riviersonderend

Sjina vind God

leave a comment »

Die New York Times berig dat Sjina se leiers baie verbaas is oor die land se toenemende godsdienstigheid. Vir lank was godsdiensbeoefening verbode in die ateïstiese land. Vandag is soveel as 400 miljoen mense verbonde aan een van die amptelik-erkende godsdienste.

Dit blyk dat die regering nou ‘n rol vir godsdiens sien om ‘n “harmonieuse samelewing” te bou. Tog is daar verskeie beperkinge wat geld, soos dat jy nie mense mag bekeer nie. Verskeie godsdienstige groepe, soos Falung Gong, geniet nie offisiële sanksie nie en opereer ondergronds.

Gebeure in Sjina laat my dink aan ‘n ander artikel in die New York Times: Darwin’s God. Hierin word berig:

These scholars tend to agree on one point: that religious belief is an outgrowth of brain architecture that evolved during early human history. What they disagree about is why a tendency to believe evolved, whether it was because belief itself was adaptive or because it was just an evolutionary byproduct, a mere consequence of some other adaptation in the evolution of the human brain.

Die artikel vra ‘n paar interessante vrae (sommige vrae wat myns insiens nie gou, indien ooit beantwoord sal word nie):

Which is the better biological explanation for a belief in God — evolutionary adaptation or neurological accident? Is there something about the cognitive functioning of humans that makes us receptive to belief in a supernatural deity? And if scientists are able to explain God, what then? Is explaining religion the same thing as explaining it away? Are the nonbelievers right, and is religion at its core an empty undertaking, a misdirection, a vestigial artifact of a primitive mind? Or are the believers right, and does the fact that we have the mental capacities for discerning God suggest that it was God who put them there?

Kan godsdiens vir lang tydperke onderdruk word? Dit wil voorkom of Sjina nie baie suksesvol was om dit wel te doen nie. Beteken dit enige iets dat Sjinese in hulle miljoene God weer ontdek? Het hulle hom ooit verloor? Bied godsdiens vir meeste mense die beste manier om sin uit die lewe te maak?

Dit sal ook interessant wees om te sien of geloof ‘n krag is wat die Sjinese regering sal kan beheer.

Advertisements

Written by George Maru

5 Maart 2007 at 8:50

Posted in godsdiens, nuus

Tagged with

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: