riviersonderend

Die onverdraagsame verdraagsaamheid van Amerikaanse Anglikane

with 4 comments

In Julie 2004 het Ken Livingstone, burgermeester van Londen, ‘n limousine gestuur om die Egiptiese teoloog Yusuf al-Qaradawi by die lughawe op te tel. Dit het Livingstone nie lank geneem om ‘n verskoning oor die behandeling van Moslems aan te bied nie:

On behalf of the people of London, I want to apologise to the sheikh for the outbreak of xenophobia and hysteria in some sections of the tabloid press which demonstrated an underlying ignorance of Islam.

Livingstone het verder al-Qaradawi se lof besing deur hom ‘n leier van ‘n grootse geloof te noem. Hy is ‘n kampvegter in die stryd vir ‘n sosiaal-progressiewe interpretasie van Islam.

So wat behels al-Qaradawi se sosiaal-progressiewe Islam: die doodstraf vir mense wat hul Islamitiese geloof opgee; vroulike besnydenis; so af en toe kan ‘n man sy vrou slaan, as mooipraat nie help nie; selfmoordbomaanvalle in Israel is aanvaarbaar; en gays moet die doodstraf kry.

Progressief, aldus Livingstone.

Baie mense het toe gevra wanneer moet verdraagsaamheid nie verdra word nie.

Ek dink weer aan die vraag nadat dié berig in Time verskyn het. Die berig begin as volg:

Appearing on a live webcast, the Episcopal Church’s presiding bishop began the painful task Wednesday of persuading members to roll back their support for gays — at least for now — so the denomination can keep its place in the world Anglican fellowship.

Jefferts Schori vra vir toegewings en ‘n verdraagsame gesindheid teenoor mede-Anglikane, duisende kilometers van Amerika, wat nie die Amerikaanse kerk se standpunt oor homoseksualiteit steun nie. Die oproep kom nadat die Anglikaanse primate in Tanzanië ‘n ultimatum aan die Amerikaanse kerk gestel het.

Die druk kom van ‘n groep gelei deur Peter Akinola, leier van die Nigeriese kerk. Akinola het onlangs sy steun gegee aan ‘n nuwe anti-gay wet wat nou in Nigerië se parlement bespreek word. Menseregte organisasies beskou die wet as drakonies – selfs al spreek ‘n persoon hom net ten gunste van gayregte uit, kan hy in die tronk land. Dit is vet op die vuur in ‘n homofobiese land.

Behoort die Anglikaanse kerk dit te verdra? Die konserwatiewe, tradisionele stroom van kerk het blykbaar nie ‘n probleem met Akinola se siening nie. Die liberale, Amerikaanse kerk het wel, maar hulle wil nou eers besin of verdraagsaamheid nie belangriker behoort te wees.

Indien die Amerikaanse kerk besluit om wel toe te gee aan die versoeke van die ultimatum, hoe onderskei mens hulle van die Nigeriese kerk?

Advertisements

Written by George Maru

2 Maart 2007 at 10:44

Posted in godsdiens, nuus

Tagged with

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Daar is tans geen groter skande in die Westerse we^reld as die wyse waarop die Europese linkervleuel saam met Islamofasciste in die bed spring nie.

    Nog ‘n brief van AS. Met hierdie een stem ek 100% saam:

    As a cradle Episcopalian, I share the belief that that the Anglican
    Communion should be dissolved. The present divide is distracting the churches

    of the Communion from the core principles of Christianity and fostering greater repression in countries like Nigeria by creating a “burning issue” where none should exist.

    For those of us old enough to remember it, this dispute really started with the ordination of women, an issue still not fully resolved.
    Repression of women in the “southern communions” is as integral a part of their defense of alleged doctrinal purity as repression of gay people.
    Much of this arises directly from the evangelical competition between
    Christianity and Islam in parts of Africa and Indonesia especially. In
    Nigeria, this competition has direct political and tribal implications as
    the Christian tribal elite in the south tries to maintain its dominance
    over the Isamic north. The Anglicans have decided to out-Herod Herod and meet the Islamic challenge by imposing a sort of Sharia that will, supposedly, allow them to share the moral “high ground” with their competitors.

    In the US, many parishes within ECUSA split long ago over the issue of the role of women. We have been here before. In my view, the Episcopal Church in the United States of America is better for having let those voices of repression depart. I say, “Good riddance.” While I would never refuse to take the Eucharist with a declared homophobe or misogynist and I continue to pray that we all become more tolerant of one another, the day of reckoning is upon us, and it is better that, as organized churches, we part company and, in the words of St Paul, work out our own salvations.

    Johannes

    2 Maart 2007 at 16:00

  2. Verraai die gebruik van ‘n linkse ateÏs in ‘n artikel oor Anglikane dalk die eindbestemming van liberale Anglikane? – ek dink dit doen.
    Daar kom ‘n punt waar mens besluit jy kan self liberaal wees sonder dat ‘n predikant jou elke Sondag daarin moet onderrig.

    Ek respekteer Livingstone se solidariteit met Moslems – hy is dalk nie so ingelig oor Moslem – wereld nie, maar ek dink ook nie hierdie artikel dui op ‘n diep begrip van die enorme Moslem-wereld met al sy skakerings nie.

    Ek reken Livingstone se solidariteit met Moslems het meer te doen met die feit dat hy die imperialiste in Whitehall so goed ken, en moeg is vir hul streke. Verder is die vreemdelingehaat en rassisme van sommige tabloids en ‘middle Britain’ dinge waarteen hy al sy lewe lank kant kies.
    Daarom kies hy kant vir die Moslems, sonder om noodwendig alles wat verkeerd is in die Moslem wereld daarmee goed te keur.
    Want anders as die ideoloe in Whitehall verstaan hy dat verandering in Moslem – lande deur hulself geinisieer moet word.

    alleman

    2 Maart 2007 at 17:15

  3. Ek is seker daar is baie rassisme in Europa. Ek praat toevallig gisteraand met ‘n Oostenryker. Hulle blameer verseker baie dinge wat verkeerd gaan in Europa op immigrante van die ontwikkelende wêreld en spesifiek Moslems. Hoe geregverdig dit is, is moeilik om te peil vanuit S.A.

    Maar ek raak ongelukkig as (veral) liberales saam met Moslem fundamentaliste stem om hul misnoë met Amerika te kenne te gee.

    George Maru

    4 Maart 2007 at 19:45

  4. Om links te wees beteken deesdae in Europa bloot om anti-Amerika te wees. As jy enige ondemokratiese diktatuur e^rens in die we^reld vat, is die kans veel groter dat hy vriende onder die Europese linkervleuel gaan he^, as dat hy vriende onder die Europese regtervleuel gaan he^.
    Ek was in Londen tydens die Israel-Lebanon oorlog verlede jaar. Dit was belaglik. Gay groepe, feministiese groepe, menseregtegroepe het almal die strate ingevaar en betoog onder ‘n reuse-banier wat lui: “We are all Hisbollah now”! Dit is mense wat geen meer beginsels het nie, en beslis nie die etiket liberaal waardig is nie.

    Johannes

    4 Maart 2007 at 22:29


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: