook.

Die mens se hoop op die bonatuurlike is problematies. Die geskiedenis spreek van die afwesigheid van die bonatuurlike. Daar is moderne teoloë wat hulself ook distansieer van die idee van ‘n bonatuurlike ingrype in die wêreld.

‘n Mens hoef nie ver terug te soek in die geskiedenis vir ‘n besonderse voorbeeld wat die idee van bonatuurlike ingrype verdag maak nie: die Tweede Wêreldoorlog. In die oorlog het ten minste 50 miljoen mense hul lewens verloor onder die mees bedenklike, onmenslike omstandighede. ‘n Teologie wat nie erns hiermee maak nie, verdien geen oorweging nie. ‘n Teologie wat erns daarmee maak, kan ten beste met ‘n vraagteken antwoord op die vraag na die bestaan van ‘n liefdevolle god wat hom met sy skepping bemoei.

Rabbi Irving Greenberg se teologie sien ten beste ‘n afwesige God wat hom van die geskiedenis onttrek het. Na die holocaust skryf hy:

…it is too late for an all powerful Messiah to come… Bringing the Messiah is dependent on human intelligence, passion, and courage to help overcome the obstacles to perfection… The Kingdom of God can only be created if we bring people together and spread knowledge.

Die bestaan van ‘n persoonlike god wat liefdevol na sy skepping omsien, is nie net hoogs onwaarskynlik nie, sy moontlike bestaan is ook irrelevant. Die geskiedenis bewys dit. Is hoop op hom nie teenproduktief vir menslike ontwikkeling nie?

Om God enigsens met bonatuurlike eienskappe te definieer, maak hom irrelevant. Dit verwyder ons van die werklikheid. Soos die Duitse teoloog Rudolf Otto oor godsdienste opgemerk het:

They are attempts… to guess the riddle it propounds, and their effect is at the same time always to weaken and deaden the experience itself.

Spiritualiteit het nie die bonatuurlike nodig nie. Dit kan die wonder van die heelal beter aanspreek daarsonder in die wete dat sekere vrae nie antwoorde het nie.

Advertisements

Written by George Maru

7 Maart 2007 at 21:16

Posted in spiritualiteit

18 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Wat beteken bonatuurlik?

    Johannes

    8 Maart 2007 at 9:57

  2. Die rabbi se aanhaling is eintlik aangrypend.

    freddy

    8 Maart 2007 at 16:09

  3. Die Apostoliese Geloofsbelydenis bevat ‘n paar goeie voorbeelde van bonatuurlik. Wikipedia skryf: “The supernatural (Latin: super- “above” + nature) refers to entities, forces or phenomena which are not subject to natural laws, and therefore beyond verifiable measurement.” Dit is my idee ook. Hoekom?

    George Maru

    8 Maart 2007 at 20:10

  4. As mens aanneem die natuur is alles (soos dit per definisie is) dan is enigiets wat gebeur tog deel van die natuurlike proses. So as iets gebeur en ons verstaan dit nie, sal mense dit gewoonlik bonatuurlik noem, maar eintlik beteken dit bloot daar is nog ‘n natuurwet wat hulle nie verstaan nie.

    saligerus

    9 Maart 2007 at 10:35

  5. Ek dink nie ek hou van waarheen ek dink jy oppad is met daardie argument nie. Die afstand tussen nie verstaan nie en wat moontlik nog ontdek kan word en die Apostoliese Belydenis is nogals groot. Myns insiens.

    George Maru

    9 Maart 2007 at 16:31

  6. Ek verskil nie van jou nie. Dis hoekom ek nie saamstem met die meeste artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis nie.

    Salige Rus

    12 Maart 2007 at 14:48

  7. Nou waar verskil ons presies? (Net ‘n retoriese vraag.)

    George Maru

    13 Maart 2007 at 7:42

  8. Ek is tans nogal op ‘n missie om mense te wys dat die woord “bonatuurlik” ‘n (self)bedrieglike taalspeletjie is.
    Hier is waaroor ons dalk verskil: ek dink daar is wel binne die hoofstroomgelowe ruimte vir rasionele spiritualiteit. Definitief in Boeddhisme en party vorme van Vedanta. Heel moontlik ook in die Abrahamitiese gelowe, hoewel dit nog oop vir debat is.

    Salige Rus

    13 Maart 2007 at 9:24

  9. Wittgenstein sou jou omhels.

    Johan Swarts

    13 Maart 2007 at 11:36

  10. Nee, ek sal erken dat daar ruimte vir iets soos rasionele spiritualiteit kan wees in die hoofstroomgelowe (hoekom net die hoofstroom?), maar hoekom? Hoekom die behoefte om dit te koppel, om dit daar te vind? Dalk oor die impak van rituele? Ek dink ons verskil dalk oor die G-woord. Ek sal ook nie Boeddhisme in dieselfde asem as die Abrahamitiese gelowe noem nie.

    Johan, ek gaan oplees oor Wittgenstein.

    George Maru

    14 Maart 2007 at 7:25

  11. Wel uiteraard nie “net” die hoofstroomgelowe nie. Maar (en ek beklemtoon dalk) “ook” die hoofstroomgelowe.
    Jy is reg, daar is bitter min wat Boeddhisme en die Abrahamitiese gelowe in gemeen het. Maar daar is min wat Abrahamiete onderling in gemeen is – sal jy Tillich en Jerry Falwell hoegenaamd as dieselfde geloof beskryf?

    Salige Rus

    14 Maart 2007 at 11:01

  12. Ek gaan nou iets doen waarvoor ek mense kwalik neem as hulle dit met my doen… Kan mens Tillich ‘n Christen noem? Ek dink mens kan makliker vir Falwell een noem.

    George Maru

    14 Maart 2007 at 21:45

  13. Ja, mense doen dit gereeld. My teenvraag is gewoonlik: Hoekom wil jy vir Jerry Falwell toelaat om die definisie van ‘n Christen te dikteer? Hy besluit ‘n Christen is X (met X wat gewoonlik ‘n selfbeskrywing van hom is) en dan val mense daarby in, wat ek nie van hou nie. Mense neig gewoonlik om fundamentaliste as somehow “meer eg aan hul geloof” as ander te sien, net omdat hulle meer raas. Ek dink daar is meer van Jesus in Tillich as in Falwell. Hel, daar is meer van Jesus in my hond as in Falwell.

    Salige Rus

    15 Maart 2007 at 9:43

  14. Wie of wat is ‘n Christen? Ek het tot die slotsom gekom dat daar nie ‘n antwoord is vir die vraag nie. Dit hang af hoe jy voel. Met ‘n bietjie breingimnastiek, kan ek ook een wees. Myns insiens is daar twee komponente wat kan help om ‘n Christen te definieer: wat jy glo en hoe dit neerslag vind in jou lewe.

    Oor dogma: ek sou dink iets soos die Apostoliese Geloofsbelydenis is dalk ‘n goeie vertrekpunt. Ek dink Falwell sal meer regmerkies kan maak as Tillich. Daar is baie meer Christene wat soos Falwell glo, as Tillich. Dus sou ek beweer dat ‘n tipiese Christen dogmaties nader is aan Falwell as Tillich. So ek weet nie of dit soseer oor die raas gaan nie.

    Oor etiek: ek gee toe, daar is weinig van Jesus in Falwell. Maar hoeveel van Jesus moet jy in jou hê om as Christen te kwalifiseer? Weereens wonder ek of daar nie meer mense is, wat hulself Christene noem, wat met Falwell se etiek sal identifiseer as met Tillich s’n nie?

    Dit gaan dus nie soseer vir my oor die ideaal nie, maar oor die praktyk.

    Ns. Sies vir jou dat jy jou hond in dieselfde sin as Falwell noem. Jy skuld jou hond ‘n verskoning. :-))

    George Maru

    15 Maart 2007 at 12:45

  15. Ja, mens kan natuurlik vra of Jesus self hoegenaamd as ‘n Christen sou kwalifiseer.

    Salige Rus

    15 Maart 2007 at 15:19

  16. Is dit enigsens belangrik?

    Ek lees (sal moet soek waar, kan nie onthou nie) dat ‘n mens nie moet probeer om iemand anders na te volg nie. Omstandighede verskil altyd en mens kan uit die aard van die saak inspirasie kry van mense soos Jesus, Boeddha ens. Eintlik moet mens jouself word, nie meer soos iemand anders nie.

    George Maru

    16 Maart 2007 at 7:46

  17. As ek mag, laat my toe om uit ‘n ander hoek iets noem, i. v. m. die Apostoliese Geloofsbelydenis. Die natuurlike mense bedink natuurlike dinge (aards gebonde denke) en geestelike mense bedink geestelke dinge (die onsigbare/”above”/”super”). Daar is hulle wat natuurlike wolke dop hou en daar is hulle wat bo die natuurlike dink. (above the understanding of the natural, is a spiritual understanding).
    Ons kry hulle wat Christus volg en die wat dink dat hulle Christus volg.
    Jesus is die Christus en die vraag is, kwalifiseer die Christen, werklik, as ‘n Christen.

    Hans Matthysen

    16 Mei 2007 at 19:05

  18. Ten minste stem “natuurlike” mense saam oor wat hulle sien ens. Om “geestelike” mense te kry om saam te stem, is onmoontlik, want daar is geen proses waaraan hulle “kennis” onderwerp kan word vir verifikasie nie. So, waarom?

    George Maru

    17 Mei 2007 at 8:36


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: