riviersonderend

Wat glo jy?

with 2 comments

Ek is gister hierdie vraag gevra, na aanleiding van sekere inskrywings. Alleman het ook al te kenne gegee dat hy maar skepties is oor ‘n spiritualiteit wat lostaan van enige geloof. Is daar plek vir ‘n spiritualiteit sonder godsdiens? Moet ‘n mens iets glo?

Ek dog toe laat ek maar skryf en probeer verduidelik – dalk leer ek selfs iets. Ek sal probeer om dit kort te hou, en oor die volgende paar weke uit te brei. ‘n Goeie vertrekpunt is Moses Pava, ‘n professor in Sake Etiek, se drie aannames vir ‘n humanistiese spiritualiteit. (Hy verwys na intelligente spiritualiteit, maar ek hou nie van die term nie.) Sommige van sy idees steun op die werk van die Amerikaanse pragmatiese filosoof, John Dewey.

Die drie aannames van dié spiritualiteit:

1. Dit aanvaar dat ‘n mens kan onderskei tussen spirtuele en religieuse ervarings enersyds, en die bonatuurlike en godsdiens andersyds.
2. Dit aanvaar dat betekenis intrinsiek teenwoordig is in menslike aktiwiteite.
3. Dit aanvaar dat menslike vooruitgang moontlik is, maar afhang van intelligente keuses. Vooruitgang is moontlik, nie noodwendig nie.

Ek sou verder wou toevoeg hiertoe dat hierdie spiritualiteit ook daaroor gaan om die waarheid te soek, selfs al lei dit jou na die rand van die afgrond.

Ek sal later op elkeen van die drie aannames uitbrei, voordat ek meer oor glo en spiritualiteit praat. Intussen is enige een welkom om te laat weet wat hulle glo. Of nie glo nie. Of nie wil glo nie. Of belangriker: wíl glo.

Advertisements

Written by George Maru

6 Maart 2007 at 6:34

Posted in spiritualiteit

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Pava se aannames (van wie ek niks meer weet as wat jy skryf nie), klink vir my meer na gesonde verstand as enigiets anders of enigiets meer.

    alleman

    6 Maart 2007 at 21:56

  2. […] by George Maru in Spiritualiteit. trackback Die eerste aanname waarna ek verwys het in “Wat glo jy?“, meen dat ‘n mens spirituele ervarings kan losmaak van die bonatuurlike en godsdiens. […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: