riviersonderend

Argetipes: Die Monnik II

with 3 comments

Ek het nie hierdie inskrywing beplan nie, maar nou ja, sometimes life happens while you are making other plans. In die eerste inskrywing oor die monnik argetipe, het ek na Simeon verwys wat 30 jaar op ‘n paal gesit het.

News24 berig dat ‘n Duitse man vir 10 dae op ‘n paal gesit oor ‘n groot ongelukkigheid. Hy het betoog teen sy 15 maande tronkstraf vir bedrog. Sy vrou, Susanne, het hom ondersteun, totdat sy besluit het 10 dae is darem baie lank.lunchbox.jpg

Op die tiende dag het Susanne weer vir hom sy kosblik volgemaak met goodies. Toe manlief dit ontvang, het hy van die paal afgeklim. In die kosblik was ook ‘n foto van Susanne se ontblote tieties.

Ek wonder wat arme Simeon se reaksie sou wees as hy ‘n Susanne gehad het? Die hele episode (en die monnik se behoefte aan die een of ander pelgrimstog/reis) laat my dink aan iets wat John Horgan geskryf het:

I was looking for consolation in the stars, in visions, in mystcial gnosis, but the only consolation I found that night was human companionship.

Kan dit so eenvoudig wees?

Advertisements

Written by George Maru

3 Maart 2007 at 8:27

Posted in spiritualiteit

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Het sy eers na 10 dae die eerste keer vir hom ‘n foto van haar tieties gestuur? Wonner of dit is hoekom hy afgeklim het? 🙂

    Da Mario

    4 Maart 2007 at 10:58

  2. Ek dink sy het eers toe tot die drastiese stap oorgegaan. Ek is redelik seker dit het hom laat afklim – goeie vrou wat hy het 🙂

    George Maru

    4 Maart 2007 at 19:37

  3. ‘Kan dit so eenvoudig wees?’
    Heel moontlik. Te eenvoudig vir die (meeste) slimmes om raak te sien.

    alleman

    5 Maart 2007 at 0:44


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: