riviersonderend

Generaal de la Gay?

with 2 comments

News24 berig oor die jongste verwerking van Bok van Blerk se De la Rey-song. Eers het ds. Jannie Pelser almal vermaak met sy vergeesteliking van die lied oor die Boereheld. Pelser het voortborduur op die tema van leierloosheid en menslike gebrokenheid (hy is ‘n dominee, after all) en mense op hulle knieë toegevoeg tot die Afrikaner se eksistensiële dilemmas. Die een groot verskil: eintlik soek mense vir Generaal Jesus. De la Rey is dood. Jesus nie.

Nou het Highveld Stereo, daar in die verre noorde, hulle eie weergawe van die song gespeel. En ja, De la Rey is gay (Hoe dan anders? Dit is 2007.):

De la Rey, De la Rey, sal jy die boere kom vry?
Want jy is gay, De la Rey?

Definitief selfs snaakser as Pelser se weergawe. Op ‘n manier kan mens seker sê dat Pelser se weergawe ‘n heenwyser is na die Highveld interpretasie. Die vervulling van Pelser se versugting. (Stop my, as ek eers begin verbande raaksien, en oor profesieë praat…)

In elk geval. Nou vra die skeppers van die gay De la Rey omverskoning:

Garcia told Beeld he had played the “gay” version as light humour, but realised now that it was disrespectful.

Wááát??? Disrespekvol? Dit kan net disrespekvol wees, as die verbintenis met gaywees iets slegs is. Dit is wat Garcia impliseer.

Garcia se apologie is disrespekvol.

Advertisements

Written by George Maru

7 Maart 2007 at 8:54

Posted in gay regte, nuus

Tagged with

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Almal maak nou tog so n groot ding van die gay song maar nou wil ek weet wat is erger rasisties dat jy se n swart man is n k???? of dat jy se een van die boere was skeef????

    wel ons kry in vandgse dae skewe mense so ek glo dat daar n paar skewe boere was, of bi was!!!!!!!!! ek sal nie wees nie want ek was nie daar nie en alhoewel ons dit nerings lees nie maar hoekom sou iemand nou so iets wou skryf in daai tyd????

    daar word nooit so groot gekla as Shane sing emma wat seks het met n haai nie of dat daar n lans leier is wat n groot rasistiese ding maak…….

    Garsia het nou net n fout gemaak en dit op die lug uit gesaai maar ekt so n hele paar jaar terug al op n radio stasie gehoor dat daar n lied gespeel is wat erger is as Shane se liedjies of oor die gay liedjie.

    Spookasempie

    11 September 2008 at 21:26

  2. Spookasempie, ek het werklik nie geweet van die song oor emma wat seks met ‘n haai het nie. Wie is Emma en hoe het ‘n mens seks met ‘n haai?

    Good grief, ek sidder om te dink met watter soekfrases mense nou op hierdie blog gaan afkom!

    George Maru

    12 September 2008 at 7:37


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: